{"id":32,"date":"2026-04-16T10:31:41","date_gmt":"2026-04-16T10:31:41","guid":{"rendered":"https:\/\/nkiw.org\/?page_id=32"},"modified":"2026-05-28T10:26:32","modified_gmt":"2026-05-28T10:26:32","slug":"vertalings","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/nkiw.org\/en\/vertalings\/","title":{"rendered":"Translations"},"content":{"rendered":"<div style=\"height:100px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-buttons is-horizontal is-content-justification-center is-layout-flex wp-container-core-buttons-is-layout-ee6d692b wp-block-buttons-is-layout-flex\" style=\"margin-top:0;margin-bottom:0;padding-top:var(--wp--preset--spacing--20);padding-right:var(--wp--preset--spacing--20);padding-bottom:var(--wp--preset--spacing--20);padding-left:var(--wp--preset--spacing--20)\">\n<div class=\"wp-block-button popmake-1076\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 100%)\">Glossarium van die Kursus<\/a><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-button popmake-1079\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 100%)\">Oor \u2018n Kursus in Wonders \u2013 Greta Endeavor<\/a><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-button popmake-1082\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 100%)\">Die ewige wysheid van \u2018n Kursus in Wonders \u2013 Roger Walsh<\/a><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-button popmake-1085\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 100%)\">Hoe kon die skeiding plaasgevind het&nbsp;<em>(Mees gevraagde vrae)<\/em><\/a><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-button popmake-1088\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 100%)\">\u2018n Kursus in Oorsaak en nie Gevolg \u2013 Allen Watson<\/a><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-button popmake-1091\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 99%)\">Hoe eenvoudig is verlossing nie \u2013 Daan Dehn<\/a><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-button popmake-1168\"><a class=\"wp-block-button__link has-background wp-element-button\" style=\"background:linear-gradient(135deg,rgb(223,189,105) 0%,rgb(146,111,52) 99%)\">Vergewe die een wat mishandel \u2013 Ken Wapnick<\/a><\/div>\n<\/div>\n\n\n\n<div style=\"height:40px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-alpha-channel-opacity\"\/>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>1. Voorbeelde van vertalings uit die Kursus<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">a. Inleiding (Wat die Kursus s\u00ea)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">      b. Teks (Die Aanvaarding van die Versoening &#8211; Hoofstuk 9)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">c. Werkboek vir Studente (Vergifnis is die sleutel tot geluk &#8211; Les 121)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">      d.  Handleiding vir Onderwysers (Wat is die Eienskappe van God se  Onderwysers?)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">      e. Verklaring van Terme (Geestesdenke &#8211; Gees)<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>2. Bestaande  artikels en materiaal oor die Kursus. Dit sal in die toekoms aangevul word.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<hr class=\"wp-block-separator has-alpha-channel-opacity\"\/>\n\n\n\n<div style=\"height:33px\" aria-hidden=\"true\" class=\"wp-block-spacer\"><\/div>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong> 1.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Voorbeelde van vertalings uit die Kursus<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1.a<\/strong>.<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading has-text-align-center\"><strong>Wat die Kursus s\u00ea<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><em>Niks wat werklik is, kan bedreig word nie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><em>Niks wat onwerklik is, bestaan nie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><em>Hierin l\u00ea die vrede van God.