1. Voorbeelde van vertalings uit die Kursus

a. Inleiding (Wat die Kursus sรช)

b. Teks (Die Aanvaarding van die Versoening – Hoofstuk 9)

c. Werkboek vir Studente (Vergifnis is die sleutel tot geluk – Les 121)

d. Handleiding vir Onderwysers (Wat is die Eienskappe van God se Onderwysers?)

e. Verklaring van Terme (Geestesdenke – Gees)

2. Bestaande artikels en materiaal oor die Kursus. Dit sal in die toekoms aangevul word.


1.

Voorbeelde van vertalings uit die Kursus

1.a.

Wat die Kursus sรช

Niks wat werklik is, kan bedreig word nie.

Niks wat onwerklik is, bestaan nie.

Hierin lรช die vrede van God.

So begin โ€™n Kursus in wonders. Dit maak โ€™n fundamentele onderskeid tussen die werklike en die onwerklike, tussen kennis en persepsie. Kennis is waarheid, onderhewig aan een wet, die wet van liefde of van God. Die waarheid is onveranderlik, ewig en ondubbelsinnig. Dit kan onopgemerk bly, maar nie verander word nie. Dit geld vir alles wat God geskep het, en alleen wat Hy geskep het, is werklik. Dit gaan wat geleer kan word te bowe, want dit lรช buite bereik van tyd en prosesse. Dit het geen teenoorgestelde nie, geen begin en geen einde nie. Dit is eenvoudig net.

            Die wรชreld van persepsie, aan die ander kant, is die wรชreld van tyd, van verandering, van begin en einde. Dit is op interpretasie gebaseer, nie op feite nie. Dit is โ€™n wรชreld van geboorte en dood, gegrond op die geloof in skaarste, verlies, skeiding en dood. Dit word aangeleer eerder as gegee, is selektief en fragmentaries in sy persepsie, onstabiel in sy funksionering, en onakkuraat in sy interpretasies.

            Vanuit kennis en persepsie spruit respektiewelik twee verskillende denksisteme voort wat in alle opsigte teenoorgesteld is. Op die terrein van kennis bestaan daar geen gedagtes apart van God nie, want God en Sy Skepping deel een Wil. Die wรชreld van persepsie is egter gemaak deur die geloof in teenoorgesteldes en die geloof in meer as een wil, in ewigdurende konflik met mekaar en met God. Wat persepsie sien en hoor, kom voor om werklikheid te wees, want dit laat alleen in die bewussyn toe dit wat ooreenkom met die wense van die waarnemer. Dit lei tot โ€™n wรชreld van illusies, โ€™n wรชreld wat voortdurend verdedig moet word juis omdat dit nie werklik is nie. 

            Wanneer jy vasgevang is in die wรชreld van persepsie, is jy vasgevang in โ€™n droom. Jy kan nie sonder hulp ontsnap nie, want alles wat jou sintuie jou wys, getuig bloot van die werklikheid van die droom. God verskaf die Antwoord, die enigste Uitweg, die ware Helper. Dit is die funksie van Sy Stem, Sy Heilige Gees, om tussen die twee wรชrelde te bemiddel. Hy kan dit doen omdat Hy aan die een kant die waarheid ken en aan die ander kant ook ons illusies herken, maar sonder om daarin te glo. Dit is die Heilige Gees se doel om ons te help ontsnap uit die droomwรชreld deur ons te leer hoe om ons denke om te keer en ons foute af te leer. Vergifnis is die Heilige Gees se groot leermiddel om hierdie ommekeer in denke teweeg te bring. Die Kursus het egter sy eie definisie van wat vergifnis werklik is, net soos hy die wรชreld op sy eie manier definieer.

            Die wรชreld wat ons sien, weerspieรซl bloot ons eie innerlike verwysingsraamwerk: die dominante idees, wense en emosies in ons geestesdenke (Engels: mind). โ€œProjeksie maak persepsieโ€ (T-13.V.3:5; T-21.Inl.1:1). Ons kyk eers na binne, besluit watter soort wรชreld ons wil sien en projekteer dan daardie wรชreld na buite en maak dit die waarheid soos ons dit sien. Ons maak dit waar deur ons interpretasies van dit wat ons sien. As ons persepsie gebruik om ons eie foute te regverdig – ons woede, ons neiging om aan te val, ons gebrek aan liefde in watter vorm ook al – sal ons โ€™n wรชreld sien van boosheid, verwoesting, kwaadwilligheid, jaloesie en wanhoop. Ons moet leer om dit alles te vergewe, nie omdat ons โ€œgoedโ€ en โ€œliefโ€ is nie, maar omdat dit wat ons sien, nie waar is nie. Ons het die wรชreld met ons verwronge verdedigingsmeganismes verdraai, en sien daarom wat nie daar is nie. Soos ons leer om ons perseptuele foute te herken, leer ons ook om daaraan verby te kyk of  te โ€œvergeweโ€. Terselfdertyd vergewe ons onsself, en kyk verby ons verwronge selfbeeld na die Self wat God in ons en as ons geskep het.

            Sonde word gedefinieer as die โ€œgebrek aan liefdeโ€ (T-1.IV.3:1). Aangesien liefde al is wat bestaan, is sonde in die oรซ van die Heilige Gees โ€™n fout wat gekorrigeer moet word, eerder as โ€™n euwel wat gestraf moet word. Ons gevoel van ontoereikendheid, swakheid en onvolledigheid spruit uit โ€™n sterk belegging  in die โ€œskaarste beginselโ€ wat die hele wรชreld van illusies regeer. Vanuit daardie oogpunt soek ons in ander wat ons voel in ons tekortskiet. Ons het iemand anders โ€œliefโ€ om sรฉlf iets te kry. Dit is trouens wat in ons droomwรชreld vir liefde deurgaan. Daar is geen groter fout nie, want liefde is nie in staat om enigiets te vra nie.

            Slegs geestesdenke kan werklik met mekaar verbind, en wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie (T-17.III.7:3). Dit is egter slegs op die vlak van die Christus Geestesdenke dat ware eenheid moontlik is, en in werklikheid nooit verlore gegaan het nie. Die โ€œklein ekโ€ probeer om homself te vergroot deur eksterne goedkeuring, eksterne besittings en eksterne โ€œliefdeโ€. Die Self wat God geskep het, het niks nodig nie. Dit is vir ewig volledig, veilig, bemind en liefderyk. Dit streef daarna om te deel eerder as om te kry, om uit te brei eerder as om te projekteer. Dit het geen behoeftes nie en wil met andere verbind vanuit โ€™n wedersydse bewussyn van oorvloed.

            Die spesiale verhoudings van die wรชreld is afbrekend, selfsugtig en kinderlik egosentries. Maar, as hulle vir die Heilige Gees gegee word, kan hierdie verhoudings die heiligste ter wรชreld word – die wonders wat die pad terug Hemel toe aandui. Die wรชreld gebruik sy spesiale verhoudings as โ€™n uiteindelike wapen van uitsluiting en โ€™n bewys van afgeskeidenheid. Die Heilige Gees transformeer hulle tot volmaakte lesse in vergifnis en in ontwaking uit die droom. Elke les is โ€™n geleentheid om persepsies te laat genees en foute te laat korrigeer. Elke les is nog โ€™n kans om jouself te vergewe deur โ€™n ander te vergewe. En elke les word โ€™n nuwe uitnodiging aan die Heilige Gees en die herinnering van God.

            Persepsie is โ€™n funksie van die liggaam, en behels daarom โ€™n beperking van die bewussyn. Persepsie sien met die oรซ van die liggaam en hoor met die ore van die liggaam. Dit veroorsaak die beperkte reaksies wat die liggaam uitvoer. Die liggaam blyk grootliks selfmotiverend en onafhanklik te wees, maar hy reageer in werklikheid alleenlik op die intensies van die geestesdenke. As die geestesdenke hom vir enige vorm van aanval wil gebruik, word hy die prooi van siekte, ouderdom en verval. As die geestesdenke in plaas daarvan die doel wat die Heilige Gees daarvoor het, aanvaar, word hy โ€™n nuttige medium om met ander te kommunikeer, onkwetsbaar solank as wat nodig is, en om sagweg afgelรช te word wanneer hy nie meer van nut is nie. Op sigself is die liggaam neutraal, soos alles in die wรชreld van persepsie is. Of hy vir die doeleindes van die ego of die Heilige Gees gebruik word, hang volkome af van wat die geestesdenke wil hรช.

            Die teenoorgestelde van sien met die oรซ van die liggaam, is die visie van Christus, wat krag eerder as skeiding, en liefde eerder as vrees weerspieรซl. Die teenoorgestelde van hoor met die liggaam se ore, is kommunikasie deur die Stem namens God, die Heilige Gees, wat in elkeen van ons woon. Sy Stem lyk ver weg te wees en moeilik om te hoor, omdat die ego, wat vir die klein, geskeide self praat, baie harder voorkom. In werklikheid is dit net omgekeerd. Die Heilige Gees praat met onmiskenbare helderheid en oorweldigende aantrekkingskrag. Niemand wat nie verkies om met die liggaam te identifiseer nie, sou enigsins doof kon wees vir Sy boodskap van bevryding en hoop, nรณg sou so โ€™n persoon kon versuim om die visie van Christus vreugdevol te aanvaar in ruil vir sy eie armsalige beeld van homself.

            Christus se visie is die Heilige Gees se gawe, God se alternatief vir die illusie van skeiding en vir die geloof in die werklikheid van sonde, skuld en dood. Dit is die รฉรฉn korreksie vir alle persepsiefoute, die versoening van die skynbare teenoorgesteldes waarop hierdie wรชreld gebaseer is. Sy milde lig laat jou alles vanuit โ€™n ander gesigspunt sien, en weerspieรซl die denksisteem wat uit kennis voortspruit en die terugkeer na God nie net moontlik nie, maar ook onvermydelik maak. Wat beskou was as onreg wat iemand deur โ€™n ander aangedoen was, word nou โ€™n roep om hulp en รฉรฉnheid. Sonde, siekte en aanval word nou gesien as wanpersepsies wat roep om genesing deur middel van vriendelikheid en liefde. Verdedigingsmeganismes word laat vaar, want waar daar geen aanval is nie, is daar geen behoefte daaraan nie. Ons broers se behoeftes word ons eie, want hulle onderneem die reis saam met ons op pad na God toe. Sonder ons sou hulle die pad byster raak. Sonder hulle sou ons nooit ons pad kon vind nie.

1.b.

