Welkom by ’n Reis van Innerlike Wonders

As jy hier is, soek jy waarskynlik na ’n dieper vrede of ’n nuwe manier van kyk na die wêreld en jouself.

My naam is Henri Theron, en my passie is om studente van ’n Kursus in Wonders te ondersteun op hul pad na innerlike vryheid. Na jare se fasilitering en vertaling van hierdie ryk teks, fokus ek daarop om jou as individu te begelei. Of jy nou vasval met die teoretiese aspekte van die teks, of sukkel om die beginsels van vergifnis en liefde in jou daaglikse lewe toe te pas, ek bied ’n veilige ruimte vir ontdekking.

Hierdie webwerf is ’n uitnodiging om die verskuiwing in geestesdenke (mind) te maak wat nodig is om vrees te vervang met vrede. Kom ons verken saam die wonders wat op jou wag.

Onderrig & voorligting

Henri help graag om studente wat die Kursus bestudeer te onderrig en te ondersteun.

hulpbronne

Organisasies, webwerwe, boeke, video’s, ens. beskikbaar wat die Kursus aanbied en interpreteer.

LEES DIE KURSUS AANLYN

Die Kursus is ‘n selfstudieprogram wat ontwerp is om ons wakker te maak tot die waarheid van ons éénheid met God en Liefde.

Wat is n Kursus in Wonders?

n Pad na Innerlike Vrede

’n Kursus in Wonders is ’n universele spirituele selfstudie-program wat daarop gemik is om ons ervaring van die wêreld te transformeer deur ons geestesdenke (minds) te verander oor Wie en Wat ons in werklikheid is. Dit het in 1965 ontstaan deur ’n proses van innerlike diktaat en kan beskou word as ’n vorm van “spirituele psigoterapie”. Die Kursus kombineer diepgaande sielkundige insigte met universele spirituele waarhede, en hoewel dit Christelike terminologie gebruik, fokus dit op ’n universele ervaring van liefde.

“Die kursus beoog nie om die betekenis van liefde te onderrig nie, want die liefde is verhewe bo wat onderrig kan word. Dit beoog egter wel om die struikelblokke te verwyder tot die bewustheid van die aanwesigheid van liefde, wat jou natuurlike erfenis is.” (Inleiding tot ‘n Kursus in Wonders)

Dit leer dat ons nie van mekaar of van God geskei is nie, en bied ’n weg om uit die “droom” van vrees en skuld te ontwaak.

Die Struktuur en Praktiese Toepassing

Die Kursus is uniek in sy praktiese benadering en bestaan uit vier dele: ’n Teks wat die teoretiese grondslag lê, ’n Werkboek vir Studente met 365 daaglikse lesse, ’n Handleiding vir Onderwysers en ‘n Verklaring van Terme. Die doel van hierdie struktuur is nie bloot om nuwe inligting aan te leer nie, maar om die student se geestesdenke stelselmatig te verander. Die daaglikse lesse verg nie lang periodes van afsondering nie, maar vra eerder ’n gewilligheid om elke oordeel oor die wêreld te bevraagteken en te leer om dinge anders te sien – deur die oë van God.

Die Krag van Vergifnis en Wonders

Die kern van die Kursus is die beoefening van vergifnis, wat binne hierdie konteks beteken om in te sien dat ons nie geskei kan wees van God nie, en dat sonde wat ons in ander sien, geen werklikheid het nie. In die aanwesigheid van Dit wat volkome is, kan daar tog nie onvolkomenheid bestaan nie! Deur hierdie verandering in persepsie en die opgee van ons ego’s se interpretasies, oordele, analises, evaluasies vind daar ‘n verskuiwing plaas in ons geestesdenke. En dit is wat ‘n wonder in werklikheid is en beteken binne die konteks van die Kursus. Dit leer ons om op ons innerlike Gids te vertrou en ons verhoudings te gebruik as waardevolle geleenthede vir genesing. Uiteindelik lei dit ons terug na die erkenning van ons éénheid met God en ons ware funksie: om alleenlik liefde te onderrig.

As jy gereed is om jou persepsie te verander en die wonder van innerlike genesing te ervaar, nooi ek jou uit om met my kontak te maak.