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So begin <em>\u2019n Kursus in wonders<\/em>. Dit maak \u2019n fundamentele onderskeid tussen die werklike en die onwerklike, tussen kennis en persepsie. Kennis is waarheid, onderhewig aan een wet, die wet van liefde of van God. Die waarheid is onveranderlik, ewig en ondubbelsinnig. Dit kan onopgemerk bly, maar nie verander word nie. Dit geld vir alles wat God geskep het, en alleen wat Hy geskep het, is werklik. Dit gaan wat geleer kan word te bowe, want dit l\u00ea buite bereik van tyd en prosesse. Dit het geen teenoorgestelde nie, geen begin en geen einde nie. Dit <em>is <\/em>eenvoudig net.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die w\u00eareld van persepsie, aan die ander kant, is die w\u00eareld van tyd, van verandering, van begin en einde. Dit is op interpretasie gebaseer, nie op feite nie. Dit is \u2019n w\u00eareld van geboorte en dood, gegrond op die geloof in skaarste, verlies, skeiding en dood. Dit word aangeleer eerder as gegee, is selektief en fragmentaries in sy persepsie, onstabiel in sy funksionering, en onakkuraat in sy interpretasies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Vanuit kennis en persepsie spruit respektiewelik twee verskillende denksisteme voort wat in alle opsigte teenoorgesteld is. Op die terrein van kennis bestaan daar geen gedagtes apart van God nie, want God en Sy Skepping deel een Wil. Die w\u00eareld van persepsie is egter gemaak deur die geloof in teenoorgesteldes en die geloof in meer as een wil, in ewigdurende konflik met mekaar en met God. Wat persepsie sien en hoor, kom voor om werklikheid te wees, want dit laat alleen in die bewussyn toe dit wat ooreenkom met die wense van die waarnemer. Dit lei tot \u2019n w\u00eareld van illusies, \u2019n w\u00eareld wat voortdurend verdedig moet word juis <em>omdat <\/em>dit nie werklik is nie.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Wanneer jy vasgevang is in die w\u00eareld van persepsie, is jy vasgevang in \u2019n droom. Jy kan nie sonder hulp ontsnap nie, want alles wat jou sintuie jou wys, getuig bloot van die werklikheid van die droom. God verskaf die Antwoord, die enigste Uitweg, die ware Helper. Dit is die funksie van Sy Stem, Sy Heilige Gees, om tussen die twee w\u00earelde te bemiddel. Hy kan dit doen omdat Hy aan die een kant die waarheid ken en aan die ander kant ook ons illusies herken, maar sonder om daarin te glo. Dit is die Heilige Gees se doel om ons te help ontsnap uit die droomw\u00eareld deur ons te leer hoe om ons denke om te keer en ons foute af te leer. Vergifnis is die Heilige Gees se groot leermiddel om hierdie ommekeer in denke teweeg te bring. Die Kursus het egter sy eie definisie van wat vergifnis werklik is, net soos hy die w\u00eareld op sy eie manier definieer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die w\u00eareld wat ons sien, weerspie\u00ebl bloot ons eie innerlike verwysingsraamwerk: die dominante idees, wense en emosies in ons geestesdenke (Engels: <em>mind<\/em>). \u201cProjeksie maak persepsie\u201d (T-13.V.3:5; T-21.Inl.1:1). Ons kyk eers na binne, besluit watter soort w\u00eareld ons wil sien en projekteer dan daardie w\u00eareld na buite en maak dit die waarheid <em>soos ons dit sien<\/em>. Ons maak dit waar deur ons interpretasies van dit wat ons sien. As ons persepsie gebruik om ons eie foute te regverdig &#8211; ons woede, ons neiging om aan te val, ons gebrek aan liefde in watter vorm ook al &#8211; sal ons \u2019n w\u00eareld sien van boosheid, verwoesting, kwaadwilligheid, jaloesie en wanhoop. Ons moet leer om dit alles te vergewe, nie omdat ons \u201cgoed\u201d en \u201clief\u201d is nie, maar omdat dit wat ons sien, nie waar is nie. Ons het die w\u00eareld met ons verwronge verdedigingsmeganismes verdraai, en sien daarom wat nie daar is nie. Soos