Hoofstuk 9

DIE  AANVAARDING  VAN  DIE  VERSOENING

I. Die aanvaarding van die werklikheid

  1. Vrees vir die Wil van God is een van die eienaardigste geloofsoortuigings wat die menslike geestesdenke ooit gemaak het. 2Dit sou nooit kon gebeur het as die geestesdenke nie alreeds diep gesplete was nie, wat dit vir hom moontlik gemaak het om bang te wees vir wat hy werklik is. 3Die werklikheid kan niks behalwe illusies โ€œbedreigโ€ nie, aangesien die werklikheid alleen die waarheid kan handhaaf. 4Die einste feit dat die Wil van God, wat ook is wat jy is, gesien word as vreeswekkend, bewys dat jy bang is vir wat jy is. 5Dit is dus nie die Wil van God waarvoor jy bang is nie, maar jou eie.
  2. Jou wil is nie die ego sโ€™n nie, en dit is waarom die ego teen jou is. 2Wat die vrees vir God blyk te wees, is inderdaad die vrees vir jou eie werklikheid. 3Dit is onmoontlik om iets op โ€™n konsekwente wyse te leer in โ€™n paniektoestand. 4As dit die doel van hierdie kursus is om jou te help om te onthou wat jy is, en as jy glo dat wat jy is vreeswekkend is, dan moet daaruit volg dat jy nie hierdie kursus sal leer nie. 5Maar die rasionaal vir die kursus is juis dat jy nie weet wat jy is nie.
  3. As jy nie weet wat jou werklikheid is nie, hoekom is jy dan so seker daarvan dat dit vreeswekkend is? 2Die verbandlegging tussen waarheid en vrees, wat op sy beste  hoogs kunsmatig sou wees, is veral onvanpas in die geestesdenke van diegene wat nie weet wat die waarheid is nie. 3Al wat dit kan beteken, is dat jy willekeurig iets buite jou bewustheid in verband bring met iets wat jy nie wil hรช nie. 4Dit is dan ook duidelik dat jy iets beoordeel waarvan jy totaal onbewus is. 5Jy het hierdie eienaardige situasie begin, sodat dit onmoontlik is om daaraan te ontsnap sonder โ€™n Gids wat wel weet wat jou werklikheid is. 6Die doel van hierdie Gids is bloot om jou te herinner aan wat jy wil hรช. 7Hy probeer nie om โ€™n vreemde wil  aan jou op te dring nie. 8Hy wend bloot elke moontlike poging aan om, binne die beperkinge wat jy Hom opgelรช het, jou eie wil in jou bewussyn te herstel.
  4. Jy het jou wil in gevangenskap geplaas, buite jou eie bewustheid, waar hy wel bly bestaan, maar jou nie kan help nie. 2Toe ek gesรช het dat dit die Heilige Gees se funksie is om die ware van die onware in jou geestesdenke uit te sorteer, het ek bedoel dat Hy oor die mag beskik om te ondersoek wat jy weggesteek het en die Wil van God daar te herken. 3Deurdat hy hierdie Wil herken, kan dit vir jou werklikheid word, want Hy is in jou geestesdenke, en daarom is Hy jou werklikheid. 4As Sy persepsie van jou geestesdenke dus die werklikheid daarvan vir jou bring, help Hy jou wel om te onthou wat jy is. 5Die enigste bron van vrees in hierdie proses lรช in wat jy dink jy sal verloor. Nogtans kan jy slegs besit wat die Heilige Gees sien.   
  5. Ek het dit al baie keer beklemtoon dat die Heilige Gees jou nooit sal oproep tot enige opoffering nie. 2Maar as jy die opoffering van die werklikheid van jouself vra, moet die Heilige Gees jou daaraan herinner dat dit nie God se Wil is nie, omdat dit nie joune is nie. 3Daar is geen verskil tussen jou wil en die Wil van God nie. 4As jy nie โ€™n gesplete geestesdenke gehad het nie, sou jy insien dat om te wil verlossing beteken omdat dit kommunikasie is.
  6. Dit is onmoontlik om in vreemde tale met mekaar te kommunikeer. 2Jy en jou Skepper kan deur skepping kommunikeer, omdat dit en dit alleen Julle gesamentlike Wil is. 3Die verdeelde geestesdenke kan nie kommunikeer nie, want hy beywer hom vir verskillende dinge in een en dieselfde geestesdenke. 4Dit laat die vermoรซ om eenvoudig te kommunikeer verlore gaan, want verwarde kommunikasie beteken niks nie. 5โ€™n Boodskap kan nie gekommunikeer word as dit nie sin het nie. 6Hoe verstandig kan jou boodskappe wees as jy vra vir wat jy nie wil hรช nie? 7Maar solank jy bang vir jou wil is, is dit presies waarvoor jy vra.
  7. Jy hou moontlik vol dat die Heilige Gees jou nie antwoord nie, maar dalk is dit wyser om die soort vraesteller wat jy is, in oรซnskou te neem. 2Jy vra nie uitsluitend vir wat jy wil hรช nie. 3Dit is omdat jy bang is dat jy dit kan ontvang, wat natuurlik die geval sou wees. 4Daarom hou jy aan om die onderwyser juis te vra wat nie moontlik is om vir jou te gee nie. 5Van hom kan jy nooit leer wat dit is nie, en dit gee jou die illusie van veiligheid. 6Jy kan egter nie veilig wees van die waarheid nie, maar alleen in die waarheid. 7Die werklikheid is die enigste veiligheid. 8Jou wil is jou verlossing, want dit is dieselfde as die Wil van God. 9Die skeiding is niks anders as die geloof dat dit verskil nie.
  8. Niemand wat reg dink, kan glo dat sy wil sterker as God se Wil is nie. 2As iemand se geestesdenke glo dat sy wil verskil van Syne, kan hy slegs besluit dat daar รณf geen God is nie รณf dat God se Wil vreesaanjaend is. 3Die eersgenoemde verklaar die ateรฏs, en die laasgenoemde die martelaar wat glo dat God opoffering vra. 4Elkeen van hierdie kranksinnige besluite sal paniek veroorsaak, want die ateรฏs glo hy is alleen, en die martelaar glo dat God hom kruisig. 5Nogtans verlang niemand werklik eensaamheid of vergelding nie, alhoewel baie miskien beide soek. 6Kan jy die Heilige Gees vir โ€œgawesโ€ soos hierdie vra, en regtig verwag om hulle te ontvang? 7Hy kan jou nie iets gee wat jy nie wil hรช nie. 8Wanneer jy die Universele Gewer vra vir wat jy nie wil hรช nie, vra jy vir wat jy nie gegee kan word nie omdat dit nooit geskep was nie. 9Dit was nooit geskep nie, omdat dit nooit jou wil vir jou was nie.
  9. Uiteindelik moet iedereen die Wil van God onthou, want uiteindelik moet iedereen homself herken. 2Hierdie herkenning is die herkenning dat sy wil en God se Wil een is. 3In die teenwoordigheid van die waarheid is daar geen ongelowiges en geen opofferings nie. 4In die veiligheid van die werklikheid is vrees totaal betekenisloos. 5Om te ontken wat is, kan alleenlik angswekkend lyk. 6Vrees kan nie werklik wees sonder โ€™n oorsaak nie, en God is die enigste Oorsaak. 7God is Liefde en jy wil Hom inderdaad hรช. 8Dit is jou wil. 9Vra hiervoor en jy sal verhoor word, omdat jy alleenlik  vra vir wat aan jou behoort.
  10. As jy die Heilige Gees vra vir wat jou sou seermaak, kan Hy nie antwoord nie, want niks kan jou seermaak nie, en dus vra jy vir niks nie. 2Enige wens wat uit die ego voortspruit, is โ€™n wens vir niks nie, en om daarom te vra, is nie โ€™n versoek nie. 3Dit is bloot โ€™n ontkenning in die vorm van โ€™n versoek. 4Die Heilige Gees bekommer hom nie oor vorm nie, omdat hy slegs van betekenis bewus is. 5Die ego kan nie die Heilige Gees vir iets vra nie, omdat daar โ€™n totale gebrek aan kommunikasie tussen hulle bestaan. 6Maar jy kan die Heilige Gees vir enigiets vra, want jou versoeke aan Hom is werklik, omdat hulle uit die deel van jou kom wat reg is. 7Sou die Heilige Gees die Wil van God ontken? 8En sou Hy kon nalaat om dit in Sy Seun te herken?
  11. Jy besef nie die enorme hoeveelheid energie wat jy bestee om die waarheid te ontken nie. 2Wat sou jy sรช van iemand wat net eenvoudig aanhou om die onmoontlike te probeer, in die vaste oortuiging dat om dit te bereik, sukses beteken? 3Die oortuiging dat jy die onmoontlike moet besit om gelukkig te kan wees, is totaal in stryd met die beginsel van die skepping. 4God sou onmoontlik nie wil dat geluk afhang van wat jy nooit sou kon hรช nie. 5Die feit dat God Liefde is, vereis geen geloof nie, maar wel aanvaarding. 6Dit is wel vir jou moontlik om feite te ontken, ofskoon dit vir jou onmoontlik is om hulle te verander. 7As jy jou hande voor jou oรซ hou, sal jy nie sien nie omdat jy die wette om te sien, dwarsboom. 8As jy die liefde ontken, sal jy dit nie ken nie, omdat jou samewerking die wet van sy wese is. 9Jy kan nie wette verander wat jy nie gemaak het nie, en die wette van geluk was vir jou geskep, nie deur jou nie.
  12. Enige poging om te ontken wat is,moet angswekkend wees, en as dit โ€™n sterk poging is, sal dit paniek veroorsaak. 2Om te wil teen die werklikheid kan, hoewel onmoontlik,  tot โ€™n baie hardnekkige doel gemaak word, selfs al wil jy hom nie hรช nie. 3Maar oorweeg die gevolge van hierdie vreemde besluit. 4Jy wy jou geestesdenke aan wat jy nie wil hรช nie. 5Hoe eg kan hierdie toewyding wees? 6As jy hom nie wil hรช nie, was hy nooit geskep nie. 7As hy nooit geskep was nie, is hy niks nie. 8Kan jy jou werklik wy aan niks?
  13. In Sy toewyding aan jou het God jou aan alles toegewyd geskep, en jou dit gegee waaraan jy toegewyd is. 2Anders sou jy nie volmaak geskep gewees het nie. 3Die werklikheid is alles, en jy het alles, want jy is werklik. 4Jy kan nie die onwerklike maak nie, want die afwesigheid van die werklikheid is vreesaanjaend, en vrees kan nie geskep word nie. 5Solank jy glo dat vrees moontlik is, sal jy nie skep nie. 6Teenoorgestelde ordes van werklikheid maak die werklikheid betekenisloos, en die werklikheid is betekenis.
  14. Onthou dan dat God se Wil nou reeds moontlik is, en niks anders sal ooit wees nie. 2Dit is die eenvoudige aanvaarding van die werklikheid, want dit alleen is werklik. 3Jy kan nie die werklikheid verdraai en weet wat dit is nie. 4En as jy wel die werklikheid verdraai, sal jy angs ervaar, depressie en uiteindelik paniek, omdat jy probeer om jouself onwerklik te maak. 5Wanneer jy hierdie dinge voel, moenie probeer om buite jouself die waarheid te soek nie, want die waarheid kan alleen binne-in jou wees. 6Sรช daarom:

7Christus is in my, en waar Hy is, moet God wees,

want Christus is deel van Hom.

II. Die antwoord op gebed

  1. Elkeen wat ooit probeer het om gebed te gebruik ten einde vir iets te vra, het al ervaar wat mislukking blyk te wees. 2Dit is nie alleen waar met betrekking tot spesifieke sake wat skadelik sou kon wees nie, maar ook met betrekking tot versoeke wat ten nouste in ooreenstemming met hierdie kursus is. 3Die laasgenoemde mag veral verkeerdelik geรฏnterpreteer word as โ€œbewysโ€ dat die kursus nie bedoel wat hy sรช nie. 4Jy moet egter onthou dat die kursus herhaaldelik verklaar dat sy doel die ontsnapping aan vrees is.
  2. Laat ons dan veronderstel dat wat jy van die Heilige Gees vra, dรญt is wat jy werklik wil hรช, maar waarvoor jy nog steeds bang is. 2As dit die geval is, dan sou jou bereiking daarvan nie langer wees wat jy wil hรช nie. 3Dit is die rede waarom spesifieke vorme van genesing nie bereik word nie, selfs al word die staat van genesing self bereik. 4Iemand mag vir fisiese genesing vra omdat hy bang is vir liggaamlike pyn. 5Terselfdertyd, as hy fisies genees sou wees, sou die bedreiging vir sy denksisteem aansienlik meer kon wees as vir die fisiese uitdrukking daarvan. 6In hierdie geval vra hy nie werklik vir bevryding van vrees nie, maar vir die verwydering van โ€™n simptoom wat hyself gekies het. 7Dit is dus hoegenaamd nie โ€™n versoek om genesing nie.
  3. Die Bybel beklemtoon dat jy alles wat jy in gebed vra, sal ontvang, en dit is inderdaad waar. 2Net die feit dat die Heilige Gees gevra is vir iets, sal โ€™n antwoord verseker. 3Maar dit is net so seker dat geen enkele antwoord wat deur Hom gegee word, ooit een sal wees wat vrees sou aanwakker nie. 4Dit is moontlik dat sy antwoord nie gehoor sal word nie. 5Maar dit is egter onmoontlik dat hy verlore sal gaan. 6Daar is baie antwoorde wat jy al ontvang het, maar nog nie gehoor het nie. 7Ek verseker jou dat hulle vir jou wag.
  4. As jy wil weet of jou gebede verhoor is, moet dan nooit aan โ€™n Seun van God twyfel nie. 2Bevraagteken hom nie en maak hom nie onseker of deurmekaar nie, want jou geloof in hom is jou geloof in jouself. 3As jy God en Sy Antwoord wil ken, glo dan in my wie se geloof in jou nie gewankel kan word nie. 4Kan jy opreg van die Heilige Gees vra, en aan jou broer twyfel? 5Glo dat sy woorde waar is vanweรซ die waarheid wat in hom is. 6Jy sal met die waarheid in hom verenig, en sy woorde sal waar wees. 7Wanneer jy hom hoor, sal jy my hoor. 8Om te luister na die waarheid is die enigste manier waarop jy dit nou kan hoor en uiteindelik kan ken.    
  5. Die boodskap wat jou broer jou gee, berus by jou. 2Wat sรช hy vir jou? 3Wat wil jy hรช moet hy sรช? 4Jou besluit oor hom bepaal die boodskap wat jy ontvang. 5Onthou dat die Heilige Gees in hom is, en dat Sy Stem deur hom met jou praat. 6Wat kan so โ€™n heilige broer jou vertel, behalwe die waarheid? 7Maar luister jy daarna? 8Jou broer mag dalk nie weet wie hy is nie, maar daar is โ€™n lig in sy geestesdenke wat wel weet. 9Hierdie lig kan joune binneskyn, aan sy woorde waarheid verleen en jou in staat stel om hulle te hoor. 10Sy woorde is die Heilige Gees se antwoord aan jou. 11Is jou geloof in hom sterk genoeg om jou te laat hoor?
  6. Jy kan net so min alleen vir jouself bid, as wat jy alleen vir jouself vreugde kan vind. 2Gebed is die herformulering van inklusiwiteit onder leiding van die Heilige Gees volgens die wette van God. 3Verlossing kom van jou broer. 4Die Heilige Gees brei van jou geestesdenke na syne uit, en antwoord jou. 5Jy kan nie die Stem namens God net in jouself hoor nie, want jy is nie alleen nie. 6En Sy antwoord is alleenlik  bestem vir wat jy is. 7Jy sal die vertroue wat ek in jou het nie ken nie, tensy jy dit uitbrei. 8Jy sal nie die leiding van die Heilige Gees vertrou, of glo dat dit vir jou bestem is nie, tensy jy dit in ander hoor. 9Dit moet vir jou broer bestem wees, omdat dit vir jou bestem is. 10Sou God vir jou alleen โ€™n Stem geskep het? 11Sou jy Sy antwoord kon hoor sonder dat Hy al die Seuns van God antwoord gee? 12Hoor van jou broer wat jy wil hรช ek van jou moet hoor, want jy sou nie wil hรช dat ek mislei word nie.      
  7. Soos God, het ek jou lief vir die waarheid in jou. 2Jou misleidinge kan jรณรบ miskien mislei, maar nie vir my nie. 3Omdat ek weet wat jy is, kan ek nie aan jou twyfel nie. 4Ek hoor alleen die Heilige Gees in jou wat deur jou met my praat. 5As jy my wil hoor, hoor my broers in wie God se Stem praat. 6Die antwoord op alle gebede lรช in hulle. 7Jy sal beantwoord word soos jy die antwoord in elkeen hoor. 8Moenie na enigiets anders luister nie, of jy sal nie waarlik hoor nie.
  8. Glo in jou broers omdat ek in jou glo, en jy sal leer dat my geloof in jou geregverdig is. 2Glo in my deur in hulle te glo, ter wille van dรญt wat God hulle gegee het. 3Hulle sal jou antwoord as jy leer om slegs die waarheid van hulle te vra. 4Moenie vir seรซninge vra sonder om hulle te seรซn nie, want slegs op hierdie manier kan jy leer hoe geseรซnd jy is. 5Deur hierdie pad te volg, soek jy die waarheid in jou. 6Dit lei jou nie buite jouself nie, maar na jouself. 7Hoor alleen God se Antwoord in Sy Seuns, en jy is verhoor.
  9. Om nie te glo nie, is om kant te kies teen iets, of om aan te val. 2Om te glo, is om te aanvaar, en kant te kies vir. 3Om te glo, beteken nie om goedgelowig te wees nie, maar om te aanvaar en te waardeer. 4Wat jy nie glo nie, waardeer jy nie, en jy kan nie dankbaar wees vir iets waaraan jy nie waarde heg nie. 5Daar is โ€™n prys wat jy sal betaal vir oordeel, want oordeel beteken die vasstelling van โ€™n prys. 6En soos jy dit vasstel, sal jy dit betaal.
  10. As betaal gelykgestel word met kry, sal jy โ€™n lae prys vasstel, maar โ€™n hoรซ opbrengs eis. 2 Jy vergeet dan egter dat om te prys, beteken om waarde vas te stel, sodat jou opbrengs in verhouding staan tot jou waardeoordeel. 3As betaal met gee geassosieer word, kan dit nie as verlies gesien word nie, en word die wederkerige verhouding van gee en ontvang ingesien. 4Daar sal dan โ€™n hoรซ prys vasgestel word vanweรซ die waarde van die opbrengs. 5Die prys vir kry, is dat jy waarde uit die oog verloor, wat dit onvermydelik maak dat jy nie sal waardeer wat jy ontvang nie. 6Omdat jy dit weinig waardeer, sal jy dit nie op prys stel nie en ook nie wil hรช nie.
  11. Vergeet dus nooit dat jy die waarde bepaal op grond van wat jy ontvang, en die prys daarvan bepaal deur wat jy gee nie. 2Om te glo dat dit moontlik is om baie vir min te kry, is om te glo dat jy met God kan kwansel en knibbel. 3God se wette is altyd regverdig  en volkome konsekwent. 4Deur te gee, ontvang jy. 5Maar om te ontvang, is om te aanvaar, nie om te kry nie. 6Dit is onmoontlik om nie te hรช nie, maar dit is moontlik om nie te weet dat jy het nie. 7Die herkenning dat jy het, is die gewilligheid om te gee, en alleenlik deur hierdie gewilligheid kan jy insien wat jy het. 8Wat jy gee, is daarom die waarde wat jy plaas op wat jy het, omdat dit die presiese maat is van die waarde wat jy daaraan heg. 9En dit is op sy beurt weer die maat van hoe graag jy dit wil hรช.
  12. Jy kan dus die Heilige Gees alleen iets vra deur Hom iets te gee, en jy kan Hom alleenlik iets gee waar jy Hom herken. 2As jy Hom in almal herken, dink net hoeveel jy van Hom sal vra en hoeveel jy dan sal ontvang. 3Hy sal jou niks ontsรช nie omdat jy Hom niks ontsรช het nie, en so kan julle alles deel. 4Dit is die manier, en die enigste manier om Sy antwoord te kry, want Sy antwoord is al waarvoor jy kan vra en wil hรช. 5Sรช dan vir een en almal:

6Omdat ek myself wil ken, sien ek jou as God se Seun en my broer.

III. Die korreksie van foute

  1. Die wakkerheid van die ego vir die foute van ander egoโ€™s is nie die soort waaksaamheid wat die Heilige Gees sou wil hรช jy in stand moet hou nie. 2Egoโ€™s is krities ten opsigte van die soort sogenaamde โ€œsinvolheidโ€ wat hulle voorstaan. 3Hulle begryp hierdie soort sin omdat dit vir hulle sinvol is. 4Vir die Heilige Gees het dit geen sin hoegenaamd nie.
  2. Vir die ego is dit lief en reg en goed om foute uit te wys en hulle te โ€œkorrigeerโ€. 2Dit het volkome sin vir die ego wat nie weet wat foute is en wat korreksie is nie. 3Foute kom van die ego af, en korreksie van foute lรช in die ongedaanmaking van die ego. 4Wanneer jy โ€™n broer korrigeer, sรช jy vir hom dat hy verkeerd is. 5Hy mag op daardie oomblik miskien nie juis verstandig wees nie, en dit is in elk geval seker dat as hy vanuit die ego praat, hy nie verstandig sal wees nie. 6Maar jou taak is nog steeds om vir hom te sรช dat hy reg is. 7Jy sรช dit nie verbaal vir hom as hy onsin praat nie. 8Hy benodig die korreksie op โ€™n ander vlak omdat sy fout op โ€™n ander vlak lรช. 9Hy is nog altyd reg omdat hy โ€™n Seun van God is. 10Sy ego is altyd verkeerd, ongeag wat hy sรช of doen.
  3. As jy op die foute van jou broers se ego wys, kyk jy beslis deur jou eie ego, want die Heilige Gees neem nie sy foute waar nie. 2Dit moet waar wees, aangesien daar geen kommunikasie is tussen die ego en die Heilige Gees nie. 3Die ego het geen sin nie, en die Heilige Gees probeer nie om enigiets te begryp wat daaruit voortkom nie. 4Aangesien Hy dit nie begryp nie, beoordeel Hy dit nie, want Hy weet dat niks wat die ego maak enigiets beteken nie.
  4. Wanneer jy hoegenaamd op foute reageer, luister jy nie na die Heilige Gees nie. 2Hy het hulle bloot verontagsaam, en as jy daaraan aandag skenk, hoor jy Hom nie. 3As jy Hom nie hoor nie, luister jy na jou ego en het jy net so min sin as die broer wie se foute jy waarneem. 4Dit kan geen korreksie wees nie. 5Maar dit is meer as bloot โ€™n gebrek aan korreksie vir hรณm. 6Dit is die opgee van korreksie in jouself.
  5. Wanneer โ€™n broer hom kranksinnig gedra, kan jy hom slegs genees deur geestesgesondheid in hom te sien. 2As jy sy foute waarneem en hulle aanvaar, aanvaar jy ook joune. 3As jy joune aan die Heilige Gees wil oorgee, moet jy dit ook met syne doen. 4Tensy dit die enigste manier word waarop jy alle foute hanteer, kan jy nie begryp hoe alle foute ongedaan gemaak word nie. 5Wat is dit anders as om jou te vertel dat jy leer wat jy onderrig? 6Jou broer is so reg soos jy, en as jy dink hy is verkeerd, veroordeel jy jouself.
  6. Jy kan nie jouself korrigeer nie. 2Kan jy dan โ€™n ander korrigeer? 3Maar jy kan hom in waarheid sien, want jy kan jouself in waarheid sien. 4Dit berus nie by jou om jou broer te verander nie, maar bloot om hom te aanvaar soos hy is. 5Sy foute spruit nie uit die waarheid wat in hom is nie, en alleen hierdie waarheid is joune. 6Sy foute kan dit nie verander nie, en kan geen effek hoegenaamd op die waarheid in jou hรช nie. 7Om foute in iemand waar te neem, en daarop te reageer asof hulle werklik is, is om hulle vir jouself werklik te maak. 8Jy sal nie die betaling van die prys hiervoor vryspring nie, nie omdat jy daarvoor gestraf word nie, maar omdat jy die verkeerde gids volg en daarom die pad byster raak.
  7. Jou broer se foute is ewemin van hom as wat joune van jou is. 2Aanvaar sy foute as werklik, en jy het jouself aangeval. 3As jy die pad wil vind en bly volg, sien dan alleenlik die waarheid as metgesel langs jou, want julle loop saam. 4Die Heilige Gees in jou vergewe alles in jou en in jou broer. 5Sy foute word saam met joune vergewe. 6Die Versoening is net so min geskei as wat die liefde geskei is. 7Die Versoening kan nie geskei wees nie, omdat dit uit liefde voortkom. 8Enige poging wat jy aanwend om โ€™n broer te korrigeer, beteken dat jy glo dat korreksie deur jou moontlik is, en dit kan alleen die arrogansie van die ego wees. 9Korreksie is van God Wat nie van arrogansie weet nie.
  8. Die Heilige Gees vergewe alles omdat God alles geskep het. 2Moenie Sy funksie oorneem nie, of jy sal joune vergeet. 3Aanvaar alleen die funksie van genesing binne tyd, want dit is waarvoor tyd daar is. 4God het jou die funksie gegee om in ewigheid te skep. 5Jy hoef dit nie te leer nie, maar jy moet leer om dit te wil hรช. 6Daarvoor is alle leer gemaak. 7Dit is die Heilige Gees se gebruik van โ€™n vermoรซ wat jy nie nodig het nie, maar wat jy gemaak het. 8Gee dit vir Hom! 9Jy begryp nie hoe om dit te gebruik nie. 10Hy sal jou leer hoe om jouself sonder veroordeling te sien, deur te leer hoe om sonder oordeel na alles te kyk. 11Veroordeling sal dan nie vir jou werklikheid wees nie, en al jou foute sal vergewe wees. 

IV. Die Heilige Gees se plan van vergifnis

  1. Versoening is vir almal, want dit is die manier om die geloofsoortuiging dat daar dinge is wat vir jou alleen bestaan, ongedaan te maak. 2Om te vergewe, beteken om verby iets te kyk. 3Kyk dan by die fout verby en laat jou persepsie nie daarop rus nie, want wat in jou persepsie beslag kry, sal jy glo. 4Aanvaar maar net wat jou broer is as waar, as jy jouself wil ken. 5As jy waarneem wat hy nie is nie, kan jy nie weet wat jy is nie, omdat jy hom verkeerd sien. 6Onthou altyd dat julle Identiteit gedeel word en dat die deling van Identiteit niks anders is nie as Sy werklikheid. 
  2. Jy het โ€™n rol om in die Versoening te speel, maar die plan van die Versoening gaan jou te bowe. 2Jy begryp nie hoe om verby foute te kyk nie, anders sou jy hulle nie begaan het nie. 3Dit sou bloot โ€™n verdere fout wees om te glo dat jy hulle nie begaan nie, of dat jy hulle kan korrigeer sonder โ€™n Gids vir korreksie. 4En as jy nie hierdie Gids volg nie, sal jou foute nie gekorrigeer word nie. 5Die plan is nie joune nie vanweรซ jou beperkte idees oor wat jy is. 6Hierdie gevoel van beperking is die oorsprong van alle foute. 7Die manier om hulle ongedaan te maak, is daarom nie van jou nie, maar vir jou.
  3. Die Versoening is โ€™n les in met mekaar deel, en dit word vir jou gegee omdat jy vergeet het hoe om dit te doen. 2Die Heilige Gees herinner jou bloot aan die natuurlike gebruik van jou vermoรซns. 3Deur die vermoรซ om aan te val te herinterpreteer tot die vermoรซ om te deel, sit Hy dit wat jy gemaak het om in wat God geskep het. 4As jy dit deur Hom wil volbring, kan jy nie na jou vermoรซns deur die oรซ van die ego kyk nie, of jy sal hulle oordeel soos hy dit doen. 5Al die skadelikheid daarvan lรช in die oordeel van die ego. 6Al die nut daarvan lรช in die oordeel van die Heilige Gees.
  4. Die ego het ook โ€™n vergewingsplan omdat jy vir een vra, ofskoon nie van die regte onderwyser nie. 2Die ego se plan het natuurlik geen sin nie, en sal nie werk nie. 3Deur sy plan te volg, sal jy jou bloot in โ€™n onmoontlike situasie plaas waarheen die ego jou altyd lei. 4Die ego se plan is om jou die fout eers duidelik te laat sien, en dit dan oor die hoof te sien. 5Maar hoe kan jy iets oor die hoof sien wat jy werklikheid gemaak het? 6Deur dit duidelik te sien, het jy dit werklikheid gemaak en kan nie daar verby kyk nie. 7Dit is hier waar die ego genoodsaak word om sy toevlug te neem tot sogenaamde โ€œmisteriesโ€, en daarop aandring dat jy die betekenislose moet aanvaar om jouself te red. 8Baie het probeer om dit te doen in my naam, maar vergeet dat my woorde alleen volkome sin het omdat hulle van God kom. 9Hulle is nou nog net so verstandig as wat hulle ooit was, want hulle praat van idees wat ewig is.
  5. Vergifnis wat van my geleer word, gebruik nie vrees om vrees ongedaan te maak nie. 2Ook maak dit nie die werklike onwerklik en vernietig dit dan nie. 3Vergifnis deur die Heilige Gees impliseer eenvoudig om van die begin af verby die fout te kyk, sodat dit vir jou onwerklik bly. 4Laat geen enkele oortuiging oor die egtheid daarvan jou geestesdenke binnekom nie, of jy sal eweneens glo dat jy ongedaan moet maak wat jy gemaak het ten einde vergewe te word. 5Wat geen gevolg het nie, bestaan nie, en vir die Heilige Gees bestaan die gevolge van โ€™n fout nie. 6Deur oral en in alle opsigte voortdurend en konsekwent al die gevolge daarvan te kanselleer, onderrig en bewys Hy dat die ego nie bestaan nie.
  6. Volg dan die Heilige Gees se onderrig in vergifnis, want vergifnis is Sy funksie en Hy weet hoe om dit volmaak te vervul. 2Dit is wat ek bedoel het toe ek gesรช het dat wonders natuurlik is, en wanneer hulle nie voorkom nie, iets verkeerd geloop het. 3Wonders is bloot die teken van jou gewilligheid om die Heilige Gees se verlossingsplan  te volg in die erkenning dat jy nie begryp wat dit is nie. 4Sy werk is nie jou funksie nie, en tensy jy dit aanvaar, kan jy nie leer wat jou funksie is nie.
  7. Die verwarring van funksies is so tipies van die ego dat jy teen diรฉ tyd al heel vertroud daarmee moet wees. 2Die ego glo dat alle funksies aan hom behoort, selfs al het hy geen idee wat hulle is nie. 3Dit is meer as blote verwarring. 4Dit is โ€™n besonder gevaarlike kombinasie van grootheidswaan en verwarring wat dit waarskynlik maak dat die ego alles en almal sonder die minste rede aanval. 5Dit is presies wat die ego doen. 6Hy is onvoorspelbaar in sy reaksies omdat hy geen idee het wat hy waarneem nie.
  8. As jy geen idee het wat gebeur nie, hoe toepaslik kan jy verwag om te reageer? 2Jy sou jouself kon afvra, ongeag hoe jy van die reaksie rekenskap gee, of die ego vanweรซ sy onvoorspelbaarheid wel in die juiste posisie is om as jou gids te dien. 3Laat ek herhaal dat die ego se kwalifikasies as โ€™n gids buitengewoon ongelukkig is en dat hy โ€™n merkwaardige swak keuse as onderwyser van verlossing is. 4Wie ook al โ€™n totaal kranksinnige gids uitkies, moet self totaal kranksinnig wees. 5Ook is dit nie waar dat jy nie besef dat die gids kranksinnig is nie. 6Jy besef dit, want ek besef dit, en jy het dit volgens dieselfde maatstaf as ek beoordeel.
  9. Die ego leef letterlik op geleende tyd en sy dae is getel. 2Moenie bang wees vir die Laaste Oordeel nie, maar verwelkom dit en moenie wag nie, want die ego se tyd is van jou ewigheid โ€œgeleenโ€. 3Dit is die Wederkoms wat vir jou gemaak is soos die Eerste Koms geskep was. 4Die Wederkoms is bloot die terugkeer van gesonde verstand. 5Kan dit enigsins vreesaanjaend wees?
  10. Wat anders as fantasie kan vreesaanjaend wees, en wie wend hom tot fantasie tensy hy daaraan wanhoop om voldoening in die werklikheid te vind? 2Maar dit staan vas dat jy nooit voldoening in fantasie sal vind nie, sodat jou enigste hoop daarin lรช om jou geestesdenke oor die werklikheid te verander. 3God kan alleen reg wees as die besluit dat die werklikheid vreesaanjaend is, verkeerd is. 4En ek verseker jou dat God reg is. 5Wees dan bly dat jy verkeerd was, maar dit was slegs omdat jy nie geweet het wie jy was nie. 6As jy dit maar geweet het, sou jy ewemin verkeerd kon wees as God.
  11. Die onmoontlike kan slegs in โ€™n fantasie geskied. 2As jy die werklikheid in fantasieรซ soek, sal jy dit nie vind nie. 3Die simbole van โ€™n fantasie kom van die ego, en daarvan sal jy vele vind. 4Maar moenie vir betekenis in hulle soek nie. 5Hulle beskik oor ewe min betekenis as die fantasieรซ waarin hulle verweef is. 6Sprokies kan aangenaam of angswekkend wees, maar niemand sรช hulle is waar nie. 7Kinders glo hulle miskien, en dus is die verhale vir hulle โ€™n tydjie waar. 8Maar as die werklikheid deurbreek, is fantasieรซ weg. 9Die werklikheid het nie verdwyn nie. 10Die Wederkoms is die bewuswording van die werklikheid, nie die terugkeer daarvan nie.
  12. Kyk my kind, die werklikheid is hier. 2Dit behoort aan jou en my en God, en skenk aan almal van Ons volmaakte voldoening. 3Slegs hierdie bewustheid genees, want dit is die bewussyn van die waarheid.