ons leer om ons perseptuele foute te herken, leer ons ook om daaraan verby te kyk of&nbsp; te \u201cvergewe\u201d. Terselfdertyd vergewe ons onsself, en kyk verby ons verwronge selfbeeld na die Self wat God in ons en as ons geskep het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Sonde word gedefinieer as die \u201cgebrek aan liefde\u201d (T-1.IV.3:1). Aangesien liefde al is wat bestaan, is sonde in die o\u00eb van die Heilige Gees \u2019n fout wat gekorrigeer moet word, eerder as \u2019n euwel wat gestraf moet word. Ons gevoel van ontoereikendheid, swakheid en onvolledigheid spruit uit \u2019n sterk belegging&nbsp; in die \u201cskaarste beginsel\u201d wat die hele w\u00eareld van illusies regeer. Vanuit daardie oogpunt soek ons in ander wat ons voel in ons tekortskiet. Ons het iemand anders \u201clief\u201d om s\u00e9lf iets te kry. Dit is trouens wat in ons droomw\u00eareld vir liefde deurgaan. Daar is geen groter fout nie, want liefde is nie in staat om enigiets te vra nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Slegs geestesdenke kan werklik met mekaar verbind, en wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie (T-17.III.7:3). Dit is egter slegs op die vlak van die Christus Geestesdenke dat ware eenheid moontlik is, en in werklikheid nooit verlore gegaan het nie. Die \u201cklein ek\u201d probeer om homself te vergroot deur eksterne goedkeuring, eksterne besittings en eksterne \u201cliefde\u201d. Die Self wat God geskep het, het niks nodig nie. Dit is vir ewig volledig, veilig, bemind en liefderyk. Dit streef daarna om te deel eerder as om te kry, om uit te brei eerder as om te projekteer. Dit het geen behoeftes nie en wil met andere verbind vanuit \u2019n wedersydse bewussyn van oorvloed.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die spesiale verhoudings van die w\u00eareld is afbrekend, selfsugtig en kinderlik egosentries. Maar, as hulle vir die Heilige Gees gegee word, kan hierdie verhoudings die heiligste ter w\u00eareld word &#8211; die wonders wat die pad terug Hemel toe aandui. Die w\u00eareld gebruik sy spesiale verhoudings as \u2019n uiteindelike wapen van uitsluiting en \u2019n bewys van afgeskeidenheid. Die Heilige Gees transformeer hulle tot volmaakte lesse in vergifnis en in ontwaking uit die droom. Elke les is \u2019n geleentheid om persepsies te laat genees en foute te laat korrigeer. Elke les is nog \u2019n kans om jouself te vergewe deur \u2019n ander te vergewe. En elke les word \u2019n nuwe uitnodiging aan die Heilige Gees en die herinnering van God.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Persepsie is \u2019n funksie van die liggaam, en behels daarom \u2019n beperking van die bewussyn. Persepsie sien met die o\u00eb van die liggaam en hoor met die ore van die liggaam. Dit veroorsaak die beperkte reaksies wat die liggaam uitvoer. Die liggaam blyk grootliks selfmotiverend en onafhanklik te wees, maar hy reageer in werklikheid alleenlik op die intensies van die geestesdenke. As die geestesdenke hom vir enige vorm van aanval wil gebruik, word hy die prooi van siekte, ouderdom en verval. As die geestesdenke in plaas daarvan die doel wat die Heilige Gees daarvoor het, aanvaar, word hy \u2019n nuttige medium om met ander te kommunikeer, onkwetsbaar solank as wat nodig is, en om sagweg afgel\u00ea te word wanneer hy nie meer van nut is nie. Op sigself is die liggaam neutraal, soos alles in die w\u00eareld van persepsie is. Of hy vir die doeleindes van die ego of die Heilige Gees gebruik word, hang volkome af van wat die geestesdenke wil h\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Die teenoorgestelde van sien met die o\u00eb van die liggaam, is die visie van Christus, wat krag eerder as skeiding, en liefde eerder as vrees weerspie\u00ebl. Die teenoorgestelde van hoor met die liggaam se ore, is kommunikasie deur die Stem namens God, die Heilige Gees, wat in elkeen van ons woon. Sy Stem lyk ver weg te wees en moeilik om te hoor, omdat die ego, wat vir die klein, geskeide self praat, baie harder voorkom. In werklikheid is dit net omgekeerd. Die Heilige Gees praat met onmiskenbare helderheid en oorweldigende aantrekkingskrag. Niemand wat nie verkies om met die liggaam te identifiseer nie, sou enigsins doof kon wees vir Sy boodskap van bevryding en hoop, n\u00f3g sou so \u2019n persoon kon versuim om die visie van Christus vreugdevol te aanvaar in ruil vir sy eie armsalige beeld van homself.