V. Die ongeneesde geneser

  1. Die ego se vergewingsplan word veel meer gebruik as diรฉ van God. 2Dit is omdat dit deur ongeneesde genesers aangepak word, en daarom van die ego is. 3Laat ons die ongeneesde geneser nou sorgvuldiger in oรซnskou neem. 4Per definisie probeer hy om te gee wat hy nie ontvang het nie. 5As die ongeneesde geneser byvoorbeeld โ€™n teoloog is, gaan hy miskien van diรฉ veronderstelling uit: โ€œEk is โ€™n ellendige sondaar, en so is jy dus ook.โ€ 6As hy โ€™n psigoterapeut is, sal hy waarskynlik eerder met die ewe ongeloofwaardige oortuiging begin dat aanval vir sowel homself as die pasiรซnt werklikheid is, maar dat dit nie vir een van hulle saak maak nie.
  2. Ek het herhaaldelik gesรช dat geloofsoortuigings van die ego nie gedeel kan word nie, en dit is die rede waarom hulle onwerklik is. 2Hoe kan hulle dan werklik gemaak word as hulle juis aan die kaak gestel word? 3Enige geneser wat in fantasieรซ die waarheid soek, is beslis nie genees nie, want hy weet nie waar om na die waarheid te soek nie, en beskik dus nie oor die antwoord op die probleem van genesing nie.
  3. Om bewus te maak van nagmerries het โ€™n voordeel, maar slegs om te onderrig dat hulle nie werklik is nie, en dat alles wat hulle bevat geen betekenis het nie. 2Die ongeneesde geneser kan dit nie doen nie, want hy glo dit nie. 3Alle ongeneesde genesers volg die ego se vergewingsplan in een of ander vorm. 4As hulle teoloรซ is, sal hulle hulleself waarskynlik veroordeel, veroordeling onderrig en โ€™n oplossing wat bang maak voorstaan. 5Deur veroordeling op God te projekteer, laat hulle Hom wraaksugtig lyk, en vrees hulle Sy vergelding. 6Maar wat hulle gedoen het, is om met die ego te identifiseer, en deur waar te neem wat dit doen, hulleself op grond van hierdie verwarring te veroordeel. 7Dit is verstaanbaar dat daar opstand en verset teen hierdie konsep ontstaan het, maar om jou daarteen te verset, beteken nog steeds om daarin te glo.
  4. Sommige nuwe vorme van die ego se plan is ewe nutteloos as die oues, omdat die vorm geen verskil maak nie en die inhoud nie verander het nie. 2In een van die nuwer vorme mag โ€™n psigoterapeut byvoorbeeld die ego se simbole in โ€™n nagmerrie interpreteer, en hulle dan gebruik om te bewys dat die nagmerrie werklikheid is. 3Sodra dit eers werklik gemaak is, probeer hy dan om die gevolge daarvan uit te wis  deur die belangrikheid van die dromer gering te skat. 4Dit sou โ€™n heilsame benadering wees as die dromer ook as onwerklik gesien kon word. 5Maar as die dromer gelykgestel word met die geestesdenke, word die korrigerende vermoรซ van die geestesdenke wat werk deur die Heilige Gees, ontken. 6Dit is selfs vanuit die ego se oogpunt โ€™n weerspreking, en wel een wat hy gewoonlik selfs in sy verwarring raaksien.
  5. As die manier om vrees teen te werk, beteken dat die belangrikheid van die geestesdenke verminder moet word, hoe kan dit dan egosterkte opbou? 2Sulke duidelike teenstrydighede verklaar waarom niemand nog waarlik verduidelik het wat in psigoterapie gebeur nie. 3Daar gebeur in werklikheid niks nie. 4Daar het met die ongeneesde geneser niks werkliks gebeur nie, en hy moet leer uit sy eie onderrig. 5Sy ego sal altyd probeer om iets uit die situasie te haal. 6Die ongeneesde geneser weet dus nie hoe om te gee nie, en kan gevolglik nie deel nie. 7Hy kan nie korrigeer nie, want hy werk nie korrigerend nie. 8Hy glo dat dit by hom berus om die pasiรซnt te leer wat werklik is, alhoewel hy dit self nie weet nie.
  6. Wat behoort dan te gebeur? 2Toe God gesรช het: โ€œLaat daar lig wees,โ€ was daar lig. 3Kan jy lig vind deur die duisternis te analiseer, soos die psigoterapeut dit doen, of soos die teoloog, deur duisternis in jouself te erken en na โ€™n veraf lig te soek om die duisternis uit te wis, terwyl die afstand beklemtoon word? 4Genesing is nie misterieus nie. 5Niks sal verander wat nie begryp word nie, want lig is begrip. 6โ€™n โ€œEllendige sondaarโ€ kan nie sonder die magiese genees word nie, net so min as wat โ€™n  โ€œonbelangrike geestesdenkeโ€ homself kan respekteer sonder die magiese.
  7. Beide vorme van die ego se benadering moet dus โ€™n doodloopstraat bereik, die tipiese  โ€œonmoontlike situasieโ€ waartoe die ego altyd aanleiding gee. 2Dit mag help om iemand te wys in watter rigting hy stuur, maar die doel daarvan gaan verlore as hy nie ook gehelp word om van rigting te verander nie. 3Die ongeneesde geneser kan dit nie vir hom doen nie, omdat hy dit nie vir homself kan doen nie. 4Die enigste betekenisvolle bydrae wat die geneser kan maak, is om โ€™n voorbeeld te wees van iemand wie se rigting vir hom verander is, en wat nie langer in enige soort nagmerries glo nie. 5Die lig in sy geestesdenke sal daarom antwoord gee aan die vraesteller, wat met God moet besluit dat daar lig is omdat hy dit sien. 6En deur sy erkenning weet die geneser dat dit daar is. 7Dit is hoe persepsie uiteindelik in kennis omgesit word. 8Die wonderdoener begin deur lig waar te neem, en sit sy persepsie om in sekerheid deur dit voortdurend uit te brei en die erkenning daarvan te aanvaar. 9Die gevolge daarvan verseker hom dat dit daar is.
  8. โ€™n Terapeut genees nie, hy laat genesing plaasvind. 2Hy kan op die duisternis wys, maar vanself kan hy nie lig bring nie, want die lig is nie van hom nie. 3Maar omdat dit wel vir hom daar is, moet dit ook vir sy pasiรซnt daar wees. 4Die Heilige Gees is die enigste Terapeut. 5Hy maak genesing in enige situasie duidelik waarin Hy die Gids is. 6Jy kan Hom maar net Sy funksie laat vervul. 7Hiervoor het Hy geen hulp nodig nie. 8Hy sal jou presies vertel wat om te doen om iemand te help wat Hy na jou vir hulp stuur, en sal deur jou met hom praat as jy nie inmeng nie. 9Onthou dat jy die gids kies om te help, en dat die verkeerde keuse nie sal help nie. 10Maar onthou ook dat die regte een sal help. 11Vertrou Hom, want om te help is Sy funksie, en Hy is van God. 12Soos jy ander se geestesdenke wakker maak tot die Heilige Gees deur Hom, en nie deur jouself nie, sal jy begryp dat jy nie die wette van hierdie wรชreld gehoorsaam nie. 13Maar die wette wat jy gehoorsaam, werk. 14โ€œDit is die goeie wat werkโ€ is โ€™n gesonde, maar onvoldoende stelling. 15Alleen die goeie kan werk. 16Niks anders werk hoegenaamd nie.
  9. Hierdie kursus bied โ€™n baie direkte en โ€™n heel eenvoudige leersituasie aan, en verskaf die Gids wat jou vertel wat om te doen. 2As jy dit doen, sal jy sien dat dit werk. 3Die resultate daarvan is meer oortuigend as die woorde. 4Hulle sal jou daarvan oortuig dat die woorde waar is. 5Deur die regte Gids te volg, sal jy die eenvoudigste van alle lesse leer:

6Aan hulle vrugte sal julle hulle ken, en sal hulle hulleself ken.