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Christus se visie is die Heilige Gees se gawe, God se alternatief vir die illusie van skeiding en vir die geloof in die werklikheid van sonde, skuld en dood. Dit is die \u00e9\u00e9n korreksie vir alle persepsiefoute, die versoening van die skynbare teenoorgesteldes waarop hierdie w\u00eareld gebaseer is. Sy milde lig laat jou alles vanuit \u2019n ander gesigspunt sien, en weerspie\u00ebl die denksisteem wat uit kennis voortspruit en die terugkeer na God nie net moontlik nie, maar ook onvermydelik maak. Wat beskou was as onreg wat iemand deur \u2019n ander aangedoen was, word nou \u2019n roep om hulp en \u00e9\u00e9nheid. Sonde, siekte en aanval word nou gesien as wanpersepsies wat roep om genesing deur middel van vriendelikheid en liefde. Verdedigingsmeganismes word laat vaar, want waar daar geen aanval is nie, is daar geen behoefte daaraan nie. Ons broers se behoeftes word ons eie, want hulle onderneem die reis saam met ons op pad na God toe. Sonder ons sou hulle die pad byster raak. Sonder hulle sou ons nooit ons pad kon vind nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1.b.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\">Hoofstuk 9<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>DIE&nbsp; AANVAARDING&nbsp; VAN&nbsp; DIE&nbsp; VERSOENING<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>I. Die aanvaarding van die werklikheid<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Vrees vir die Wil van God is een van die eienaardigste geloofsoortuigings wat die menslike geestesdenke ooit gemaak het. <sup>2<\/sup>Dit sou nooit kon gebeur het as die geestesdenke nie alreeds diep gesplete was nie, wat dit vir hom moontlik gemaak het om bang te wees vir wat hy werklik is. <sup>3<\/sup>Die werklikheid kan niks behalwe illusies \u201cbedreig\u201d nie, aangesien die werklikheid alleen die waarheid kan handhaaf. <sup>4<\/sup>Die einste feit dat die Wil van God, wat ook is wat jy is, gesien word as vreeswekkend, bewys dat jy bang <em>is <\/em>vir wat jy is. <sup>5<\/sup>Dit is dus nie die Wil van God waarvoor jy bang is nie, maar jou eie.<\/li>\n\n\n\n<li>Jou wil is nie die ego s\u2019n nie, en dit is waarom die ego teen jou is. <sup>2<\/sup>Wat die vrees vir God blyk te wees, is inderdaad die vrees vir jou eie werklikheid. <sup>3<\/sup>Dit is onmoontlik om iets op \u2019n konsekwente wyse te leer in \u2019n paniektoestand. <sup>4<\/sup>As dit die doel van hierdie kursus is om jou te help om te onthou wat jy is, en as jy glo dat wat jy is vreeswekkend is, dan moet daaruit volg dat jy nie hierdie kursus sal leer nie. <sup>5<\/sup>Maar die rasionaal vir die kursus is juis dat jy nie weet wat jy is nie.<\/li>\n\n\n\n<li>As jy nie weet wat jou werklikheid is nie, hoekom is jy dan so seker daarvan dat dit vreeswekkend is? <sup>2<\/sup>Die verbandlegging tussen waarheid en vrees, wat op sy beste&nbsp; hoogs kunsmatig sou wees, is veral onvanpas in die geestesdenke van diegene wat nie weet wat die waarheid is nie. <sup>3<\/sup>Al wat dit kan beteken, is dat jy willekeurig iets buite jou bewustheid in verband bring met iets wat jy nie wil h\u00ea nie. <sup>4<\/sup>Dit is dan ook duidelik dat jy iets beoordeel waarvan jy totaal onbewus is. <sup>5<\/sup>Jy het hierdie eienaardige situasie begin, sodat dit onmoontlik is om daaraan te ontsnap sonder \u2019n Gids wat <em>wel <\/em>weet wat jou werklikheid is. <sup>6<\/sup>Die doel van hierdie Gids is bloot om jou te herinner aan wat jy wil h\u00ea. <sup>7<\/sup>Hy probeer nie om \u2019n vreemde wil&nbsp; aan jou op te dring nie. <sup>8<\/sup>Hy wend bloot elke moontlike poging aan om, binne die beperkinge wat jy Hom opgel\u00ea het, jou eie wil in jou bewussyn te herstel.