VI. Die aanvaarding van jou broer

  1. Hoe kan jy in toenemende mate van die Heilige Gees in jou bewus word anders as deur Sy werking? 2Jy kan Hom nie met jou oรซ sien of met jou ore hoor nie. 3Hoe kan jy Hom dan hoegenaamd waarneem? 4As jy vreugde inspireer en ander reageer op jou met vreugde, selfs al ervaar jy nie self vreugde nie, moet daar iets in jou wees wat in staat is om dit op te wek. 5As dit in jou is en vreugde kan opwek, en as jy sien dat dit inderdaad vreugde in ander opwek, dan is jy besig om dit in jouself te dissosieer.
  2. Dit kom vir jou voor of die Heilige Gees nie konsekwent vreugde in jou opwek nie omdat jy nie konsekwent vreugde in ander wakker maak nie. 2Aan hulle reaksies op jou evalueer jy hoe konsekwent Hy is. 3As jy inkonsekwent is, sal jy nie altyd aanleiding gee tot vreugde nie, en sodoende sal jy nie altyd Sy konsekwentheid herken nie. 4Wat jy jou broer aangebied het, bied jy Hom aan, want Hy kan nie in wat Hy gee verder gaan as wat jy aangebied het nie. 5Dit is nie omdat Hy beperk wat Hy gee nie, maar eenvoudig omdat jy beperk het wat jy ontvang het. 6Die besluit om te ontvang, is die besluit om te aanvaar.
  3. As jou broers deel van jou is, gaan jy hulle dan aanvaar? 2Net hulle kan jou leer  wat jy is, want wat jy leer, is die resultaat van wat jy hulle geleer het. 3Wat jy oproep in hulle, roep jy in jouself op. 4En soos jy dit in hulle oproep, word dit in jou werklikheid. 5God het maar een Seun, want Hy ken hulle almal as รฉรฉn. 6Alleenlik God Self is meer as hulle, maar hulle is nie minder as Hy nie. 7Wil jy weet wat dit beteken? 8As jy wat jy aan my broer doen aan my doen, en as jy alles vir jouself doen omdat ons deel van jou is, dan behoort alles wat ons doen eweneens aan jou. 9Iedereen wat God geskep het, is deel van jou en deel Sy heerlikheid met jou. 10Sy heerlikheid  behoort aan Hom, maar is in gelyke mate joune. 11Jy kan dus nie minder heerlik wees as Hy nie.
  4. God is alleenlik meer as jy omdat Hy jou geskep het, maar selfs dit wil Hy nie van jou weerhou nie. 2Daarom kan jy skep soos Hy geskep het, en jou dissosiasie sal dit nie verander nie. 3Nรณg God se lig, nรณg joune is verdof omdat jy nie kan sien nie. 4Omdat die Seunskap as รฉรฉn moet skep, onthou jy die skepping elke keer as jy โ€™n deel van die skepping herken. 5Elke deel wat jy onthou, voeg tot jou heelheid by, want elke deel is heel. 6Heelheid is ondeelbaar, maar jy kan nie leer wat jou heelheid is voordat jy dit nie oral sien nie. 7Jy kan jouself alleenlik ken soos God Sy Seun ken, want kennis word met God gedeel. 8Wanneer jy in Hom ontwaak, sal jy jou grootheid ken deur Sy grensloosheid as joune te aanvaar. 9Maar intussen sal jy jou grootheid  beoordeel soos jy jou broer sโ€™n oordeel, en dit aanvaar soos jy syne aanvaar.
  5. Jy is nog nie wakker nie, maar jy kan leer hoe om te ontwaak. 2Baie eenvoudig: die Heilige Gees leer jou om ander wakker te maak. 3Namate jy hulle sien ontwaak, sal jy leer wat ontwaking beteken, en omdat jy gekies het om hulle wakker te maak, sal hulle dankbaarheid en waardering oor wat jy hulle gegee het, jou leer wat die waarde daarvan is. 4Hulle sal die getuies van jou werklikheid word, net soos jy geskep was as getuie van die Werklikheid van God. 5Maar wanneer die Seunskap bymekaarkom en sy ร‰รฉnheid aanvaar, sal hy geken word aan sy skeppinge wat getuig van sy werklikheid soos die Seun dit doen vir die Vader.
  6. Wonders het nie โ€™n plek in die ewigheid nie, omdat hulle herstellend is. 2Maar solank jy nog genesing nodig het, is jou wonders die enigste getuies van jou werklikheid wat jy kan herken. 3Jy kan nie โ€™n wonder vir jouself verrig nie, want wonders is โ€™n manier om aanvaarding te gee en te ontvang. 4In tyd kom die gee eerste, alhoewel hulle in die ewigheid, waar hulle nie geskei kan word nie, gelyktydig is. 5Wanneer jy geleer het dat hulle dieselfde is, is die behoefte aan tyd verby.
  7. Die ewigheid is รฉรฉn tyd, met โ€œaltydโ€ as enigste dimensie. 2Dit kan niks vir jou beteken totdat jy nie God se ope Arms onthou, en uiteindelik Sy oop Geestesdenke ken nie. 3Soos Hy, is jy โ€œaltydโ€: in Sy Geestesdenke en met dieselfde geestesdenke as Syne. 4In jou oop geestesdenke is jou skeppinge, in volmaakte kommunikasie gebore uit volmaakte begrip. 5Sou jy maar een van hulle kon aanvaar, sou jy niks wou hรช wat die wรชreld aan te bied het nie. 6Alles anders sou totaal betekenisloos wees. 7God se betekenis is onvolledig sonder jou, en jy is onvolledig sonder jou skeppinge. 8Aanvaar jou broer in hierdie wรชreld en aanvaar niks anders nie, want in hom sal jy jou skeppinge vind, omdat hy hulle met jou geskep het. 9Jy sal nooit weet dat jy medeskepper met God is tot jy nie leer dat jou broer medeskepper met jou is nie.

VII. Die twee evaluerings

  1. God se Wil is jou verlossing. 2Sou Hy jou dan nie die middele gee om dit te vind nie? 3As Hy wil dat jy dit ontvang, moes Hy dit moontlik en maklik gemaak het om te bekom. 4Jou broers is oral. 5Jy hoef nie ver vir verlossing te soek nie. 6Elke minuut en elke sekonde bied jou โ€™n kans om jouself te verlos. 7Moenie hierdie kanse verspeel nie, nie omdat hulle nie sal terugkeer nie, maar omdat โ€™n vertraging van vreugde onnodig is. 8God wil nou vir jou volmaakte geluk. 9Is dit moontlik dat dit nie ook jou wil is nie? 10En is dit moontlik dat dit nie ook die wil van jou broers is nie?
  2. Oorweeg dan dat julle almal in hierdie gesamentlike wil, en hierin alleen, verenig is. 2Daar kan verskil word oor enigiets anders, maar nie hieroor nie. 3Hierin lรช dan ook die vrede. 4En jy bly in vrede wanneer jy so besluit. 5Maar jy kan nie in vrede bly nie, tensy jy die Versoening aanvaar nie, want die Versoening is die weg na vrede. 6Die rede is baie eenvoudig, en so vanselfsprekend dat dit dikwels nie raakgesien word nie. 7Die ego is bang vir wat vanselfsprekend is, want die vanselfsprekende is die wesenlike kenmerk van die werklikheid. 8Maar jy kan nie daar verby kyk nie, tensy jy nie kyk nie.
  3. Dit is volkome vanselfsprekend dat as die Heilige Gees alles wat Hy waarneem met liefde aanskou, Hy jou ook met liefde aanskou. 2Sy evaluering of beoordeling van jou is gebaseer op Sy kennis van wat jy is, en so beoordeel Hy jou in waarheid. 3En hierdie evaluering moet in jou geestesdenke wees, want Hy is daar. 4Die ego is ook in jou geestesdenke, omdat jy Hom daar toegelaat het. 5Sy evaluering van jou is egter presies die teenoorgestelde van die Heilige Gees sโ€™n, omdat die ego jou nie lief het nie. 6Hy is nie bewus van wat jy is nie, en heeltemal wantrouig teenoor alles wat hy waarneem omdat sy persepsies so wisselend is. 7Die ego is dan ook op sy beste tot agterdogtigheid en op sy ergste tot boosaardigheid in staat. 8Dit is sy grense. 9Daarbuite kan hy nie gaan nie vanweรซ sy onsekerheid. 10En daarbowe kan hy nie kom nie, omdat hy nooit seker kan wees nie.
  4. Jy het dus twee konflikterende evaluerings van jouself in jou geestesdenke, en hulle kan nie beide waar wees nie. 2Jy besef nog nie hoe totaal verskillend hierdie beoordelings is nie, want jy begryp nie hoe verhewe die Heilige Gees se persepsies van jou in werklikheid is nie. 3Hy word nie mislei deur enigiets wat jy doen nie omdat Hy nooit vergeet wat jy is nie. 4Die ego word mislei deur alles wat jy doen, veral wanneer jy op die Heilige Gees reageer, want met sulke tye neem sy verwarring toe. 5Die ego sal jou dus hoogswaarskynlik aanval wanneer jy liefdevol reageer, want hy het jou as nie-liefdevol geรซvalueer en jy gaan teen sy oordeel in. 6Die ego sal jou motiewe aanval sodra hulle duidelik nie meer ooreenstem met sy persepsie van jou nie. 7Dit is wanneer hy bruusk sal verander van agterdogtigheid tot boosaardigheid, aangesien sy onsekerheid toegeneem het. 8Tog is dit sinloos om terug aan te val. 9Wat kan dit anders beteken as dat jy saamstem met die ego se evaluering van wat jy is?
  5. As jy verkies om jouself nie as liefdevol te sien nie, sal jy nie gelukkig wees nie. 2Jy veroordeel jouself en moet jouself gevolglik as ontoereikend beskou. 3Sou jy na die ego opsien om jou te help om van โ€™n gevoel van ontoereikendheid, wat hy teweeggebring het en vir sy voortbestaan in stand moet hou, ontslae te raak?  4Kan jy sy evaluering van jou vryspring deur gebruik te maak van sy metodes om hierdie prentjie ongeskonde te hou?
  6. Jy kan nie โ€™n kranksinnige geloofsisteem van binne evalueer nie. 2Sy bestek of bereik sluit dit uit. 3Jy kan alleenlik daarbuite gaan staan, en vanaf โ€™n punt waar geestesgesondheid bestaan, terugkyk, en die kontras sien. 4Slegs deur hierdie kontras kan kranksinnigheid as kranksinnig geoordeel word. 5Met die grootheid van God in jou het jy verkies om klein te wees en om jou kleinheid te betreur. 6Binne die sisteem wat hierdie keuse bepaal het, is die klaaglied onvermydelik. 7Jou kleinheid word daar as vanselfsprekend aanvaar en jy vra nie: โ€œWie het dit my geskenk?โ€ nie. 8Die vraag is binne die ego se denksisteem betekenisloos, want dit sou die hele denksisteem aan bevraagtekening blootstel.
  7. Ek het gesรช dat die ego nie weet wat โ€™n egte vraag is nie. 2Enige soort gebrek aan kennis hou altyd verband met โ€™n onwilligheid om te ken, en dit veroorsaak โ€™n totale gebrek aan kennis, eenvoudig omdat kennis totaal is. 3Om nie jou kleinheid in twyfel te trek nie, beteken dus om alle kennis te ontken, en die ego se hele denksisteem ongeskonde te hou. 4Jy kan nie โ€™n denksisteem gedeeltelik behou nie, omdat dit slegs  by sy fondament in twyfel getrek kan word. 5En dit moet van buite in twyfel getrek word, want daarbinne bly sy fondament inderdaad van krag. 6Die Heilige Gees oordeel teen die werklikheid van die ego se denksisteem bloot omdat Hy weet dat sy fondament nie waar is nie. 7Daarom beteken niks wat daaruit voortkom enigiets nie. 8Hy oordeel elke oortuiging wat jy het in terme van waar dit vandaan kom. 9As dit van God af kom, weet Hy dat dit waar is. 10Indien nie, weet Hy dat dit sonder betekenis is.
  8. Elke keer as jy jou waarde in twyfel trek, sรช dan:

2God Self is onvolledig sonder my.

3Onthou dit wanneer die ego praat, en jy sal hom nie hoor nie. 4Die waarheid oor jou is so verhewe dat niks wat God onwaardig is, jou waardig is nie. 5Besluit dan wat jy in terme hiervan wil hรช, en aanvaar niks wat jy nie aan God sou wil bied wat Hom nie volkome gepas is nie. 6Jy wil niks anders hรช nie. 7Gee Hom jou deel terug, en Hy sal jou alles van Homself gee in ruil vir dit wat aan Hom behoort en Hom volledig maak.

VIII. Grootheid teenoor grootheidswaan

  1. Grootheid is van God, en van Hom alleen. 2Daarom is dit in jou. 3Elke keer as jy daarvan bewus word, hoe vaagweg ook al, doen jy outomaties afstand van die ego, want in die teenwoordigheid van die grootheid van God word die onbeduidenheid van die ego volkome duidelik. 4Wanneer dit gebeur, alhoewel hy dit nie begryp nie, glo die ego dat sy โ€œvyandโ€ toegeslaan het, en probeer hy jou met geskenke oorhaal om na sy โ€œbeskermingโ€ terug te keer. 5โ€™n Opgeblase self is die enigste aanbod wat die ego kan maak. 6Die grootheidswaan van die ego is sy alternatief vir die grootheid van God. 7Watter een kies jy?
  2. Grootheidswaan is altyd โ€™n dekmantel vir wanhoop. 2Dit is sonder hoop omdat dit nie werklik is nie. 3Dit is โ€™n poging om jou kleinheid teen te werk, gegrond op die oortuiging dat die kleinheid werklik is. 4Sonder hierdie oortuiging het grootheidswaan geen betekenis nie, en is dit onmoontlik dat jy dit sou wil hรช. 5Die essensie van grootheidswaan is mededingendheid, want dit behels altyd aanval. 6Dit is โ€™n waandenkbeeldige poging om te oortref, maar nie โ€™n poging om ongedaan te maak nie. 7Ons het voorheen gesรช dat die ego tussen agterdogtigheid en boosaardigheid weifel. 8Hy bly agterdogtig solank jy aan jouself wanhoop. 9Hy verander na boosaardigheid wanneer jy besluit om nie selfvernedering te duld nie, en uitkoms te soek. 10Dan bied hy jou die illusie van aanval as โ€™n โ€œoplossingโ€ aan.
  3. Die ego begryp nie die verskil tussen grootheid en grootheidswaan nie, want hy sien geen verskil tussen wonderimpulse en sy eie egovreemde oortuigings nie. 2Ek het jou vertel dat die ego bewus is van die bedreiging vir sy bestaan, maar hy maak geen onderskeid tussen hierdie twee baie verskillende soorte bedreigings nie. 3Sy diepe gevoel van kwetsbaarheid maak dat hy nie in staat is om iets te oordeel, behalwe as aanval nie. 4Wanneer die ego bedreiging ervaar, is sy enigste besluit of hy nou sal aanval of hom eers terug sal trek om later aan te val. 5As jy sy aanbod van grootheidswaan aanvaar, sal hy onmiddellik aanval. 6Indien nie, sal hy wag.
  4. In die teenwoordigheid van God se grootheid is die ego geรฏmmobiliseer, want Sy grootheid bevestig jou vryheid. 2Selfs die geringste sweempie van jou werklikheid dryf die ego letterlik uit jou geestesdenke, want jy sal alle belegging daarin opgee. 3Grootheid is geheel en al sonder illusies, en omdat dit werklik is, is dit dwingend oortuigend. 4Maar jy sal die oortuiging van die werklikheid nie kan handhaaf nie, tensy jy die ego verhinder om dit aan te val. 5Die ego sal alle moontlike pogings aanwend om te herstel en sy kragte teen jou bevryding te mobiliseer. 6Hy sal jou vertel dat jy kranksinnig is, en argumenteer dat grootheid nie โ€™n werklike deel van jou kan wees nie vanweรซ die kleinheid waarin hy glo. 7Nogtans is jou grootheid geen waan nie, want jy het dit nie gemaak nie. 8Jy het wel grootheidswaan gemaak en jy is bang daarvoor omdat dit โ€™n vorm van aanval is, maar jou grootheid is van God, wat dit uit Sy Liefde geskep het.
  5. Vanuit jou grootheid kan jy alleenlik seรซn, want jou grootheid is jou oorvloed. 2Deur te seรซn, hou jy dit in jou geestesdenke, beskerm dit teen illusies en hou jy jouself in die Geestesdenke van God. 3Onthou altyd dat jy nรชrens anders kan wees as in die Geestesdenke van God nie. 4As jy dit vergeet, sal jy wanhoop en sal jy aanval.
  6. Die ego maak uitsluitlik staat op jou gewilligheid om hom te verdra. 2As jy gewillig is om jou grootheid te aanskou, kan jy nie wanhoop nie, en dus kan jy nie die ego wil hรช nie. 3Jou grootheid is God se antwoord op die ego, want dit is waar. 4Kleinheid en grootheid kan nie saambestaan nie, en ook is dit nie vir hulle moontlik om af te wissel nie. 5Kleinheid en grootheidswaan kan en moet mekaar afwissel, aangesien beide onwaar is en daarom op dieselfde vlak lรช. 6Aangesien dit die vlak van wisseling is, word dit wisselvallig ervaar en is uiterstes die wesenlike eienskap daarvan.
  7. Waarheid en kleinheid is ontkennings van mekaar, want grootheid is waarheid. 2Waarheid wissel en weifel nie, dit is altyd waar. 3Wanneer grootheid van jou wegglip, het jy dit vervang met iets wat jy gemaak het. 4Miskien is dit die geloof in kleinheid, miskien is dit die geloof in grootheidswaan. 5Maar dit moet waansinnig wees omdat dit nie waar is nie. 6Jou grootheid sal jou nooit mislei nie, maar jou illusies sal altyd. 7Illusies is bedrog. 8Jy kan nie triomfeer nie, maar jy is reeds verheerlik. 9In jou verheerlikte staat soek jy ander soos jy en verheug jou met hulle.
  8. Dit is maklik om grootheid van grootheidswaan te onderskei, want liefde word beantwoord en hoogmoed nie. 2Hoogmoed sal nie wonders voortbring nie, en sal jou daarom van die ware getuies van jou werklikheid beroof. 3Die waarheid is nie duister of verborge nie, maar sy vanselfsprekendheid lรช in die vreugde wat jy bring aan sy getuies, hulle wat dit vir jou wys. 4Hulle getuig van jou grootheid, maar hulle kan nie van hoogmoed getuig nie, want hoogmoed word nie gedeel nie. 5God wil hรช dat jy aanskou wat Hy geskep het, omdat dit Sy vreugde is.  
  9. Kan jou grootheid arrogant wees as God Self daarvan getuig? 2En wat kan werklik wees wat nie getuies het nie? 3Wat goeds kan daaruit kom? 4En as niks goeds daaruit  kom nie, kan die Heilige Gees dit nie gebruik nie. 5Wat Hy nie tot die Wil van God kan transformeer nie, bestaan hoegenaamd nie. 6Grootheidswaan is waandenkbeeldig omdat dit gebruik word om jou grootheid te vervang. 7Maar wat God geskep het, kan nie vervang word nie. 8God is sonder jou onvolledig, want Sy grootheid is totaal, en jy kan nie daaraan ontbreek nie.
  10. Jy is geheel en al onvervangbaar in die Geestesdenke van God. 2Niemand anders kan jou rol daarin vervul nie, en solank jy jou rol onvervuld laat, wag jou ewige plek bloot op jou terugkeer. 3God, deur Sy Stem, herinner jou daaraan, en God Self hou jou uitbreidings daarin veilig. 4Maar jy ken hulle nie totdat jy nie na hulle terugkeer nie. 5Jy kan nie die Koninkryk vervang nie, en jy kan nie jouself vervang nie. 6God, wat jou waarde ken, wil dit nie so hรช nie, en dus is dit nie so nie. 7Jou waarde is in God se Geestesdenke, en daarom nie in joune alleen nie. 8Om jouself te aanvaar soos God jou geskep het, kan nie arrogansie wees nie, want dit is die ontkenning van arrogansie. 9Om jou kleinheid te aanvaar, is arrogant, want dit beteken dat jy glo dat jou evaluering van jouself waarder as diรฉ van God is.
  11.       Maar as die waarheid ondeelbaar is, moet jou evaluering van jouself wees soos diรฉ van God. 2Jy het nie jou waarde bepaal nie en dit benodig nie verdediging nie. 3Niks kan dit aanval of daaroor seรซvier nie. 4Dit wissel nie. 5Jou waarde is maar net. 6Vra die Heilige Gees wat jou waarde is en Hy sal jou vertel, maar moenie vir Sy antwoord bang wees nie, want dit kom van God. 7Dit is โ€™n verheerlikte antwoord vanweรซ die  Bron, maar die Bron is waar en so ook Sy antwoord. 8Luister en moenie wat jy hoor,  bevraagteken nie, want God mislei nie. 9Hy wil hรช dat jy die egogeloof in kleinheid vervang met Sy Eie verheerlikte Antwoord op wat jy is, sodat jy kan ophou om dit in twyfel te trek en dit te ken vir wat dit is.  

1.c.

LES  121

Vergifnis is die sleutel tot geluk.

  1. Hier is die antwoord op jou soeke na vrede. 2Hier is die sleutel tot betekenis in โ€™n wรชreld wat geen sin blyk te hรช nie. 3Hier is die pad na veiligheid vir die oรซnskynlike gevare wat lyk om jou om elke hoek en draai te bedreig, en wat al jou hoop om ooit rus en vrede te vind, laat wankel. 4Hier word alle vrae beantwoord; hier word die einde van alle onsekerheid uiteindelik verseker.
  2. Die nie-vergewensgesinde geestesdenke is vol vrees, en dit bied liefde geen ruimte om homself te wees nie, geen plek waar dit in vrede sy vlerke kan uitsprei en bo die rumoer van die wรชreld kan uitstyg nie. 2Die nie-vergewensgesinde geestesdenke is bedroef, sonder enige hoop op rus en bevryding van pyn. 3Dit ly en verkeer in ellende, loer rond in duisternis sonder om te sien, maar oortuig van die gevaar wat daar skuil.
  3. Die nie-vergewensgesinde geestesdenke word deur twyfel verskeur, is verward oor homself en oor alles wat hy sien; hy is bang en kwaad, swak en raserig, bang om voort te gaan, bang om te bly, bang om wakker te word of te gaan slaap, bang vir elke geluid, maar selfs banger vir stilte; hy is doodbang vir die donker, maar nog meer vreesbevange vir naderende lig. 2Wat kan die nie-vergewensgesinde geestesdenke anders waarneem as sy verdoemenis? 3Wat kan hy sien behalwe die bewys dat al sy sonde werklik is?
  4. Die nie-vergewensgesinde geestesdenke sien geen foute nie, maar slegs sonde. 2Dit beskou die wรชreld met blinde oรซ, en gil van vrees as dit sy eie projeksies sien verskyn om die jammerlike parodie daarvan op die lewe, aan te val. 3Hy wil lewe, maar wens hy was dood. 4Hy wil vergifnis hรช, maar bespeur geen hoop nie. 5Hy wil ontsnap, maar sien geen uitweg nie omdat hy oral die sondige sien.
  5. Die nie-vergewensgesinde geestesdenke verkeer in wanhoop, sonder die vooruitsig op โ€™n toekoms wat iets anders as net meer wanhoop kan bied. 2Tog beskou hy sy oordeel van die wรชreld as onherroeplik, en sien hy nie in dat hy homself tot hierdie wanhoop veroordeel het nie. 3Hierdie geestesdenke dink dat hy nie kan verander nie, want wat hy sien, getuig van die korrektheid van sy oordeel. 4Hy vra nie, want hy dink hy weet. 5Hy bevraagteken nie, want hy is so seker dat hy reg is.
  6. Vergifnis word verwerf. 2Dit is nie eie aan die geestesdenke nie, wat nie kan sondig nie. 3Net soos sonde โ€™n idee is wat jy jouself aangeleer het, moet vergifnis ook deur jou geleer word, maar van โ€™n ander Onderwyser as jyself, Wat die ander Self in jou verteenwoordig. 4Hom leer jy hoe om die self wat jy dink jy gemaak het, te vergewe en te laat verdwyn. 5So gee jy jou geestesdenke as รฉรฉn terug aan Hom Wat jou Self is, en nooit kan sondig nie.
  7. Elke nie-vergewensgesinde geestesdenke verskaf jou โ€™n geleentheid om jou eie geestesdenke te leer hoe om homself te vergewe. 2Elkeen wag op bevryding uit die hel deur middel van jou, en wend hom tot jou smekend om die Hemel, hier en nou. 3Hy  het geen hoop nie, maar jy word sy hoop. 4En as sy hoop, word jy jou eie hoop. 5Die nie-vergewensgesinde geestesdenke moet deur jou vergifnis leer dat hy uit die hel verlos is. 6En soos jy verlossing onderrig, sal jy leer. 7Maar al jou onderrig en leer sal nie van jou af kom nie, maar van die Onderwyser Wat jou gegee was om jou die pad te wys.
  8. Ons oefen vandag om te leer om te vergewe. 2As jy gewillig is, kan jy vandag leer om die sleutel tot geluk te neem, en dit vir jouself te gebruik. 3Ons sal tien minute in die oggend en nog tien minute in die aand daaraan wy om te leer hoe om vergifnis te gee en ook hoe om vergifnis te ontvang.
  9. Die nie-vergewende geestesdenke glo nie dat gee en ontvang dieselfde is nie. 2Ons sal nogtans vandag probeer leer dat hulle รฉรฉn is, deur vergifnis te oefen op iemand wat jy as โ€™n vyand beskou, en op iemand wat jy as โ€™n vriend beskou. 3En soos jy leer om hulle beide as รฉรฉn te sien, sal ons die les na jou uitbrei, en sien dat hulle ontsnapping joune ingesluit het.
  10. Begin die langer oefenperiodes deur te dink aan iemand van wie jy nie hou nie, wat jou blyk te irriteer, of wat weersin in jou skyn op te roep as jy hom sou ontmoet, iemand wat jy daadwerklik minag, of bloot probeer om nie raak te sien nie. 2Dit maak nie saak watter vorm jou kwaadwees aanneem nie. 3Jy het hom heelwaarskynlik reeds  gekies. 4Hy is geskik.
  11. Sluit nou jou oรซ en sien hom in jou verbeelding en kyk โ€™n rukkie na hom. 2Probeer om iewers in hom โ€™n bietjie lig raak te sien; โ€™n floue skynseltjie wat jy nooit opgemerk het nie. 3Probeer om โ€™n sprankie helderheid te vind wat deur die lelike prentjie wat jy van hom het, straal. 4Kyk na hierdie beeld totdat jy iewers โ€™n lig daarin sien, en probeer dan om hierdie lig te laat uitbrei totdat dit hom heeltemal omvou, en die beeld mooi en goed maak.
  12. Kyk vir โ€™n rukkie na hierdie veranderde persepsie, en verskuif dan jou aandag na iemand wat jy as โ€™n vriend beskou. 2Probeer om die lig wat jy om jou vorige โ€œvyandโ€ leer sien het, na hom oor te dra. 3Sien hom nou as meer as โ€™n vriend vir jou, want in daardie lig wys sy heiligheid jou jou verlosser, sowel verlos en verlossend, genees en heel.
  13. Laat hom jou dan die lig skenk wat jy in hom sien, en laat jou โ€œvyandโ€ en vriend jou saam seรซn met wat jy gegee het. 2Jy is nou รฉรฉn met hulle, en hulle met jou. 3Nou is jy deur jouself vergewe. 4Vergeet die hele dag deur nie die rol wat vergifnis speel om geluk aan elkeen se nie-vergewensgesinde geestesdenke te bring nie, joune ingeslote. 5Sรช elke uur vir jouself:

6Vergifnis is die sleutel tot geluk. 7Ek sal ontwaak uit die droom dat ek kan sterf, dat ek feilbaar en vol sonde is, en ek sal weet dat ek die volmaakte Seun van God is.

1.d.