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy het jou wil in gevangenskap geplaas, buite jou eie bewustheid, waar hy wel bly bestaan, maar jou nie kan help nie. <sup>2<\/sup>Toe ek ges\u00ea het dat dit die Heilige Gees se funksie is om die ware van die onware in jou geestesdenke uit te sorteer, het ek bedoel dat Hy oor die mag beskik om te ondersoek wat jy weggesteek het en die Wil van God daar te herken. <sup>3<\/sup>Deurdat hy hierdie Wil herken, kan dit vir jou werklikheid word, want Hy is in jou geestesdenke, en daarom is Hy jou werklikheid. <sup>4<\/sup>As Sy persepsie van jou geestesdenke dus die werklikheid daarvan vir jou bring, help Hy jou <em>wel <\/em>om te onthou wat jy is. <sup>5<\/sup>Die enigste bron van vrees in hierdie proses l\u00ea in wat jy dink jy sal verloor. Nogtans kan jy slegs besit wat die Heilige Gees sien.&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Ek het dit al baie keer beklemtoon dat die Heilige Gees jou nooit sal oproep tot enige opoffering nie. <sup>2<\/sup>Maar as jy die opoffering van die werklikheid van jouself vra, moet die Heilige Gees jou daaraan herinner dat dit nie God se Wil is nie, omdat dit nie joune is nie. <sup>3<\/sup>Daar is geen verskil tussen jou wil en die Wil van God nie. <sup>4<\/sup>As jy nie \u2019n gesplete geestesdenke gehad het nie, sou jy insien dat om te <em>wil<\/em> verlossing beteken omdat dit kommunikasie is.<\/li>\n\n\n\n<li>Dit is onmoontlik om in vreemde tale met mekaar te kommunikeer. <sup>2<\/sup>Jy en jou Skepper kan deur skepping kommunikeer, omdat dit en dit alleen Julle gesamentlike Wil is. <sup>3<\/sup>Die verdeelde geestesdenke kan nie kommunikeer nie, want hy beywer hom vir verskillende dinge in een en dieselfde geestesdenke. <sup>4<\/sup>Dit laat die vermo\u00eb om eenvoudig te kommunikeer verlore gaan, want verwarde kommunikasie beteken niks nie. <sup>5<\/sup>\u2019n Boodskap kan nie gekommunikeer word as dit nie sin het nie. <sup>6<\/sup>Hoe verstandig kan jou boodskappe wees as jy vra vir wat jy nie wil h\u00ea nie? <sup>7<\/sup>Maar solank jy bang vir jou wil is, is dit presies waarvoor jy vra.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy hou moontlik vol dat die Heilige Gees jou nie antwoord nie, maar dalk is dit wyser om die soort vraesteller wat jy is, in o\u00ebnskou te neem. <sup>2<\/sup>Jy vra nie uitsluitend vir wat jy wil h\u00ea nie. <sup>3<\/sup>Dit is omdat jy bang is dat jy dit kan ontvang, wat natuurlik die geval sou wees. <sup>4<\/sup>Daarom hou jy aan om die onderwyser juis te vra wat nie moontlik is om vir jou te gee nie. <sup>5<\/sup>Van hom kan jy nooit leer wat dit is nie, en dit gee jou die illusie van veiligheid. <sup>6<\/sup>Jy kan egter nie veilig wees <em>van <\/em>die waarheid nie, maar alleen <em>in <\/em>die waarheid. <sup>7<\/sup>Die werklikheid is die enigste veiligheid. <sup>8<\/sup>Jou wil is jou verlossing, want dit is dieselfde as die Wil van God. <sup>9<\/sup>Die skeiding is niks anders as die geloof dat dit verskil nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Niemand wat reg dink, kan glo dat sy wil sterker as God se Wil is nie. <sup>2<\/sup>As iemand se geestesdenke glo dat sy wil verskil van Syne, kan hy slegs besluit dat daar \u00f3f geen God is nie \u00f3f dat God se Wil vreesaanjaend is. <sup>3<\/sup>Die eersgenoemde verklaar die ate\u00efs, en die laasgenoemde die martelaar wat glo dat God opoffering vra. <sup>4<\/sup>Elkeen van hierdie kranksinnige besluite sal paniek veroorsaak, want die ate\u00efs glo hy is alleen, en die martelaar glo dat God hom kruisig. <sup>5<\/sup>Nogtans