4. WAT  IS  DIE  EIENSKAPPE  VAN  GOD  SE  ONDERWYSERS?

  1. Die uiterlike kenmerke van God se onderwysers is hoegenaamd nie dieselfde nie. 2Vir die liggaam se oรซ lyk hulle nie na mekaar nie, hulle kom uit totaal verskillende agtergronde, hulle ervaring van die wรชreld verskil baie, en hulle oppervlakkige โ€œpersoonlikhedeโ€ loop heeltemal uiteen. 3En ook het hulle in die beginstadium van hulle funksie as onderwyser van God nog nie die diepere eienskappe verwerf wat hulle sal maak wat hulle is nie. 4God gee Sy onderwysers spesiale gawes, want hulle vervul โ€™n spesiale rol in Sy Versoeningsplan. 5Hulle spesiaalheid is natuurlik slegs tydelik: in die tyd geplaas as โ€™n middel om uit tyd uit te lei. 6Hierdie spesiale gawes, gebore in die heilige verhouding waarop die onderrig-leer situasie gerig is, word kenmerkend van alle onderwysers van God wat in hulle eie leerproses gevorder het. 7In hierdie opsig is hulle almal eenders.
  2. Alle verskille tussen die Seuns van God is tydelik. 2Nietemin kan gesรช word dat die gevorderde onderwysers van God in tyd die volgende eienskappe het:

I. Vertroue

  1. Dit is die grondslag waarop hulle vermoรซ om hulle funksie te vervul, berus. 2Persepsie is die resultaat van leer. 3Trouens, persepsie is leer, omdat oorsaak en gevolg nooit geskei is nie. 4Die onderwysers van God het vertroue in die wรชreld, want hulle het geleer dat dit nie regeer word deur die wette wat die wรชreld opgemaak het nie. 5Dit word regeer deur โ€™n krag wat in hulle is, maar nie van hulle nie. 6Dit is hierdie krag wat alles veilig hou. 7Dit is deur hierdie krag dat die onderwysers van God โ€™n wรชreld sien wat vergewe is.
  2. As hierdie krag eers een keer ervaar is, is dit onmoontlik om weer op jou eie onbeduidende vermoรซns te vertrou. 2Wie sou probeer om met die nietige vlerke van โ€™n mossie te vlieg as hy die magtige krag van โ€™n arend gegee is? 3En wie sou sy vertroue stel in die skamele aanbod van die ego as die gawes van God voor hom neergelรช word? 4Wat is dit wat hulle die skuif laat maak?
  1. Die ontwikkeling van vertroue
  • Eerstens moet hulle deur โ€™n periode gaan wat โ€œโ€™n tyd van ongedaanmakingโ€ genoem kan word. 2Dit hoef nie pynlik te wees nie, maar word gewoonlik so ervaar. 3Dit kom voor asof dinge weggeneem word, en aanvanklik word selde begryp dat die gebrek aan waarde van hierdie dinge bloot ingesien word. 4Hoe kan โ€™n gebrek aan waarde waargeneem word tensy die waarnemer in โ€™n posisie is waar hy dinge in โ€™n ander lig mรณรฉt sien? 5Hy is nog nie op die punt waar hy innerlik die skuif volkome kan maak nie. 6En dus sal die plan soms veranderinge vra in wat uiterlike omstandighede blyk te wees. 7Hierdie veranderinge is altyd behulpsaam. 8Wanneer die onderwyser van God dit eenmaal geleer het, gaan hy voort met die tweede fase.
  • Vervolgens moet die onderwyser deur โ€œโ€™n periode van uitsorteringโ€ gaan. 2Dit is altyd ietwat moeilik, want, noudat hy geleer het dat die veranderinge in sy lewe altyd behulpsaam is, moet hy voortaan oor alle dinge besluit op grond van die vraag of hulle die behulpsaamheid bevorder of belemmer. 3Hy sal ontdek dat baie, indien nie die meeste van die dinge wat hy voorheen van waarde geskat het nie, slegs sy vermoรซ belemmer om wat hy geleer het oor te dra na nuwe situasies, wanneer hulle opduik. 4Omdat hy waarde geheg het aan wat in werklikheid waardeloos is, sal hy nie die les veralgemeen nie uit vrees vir verlies en opoffering. 5Dit verg besondere leerwerk om te begryp dat alle dinge, gebeure, ontmoetings, en omstandighede behulpsaam is. 6Slegs in die mate waarin hulle behulpsaam is, kan daar in hierdie wรชreld van illusies enige graad van werklikheid aan hulle toegeken word. 7Die woord โ€œwaardeโ€ kan op niks anders toegepas word nie.
  • Die derde fase waardeur die onderwyser van God moet gaan, kan โ€œโ€™n periode van laatvaardingโ€ genoem word. 2As dit geรฏnterpreteer word as die opgee van wat begeerlik is, sal dit enorme konflik veroorsaak. 3Min onderwysers van God spring dit heeltemal vry. 4Dit het egter geen sin om die waardevolle van die waardelose uit te sorteer, as die volgende voor die hand liggende stap nie geneem word nie. 5Daarom is die periode van oorvleueling geneig om een te wees waarin die onderwyser van God hom geroepe voel om sy eie beste belange op te offer ten gunste van die waarheid. 6Hy het nog nie besef hoe volkome onmoontlik so โ€™n eis sou wees nie. 7Hy kan dit alleenlik  leer as hy daadwerklik die waardelose opgee. 8Hierdeur leer hy dat waar hy droefheid verwag het, hy โ€™n blye lughartigheid in plaas daarvan ontdek, en waar hy gedink het dat iets van hom gevra was, hy agterkom dat โ€™n geskenk aan hom gegee word. 
  • Nou volg โ€œโ€™n periode van stabiliseringโ€. 2Dit is โ€™n stil tyd, waartydens die onderwyser van God โ€™n rukkie in vrede rus. 3Nou konsolideer hy wat hy geleer het. 4Nou begin hy die oordragswaarde sien van wat hy geleer het. 5Die moontlikhede hiervan is letterlik verstommend, en die onderwyser van God het nou op die punt in sy vordering gekom waar hy daarin sy volledige toekomspad sien. 6โ€œGee op wat jy nie wil hรช nie, en behou wat jy wil hรช.โ€ 7Hoe eenvoudig is die voor die hand liggende nie! 8En hoe maklik om te doen! 9Die onderwyser van God het hierdie tydperk van verposing nodig. 10Hy het nog nie so ver gekom as wat hy dink nie. 11Maar wanneer hy gereed is om voort te gaan, loop hy met magtige metgeselle langs hom. 12 Nou rus hy โ€™n tydjie, en versamel hulle voordat hy voortgaan. 13Hy sal nie van hier af alleen voortgaan nie.
  • Die volgende fase is voorwaar โ€œโ€™n periode van onbestendigheidโ€. 2Nou moet die onderwyser van God begryp dat hy nie werklik geweet het wat waardevol en wat waardeloos was nie. 3Al wat hy tot dusver werklik geleer het, is dat hy nie die waardelose wou hรช nie, en dat hy die waardevolle wel wou hรช. 4Maar om hom die verskil te leer, was sy eie uitsortering van geen betekenis nie. 5Die idee van opoffering, wat so sentraal staan in sy eie denksisteem, het dit vir hom onmoontlik gemaak om te oordeel. 6Hy het gedink dat hy gewilligheid geleer het, maar nou sien hy dat hy nie weet waarvรณรณr die gewilligheid is nie. 7En nou moet hy โ€™n toestand bereik wat vir โ€™n lang tyd onbereikbaar bly. 8Hy moet leer om alle oordeel te laat vaar, en alleenlik te vra wat hy werklik in elke situasie wil hรช. 9As dit nie so was dat elke stap in hierdie rigting so nadruklik versterk was nie, sou dit inderdaad moeilik wees!
  • En ten slotte is daar โ€œโ€™n periode van voltooiingโ€. 2Hier word wat geleer was, gekonsolideer. 3Wat vroeรซr gesien was as skadubeelde, word nou soliede wins, waarop sowel in alle tye van nood, as in rustige tye gereken kan word. 4Die rustigheid is inderdaad die resultaat daarvan: die vrug van opregte leer, van konsekwente denke en volledige oordrag. 5Dit is die fase van werklike vrede, want hier word die hemelse staat ten volle weerspieรซl. 6Hiervandaan is die pad na die Hemel oop en maklik. 7Trouens, dit is hier. 8Wie sou รชrens โ€œheenโ€ gaan as vrede van geestesdenke alreeds volkome is? 9En wie sou probeer om die rustigheid te ruil vir iets meer begeerliks? 10Wat sou nog begeerliker kon wees?

II. Eerlikheid

  1. Al die ander eienskappe van God se onderwysers berus op vertroue. 2Sodra dit eenmaal verwerf is, kan die ander nie anders as om te volg nie. 3Slegs hulle wat vertrou, kan vir hulle eerlikheid veroorloof, want slegs hulle kan die waarde daarvan sien. 4Eerlikheid geld nie net vir wat jy sรช nie. 5Die term beteken wesenlik konsekwentheid. 6Niks wat jy sรช, is in teenspraak met wat jy dink of doen nie; nie een enkele gedagte weerspreek โ€™n ander nie, geen daad weerspreek jou woord nie, en iedere woord bevestig die ander. 7Sรณ is hulle wat waarlik eerlik is. 8Op geen vlak is hulle in konflik met hulleself nie. 9Daarom is dit vir hulle onmoontlik om in konflik met enigeen of enigiets te wees.
  2. Die vrede van geestesdenke wat die gevorderde onderwysers van God ervaar, is hoofsaaklik te danke aan hulle volmaakte eerlikheid. 2Dit is alleenlik die begeerte om te mislei, wat tot stryd lei. 3Niemand wat รฉรฉn met homself is, kan hom konflik eers voorstel nie. 4Konflik is die onvermydelike gevolg van selfmisleiding, en selfmisleiding is oneerlikheid. 5Daar is nie โ€™n uitdaging vir โ€™n onderwyser van God nie. 6Uitdaging impliseer twyfel, en die vertroue waarop God se onderwysers veilig rus, maak twyfel onmoontlik. 7Daarom kan hulle alleen maar slaag. 8Hierin, soos in alle dinge, is hulle eerlik. 9Hulle kan alleen slaag, want hulle volg nooit hulle eie wil allรฉรฉn nie. 10Hulle kies vir die hele mensdom, vir die hele wรชreld en alles daarin, vir wat agter uiterlike vorme onveranderlik en onveranderbaar is, en hulle kies vir die Seun van God en sy Skepper. 11Hoe sou hulle nie kan slaag nie? 12Hulle kies in volmaakte eerlikheid, so seker van hulle keuse soos van hulleself.

III. Verdraagsaamheid

  1. God se onderwysers oordeel nie. 2Om te oordeel, beteken om oneerlik te wees, want om te oordeel, beteken om โ€™n posisie in te neem wat jy nie het nie. 3Oordeel sonder selfmisleiding, is onmoontlik. 4Oordeel impliseer dat jy in jou broers teleurgesteld is.  5Hoe sou jy dan nie in jouself teleurgesteld kon wees nie? 6Oordeel impliseer โ€™n gebrek aan vertroue, en vertroue bly die hoeksteen van die hele denksisteem van die onderwyser van God. 7Laat dit verlore gaan, en alles wat hy geleer het, verdwyn. 8Sonder oordeel is alles ewe aanvaarbaar, want wie kan dan รกnders oordeel? 9Sonder oordeel is alle mense broers, want wie staan alleen? 10Oordeel vernietig eerlikheid en verpletter vertroue. 11Geen onderwyser van God kan oordeel en hoop om te leer nie.

IV. Sagmoedigheid

  1. Om iemand kwaad aan te doen, is vir God se onderwysers onmoontlik. 2Hulle kan nรณg kwaad aandoen, nรณg kwaad aangedoen word. 3Kwaad aandoen, is die resultaat van oordeel. 4Dit is die oneerlike daad wat volg op โ€™n oneerlike gedagte. 5Dit is โ€™n vonnis van skuld wat uitgespreek word oor โ€™n broer, en daarom oor jouself. 6Dit is die einde van vrede en die weiering om te leer. 7Dit bewys die afwesigheid van God se leerplan, en die vervanging daarvan deur waansin. 8Daar is geen onderwyser van God wat nie moet leer nie โ€“ en dit taamlik vroeg in sy opleiding – dat om kwaad aan te doen, sy funksie heeltemal uit sy bewussyn wis. 9Dit sal hom verward, bang, kwaad en agterdogtig maak. 10Dit sal die Heilige Gees se lesse onmoontlik maak om te leer. 11Ook kan God se Onderwyser nie in die minste gehoor word nie, behalwe deur diegene wat besef dat met kwaad in werklikheid niks bereik kan word nie. 12Daar kan niks mee gewen word nie.
  2. Daarom is God se onderwysers volkome sagmoedig. 2Hulle het die krag van sagmoedigheid nodig, want juis hierdeur word die funksie van verlossing vergemaklik. 3Vir diegene wat kwaad wil aandoen, is dit onmoontlik. 4Vir diegene vir wie kwaad aandoen geen betekenis het nie, is dit bloot iets natuurliks. 5Watter ander keuse behalwe hierdie een het meer betekenis vir hulle wat innerlik gesond is? 6Wie kies die hel as hy โ€™n pad na die Hemel sien? 7En wie sou die swakheid kies wat uit kwetsing moet kom, in plek van die onfeilbare, alomvattende en grenslose krag van sagmoedigheid? 8Die mag van God se onderwysers lรช in hulle sagmoedigheid, want hulle het begryp dat hulle bose gedagtes nรณg van God se Seun nรณg van sy Skepper afkomstig was. 9Dus het hulle hulle gedagtes verenig met Hom Wat hulle Bron is. 10En so is hulle wil, wat altyd van Homself was, vry om homself te wees.

V. Vreugde

  1. Vreugde is die onvermydelike gevolg van sagmoedigheid. 2Sagmoedigheid beteken dat vrees nou onmoontlik is, en wat sou daar nog kon wees om die vreugde te versteur? 3Die oop hande van sagmoedigheid is altyd gevul. 4Die sagmoediges het geen pyn nie. 5Hulle kan nie ly nie. 6Waarom sou hulle nie vreugdevol wees nie? 7Hulle is seker dat hulle bemin word en altyd veilig sal wees. 8Vreugde gaan saam met sagmoedigheid so seker as wat droefheid aanval vergesel. 9God se onderwysers vertrou op Hom. 10En hulle is seker dat Sy Onderwyser hulle vooruit loop, en verseker dat hulle geen kwaad kan oorkom nie. 11Hulle besit Sy gawes en volg Sy pad, want God se Stem lei hulle in alles. 12Vreugde is hulle danklied. 13En Christus kyk ook in dank op hulle neer. 14Sy behoefte aan hulle is net so groot as hulle sโ€™n vir Hom. 15Hoe vreugdevol is dit nie om die doel van verlossing met mekaar te deel nie!

VI. Verdedigingsloosheid

  1. God se onderwysers het geleer hoe om eenvoudig te wees. 2Hulle het geen drome wat teen die waarheid verdedig hoef te word nie. 3Hulle probeer nie om hulleself te maak nie. 4Hulle vreugde kom voort uit hulle insig omtrent Wie hulle geskep het. 5En benodig dit wat God geskep het verdediging? 6Niemand kan โ€™n gevorderde onderwyser van God word solank hy nie ten volle begryp dat alle vorme van verdediging slegs dwase bewakers van waansinnige illusies is nie. 7Hoe grotesker die droom is, hoe feller en magtiger blyk die verdediging daarvan te wees. 8Maar wanneer die onderwyser van God uiteindelik instem om daaragter te kyk, ontdek hy dat daar niks was nie. 9Aan die begin gaan dit maar moeilik om hom nie meer te laat mislei nie. 10Maar hy leer vinniger namate sy vertroue toeneem. 11Dit is nie gevaar wat aankom as verdediging laat vaar word nie. 12Dit is veiligheid. 13Dit is vrede. 14Dit is vreugde. 15En dit is God. 

VII. Vrygewigheid

  1. Die term vrygewigheid het vir die onderwyser van God besondere betekenis. 2Dit is nie die gebruiklike betekenis van die woord nie; dit is trouens โ€™n betekenis wat geleer en baie versigtig geleer moet word. 3Soos al die ander kenmerke van God se onderwysers berus hierdie een uiteindelik op vertroue, want sonder vertroue kan niemand in die ware sin van die woord vrygewig wees nie. 4Vir die wรชreld beteken vrygewigheid โ€œweggeeโ€ in die sin van โ€œopgeeโ€. 5Vir die onderwysers van God beteken dit weggee om te kan behou. 6Dit word dwarsdeur die hele teks en werkboek beklemtoon, maar is miskien vir die denke van die wรชreld vreemder as baie ander idees in ons leerstof. 7Die groter vreemdheid daarvan lรช bloot in die voor die hand liggende feit dat dit die denke van die wรชreld omkeer. 8Op die duidelikste moontlike manier en op die eenvoudigste vlak beteken die woord vir die onderwysers van God presies die teenoorgestelde as vir die wรชreld.
  2. Die onderwyser van God is vrygewig uit Selfbelang. 2Dit verwys egter nie na die self waarvan die wรชreld praat nie. 3Die onderwyser van God wil nie iets hรช wat hy nie kan weggee nie, want hy besef dat dit vir hom per definisie waardeloos sou wees. 4Waarvรณรณr sou hy dit wil hรช? 5Hy kan alleenlik daardeur verloor. 6Hy kan niks daardeur wen nie. 7Daarom soek hy nie na wat hy alleen kan behou nie, want dit is โ€™n waarborg vir verlies. 8Hy wil nie ly nie. 9Waarom sou hy hom van pyn verseker? 10Maar hy wil wel vir hom alle dinge behou wat van God af kom, en daarom vir Sy Seun bestem is. 11Dรญt is die dinge wat aan hom behoort. 12Diรฉ kan hy in ware vrygewigheid weggee, waardeur hy hulle vir ewig vir homself bewaar.

VIII. Geduld

  1. Diegene wat seker van die uitkoms is, kan hulle veroorloof om te wag, en wel sonder om onrustig te wees. 2Geduld is vir die onderwyser van God vanselfsprekend. 3Al wat hy sien, is โ€™n gewisse uitkoms, miskien op โ€™n tydstip wat vir hom nog onbekend is, maar waaroor geen twyfel bestaan nie. 4Die tyd sal ewe reg wees as die antwoord. 5En dit is waar vir alles wat nou of in die toekoms gebeur. 6Ook die verlede bevat geen foute nie, niks wat nie tot voordeel van die wรชreld gedien het nie en ook niks wat nie tot voordeel gedien het van hulle wat lyk asof hulle die slagoffers van foute was nie.  7Miskien was dit destyds nie begryp nie. 8Nietemin is die onderwyser van God gewillig om al sy besluite uit die verlede te heroorweeg. 9Geduld is vanselfsprekend vir die wat vertrou. 10Verseker van die finale interpretasie van alle dinge in tyd, kan geen gebeurlikheid wat nou al gesien word of nog moet kom, vir hulle vrees inboesem nie. 

IX. Trou

  1. Die mate van trou van die onderwyser van God is die maatstaf vir sy vordering in die leerplan. 2Kies hy nog steeds sekere aspekte van sy lewe uit om van te leer, terwyl hy ander buite rekening laat? 3Indien wel, is sy vordering beperk, en sy vertroue nog nie stewig gevestig nie. 4Trou is die onderwyser van God se vertroue in die Woord van God om alle dinge reg te stel, nie sommige nie, maar almal. 5Gewoonlik geld sy trou aanvanklik vir slegs enkele probleme, en bly hy โ€™n tyd lank versigtig daartoe beperk. 6Om alle probleme oor te gee aan een Antwoord beteken om die denke van die wรชreld heeltemal om te keer. 7En dit alleen is trou. 8Niks anders verdien werklik die naam nie. 9Nogtans is elke graad van trou, hoe klein ook al, werd om bereik te word. 10Bereidwilligheid is, soos die teks dit stel, nog nie meesterskap nie.  
  2. Ware trou wyk egter nie af van die weg nie. 2Omdat dit konsekwent is, is dit volkome eerlik. 3Omdat dit onwankelbaar is, is dit vol vertroue. 4Omdat dit gebaseer is op onbevreesdheid, is dit sagmoedig. 5Omdat dit seker is, is dit vreugdevol. 6En omdat dit vol selfvertroue is, is dit verdraagsaam. 7Trou kombineer dan ook die ander kenmerke van God se onderwysers. 8Dit impliseer aanvaarding van die Woord van God en Sy definisie van Sy Seun. 9Dit is op Hulle dat trou in die ware sin van die woord altyd gerig word. 10Trou kyk na Hulle en soek tot hy vind. 11Verdedigingsloosheid gaan van nature met trou saam, en vreugde is die wesenlike staat waarin hy verkeer. 12En wanneer hy gevind het, rus hy in stille sekerheid alleen op dรญt wat alle trou verdien.

X. Oopheid van geestesdenke

  1. Die sentrale plek wat oop geestesdenke inneem, miskien die laaste van die kenmerke wat die onderwyser van God verwerf, word maklik begryp wanneer die verwantskap daarvan met vergifnis ingesien word. 2Oop geestesdenke ontstaan wanneer oordeel agterweรซ bly. 3Net soos oordeel die geestesdenke vir God se Onderwyser toemaak, so nooi openheid van geestesdenke Hom om in te kom. 4Net soos veroordeling die Seun van God as boos oordeel, so laat oop geestesdenke toe dat hy beoordeel word deur die Stem wat namens God in Sy Naam spreek. 5Net soos die projeksie van skuld op die Seun van God hom na die hel stuur, so laat oop geestesdenke Christus se beeld na hom uitbrei. 6Alleen hulle wat oop van geestesdenke is, kan vrede hรช, want alleen hulle sien redes daartoe.
  2. Hoe vergewe hulle wat oop van geestesdenke is? 2Hulle het alles wat in die pad van vergifnis staan, laat vaar. 3Hulle het die wรชreld in der waarheid opgegee, en dit aan hulle laat teruggee in โ€™n nuutheid en vreugde so glorieryk dat hulle so โ€™n verandering vir hulleself nooit sou kon voorstel nie. 4Niks is nou soos dit vroeรซr was nie. 5Daar is niks wat voorheen so saai en leweloos gelyk het, wat nou nie sprankel nie. 6En bowenal is alles uitnodigend, want bedreiging is weg. 7Daar is geen wolke meer om die gesig van Christus te verberg nie. 8Die doel is nou bereik. 9Vergifnis is die einddoel van die leerplan. 10Dit  berei die weg voor vir dit wat leer ver te bowe gaan.  11Die leerplan wend nie โ€™n poging aan om die ware doel daarvan te oorskry nie. 12Vergifnis is al waarna gestreef word, en in hierdie doelwit kom alle leer uiteindelik bymekaar. 13Dit is inderdaad voldoende.
  • Jy het miskien opgemerk dat die lys van kenmerke van God se onderwysers nie dinge insluit wat die Seun van God se erfenis is nie. 2Terme soos liefde, sondeloosheid, volmaaktheid, kennis en ewige waarheid kom nie in diรฉ verband voor nie. 3Hulle sou hier hoogs onvanpas wees. 4Wat God gegee het, gaan ons leerplan so ver te bowe dat leer in die teenwoordigheid daarvan net verdwyn. 5Maar terwyl die teenwoordigheid daarvan versluier bly, kom die fokus tereg die leerplan toe. 6Dit is die funksie van God se onderwysers om ware leer na die wรชreld uit te dra. 7Streng gesproke is dit afleer wat hulle uitdra, want dรญt is in die wรชreld โ€œware leerโ€. 8Dit is aan die onderwysers van God gegee om die blye tyding van totale vergifnis aan die wรชreld te bring. 9Salig is hulle inderdaad, want hulle is die bringers van verlossing.

1.e.

1. GEESTESDENKE – GEES

  1. Die term geestesdenke (Engels mind) word gebruik om die aktiverende deel of beginsel van die gees (Engels spirit) weer te gee, wat die gees van skeppende energie voorsien.  2Wanneer die term met โ€™n hoofletter geskryf is, verwys dit na God of Christus (d.w.s. die Geestesdenke van God of die Geestesdenke van Christus). 3Gees is die Gedagte van God (Engels the Thought of God) wat Hy na Sy gelykenis geskep het. 4Die gees wat verenig is, is God se enige Seun, of Christus.
  2. Omdat die geestesdenke gesplete is, kom dit in hierdie wรชreld voor asof die Seuns van God geskei is. 2Ook lyk dit of hulle geestesdenke nie verbind is nie. 3In hierdie toestand van illusie lyk dit of die konsep van โ€œโ€™n individu se geestesdenkeโ€ betekenis het. 4Dit word daarom in die kursus beskryf asof hy uit twee dele bestaan: gees en ego.
  3. Die gees is die deel wat nog steeds in kontak met God is deur die Heilige Gees, wat in hierdie deel bly, maar die ander deel eweneens sien. 2Die term โ€œsielโ€ word nie gebruik nie, behalwe in direkte bybelaanhalings, vanweรซ die hoogs kontroversiรซle aard daarvan. 3Dit sou egter โ€™n ekwivalent kon wees vir โ€œgeesโ€, met dien verstande dat hy, aangesien hy van God is, ewig is en nooit gebore was nie.
  4. Die ander deel van die geestesdenke is geheel en al denkbeeldig en veroorsaak slegs illusies. 2Die gees behou die potensiaal om te skep, maar sy Wil, wat God se Wil is, blyk gevange gehou te wees solank die geestesdenke nie verenig is nie. 3Die skepping gaan onversteurd voort, want dit is die Wil van God. 4Hierdie Wil is altyd verenig en het daarom geen betekenis in hierdie wรชreld nie. 5Dit ken geen teenoorgestelde en geen gradering nie.
  5. Die geestesdenke kan reg of verkeerd gerig wees, afhangende van die stem waarna dit luister. 2Die regte geestesdenke (Engels right-mindedness)luister na die Heilige Gees, vergewe die wรชreld, en sien in plaas daarvan met die visie van Christus die werklike wรชreld. 3Dit is die finale visie, die laaste persepsie, die toestand waarin God Self die finale stap neem. 4Hier eindig sowel tyd as illusies.
  6. Die verkeerde geestesdenke (Engels wrong-mindedness)luister na die ego en maak illusies, neem sonde waar,  regverdig woede, en sien skuld, siekte en die dood as werklik. 2Sowel hierdie wรชreld as die werklike wรชreld is illusies, want die regte geestesdenke kyk eenvoudig daar verby, of vergewe dit wat nooit plaasgevind het nie. 3Daarom is dit nie die ร‰รฉnheid van geestesdenke (Engels One-mindedness)van die Christus-Geestesdenke nie, Wie se Wil รฉรฉn met die van God  is.
  7. In hierdie wรชreld is die enigste oorblywende vryheid die vryheid van keuse: altyd tussen twee keuses of twee stemme. 2Die wil is nie betrokke by persepsie op enige vlak nie, en het niks met keuse te doen nie. 3Die bewuste (Engels consciousness)is die ontvangsmeganisme, wat boodskappe van bo of onder ontvang; van die Heilige Gees of die ego. 4Die bewuste het vlakke en bewustheid kan heel dramaties verskuiwe, maar dit kan nie die terrein van persepsie te bowe gaan nie. 5Op sy beste word die bewuste van die werklike wรชreld bewus, en dit kan geoefen word om dit in toenemende mate te doen.  6Maar die einste feit dat dit vlakke het en geoefen kan word, bewys dat dit nie kennis kan bereik nie.