verlang niemand werklik eensaamheid of vergelding nie, alhoewel baie miskien beide soek. <sup>6<\/sup>Kan jy die Heilige Gees vir \u201cgawes\u201d soos hierdie vra, en regtig verwag om hulle te ontvang? <sup>7<\/sup>Hy kan jou nie iets gee wat jy nie wil h\u00ea nie. <sup>8<\/sup>Wanneer jy die Universele Gewer vra vir wat jy nie wil h\u00ea nie, vra jy vir wat jy nie gegee kan word nie omdat dit nooit geskep was nie. <sup>9<\/sup>Dit was nooit geskep nie, omdat dit nooit jou wil vir <em>jou<\/em> was nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Uiteindelik moet iedereen die Wil van God onthou, want uiteindelik moet iedereen homself herken. <sup>2<\/sup>Hierdie herkenning is die herkenning dat sy wil en God se Wil een is. <sup>3<\/sup>In die teenwoordigheid van die waarheid is daar geen ongelowiges en geen opofferings nie. <sup>4<\/sup>In die veiligheid van die werklikheid is vrees totaal betekenisloos. <sup>5<\/sup>Om te ontken wat is, kan alleenlik angswekkend <em>lyk<\/em>. <sup>6<\/sup>Vrees kan nie werklik wees sonder \u2019n oorsaak nie, en God is die enigste Oorsaak. <sup>7<\/sup>God is Liefde en jy wil Hom inderdaad h\u00ea. <sup>8<\/sup>Dit <em>is <\/em>jou wil. <sup>9<\/sup>Vra hiervoor en jy sal verhoor word, omdat jy alleenlik&nbsp; vra vir wat aan jou behoort.<\/li>\n\n\n\n<li>As jy die Heilige Gees vra vir wat jou sou seermaak, kan Hy nie antwoord nie, want niks kan jou seermaak nie, en dus vra jy vir niks nie. <sup>2<\/sup>Enige wens wat uit die ego voortspruit, is \u2019n wens vir niks nie, en om daarom te vra, is nie \u2019n versoek nie. <sup>3<\/sup>Dit is bloot \u2019n ontkenning in die vorm van \u2019n versoek. <sup>4<\/sup>Die Heilige Gees bekommer hom nie oor vorm nie, omdat hy slegs van betekenis bewus is. <sup>5<\/sup>Die ego kan nie die Heilige Gees vir iets vra nie, omdat daar \u2019n totale gebrek aan kommunikasie tussen hulle bestaan. <sup>6<\/sup>Maar <em>jy<\/em> kan die Heilige Gees vir enigiets vra, want jou versoeke aan Hom is werklik, omdat hulle uit die deel van jou kom wat reg is. <sup>7<\/sup>Sou die Heilige Gees die Wil van God ontken? <sup>8<\/sup>En sou Hy kon nalaat om dit in Sy Seun te herken?<\/li>\n\n\n\n<li>Jy besef nie die enorme hoeveelheid energie wat jy bestee om die waarheid te ontken nie. <sup>2<\/sup>Wat sou jy s\u00ea van iemand wat net eenvoudig aanhou om die onmoontlike te probeer, in die vaste oortuiging dat om dit te bereik, sukses beteken? <sup>3<\/sup>Die oortuiging dat jy die onmoontlike moet besit om gelukkig te kan wees, is totaal in stryd met die beginsel van die skepping. <sup>4<\/sup>God sou onmoontlik nie wil dat geluk afhang van wat jy nooit sou kon h\u00ea nie. <sup>5<\/sup>Die feit dat God Liefde is, vereis geen geloof nie, maar wel aanvaarding. <sup>6<\/sup>Dit is wel vir jou moontlik om feite te ontken, ofskoon dit vir jou onmoontlik is om hulle te verander. <sup>7<\/sup>As jy jou hande voor jou o\u00eb hou, sal jy nie sien nie omdat jy die wette om te sien, dwarsboom. <sup>8<\/sup>As jy die liefde ontken, sal jy dit nie ken nie, omdat jou samewerking die wet van sy wese is. <sup>9<\/sup>Jy kan nie wette verander wat jy nie gemaak het nie, en die wette van geluk was vir jou geskep, nie deur jou nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Enige poging om te ontken wat <em>is<\/em>,moet angswekkend wees, en as dit \u2019n sterk poging is, sal dit paniek veroorsaak. <sup>2<\/sup>Om te wil teen die werklikheid kan, hoewel onmoontlik,&nbsp; tot \u2019n baie hardnekkige doel gemaak word, selfs al wil jy hom nie h\u00ea nie. <sup>3<\/sup>Maar oorweeg die gevolge van hierdie vreemde besluit. <sup>4<\/sup>Jy wy jou geestesdenke aan wat jy nie wil h\u00ea nie. <sup>5<\/sup>Hoe eg kan hierdie toewyding wees? <sup>6<\/sup>As jy hom nie wil h\u00ea nie, was hy nooit geskep nie. <sup>7<\/sup>As hy nooit geskep was nie, is hy niks nie. <sup>8<\/sup>Kan jy jou werklik wy aan niks?<\/li>\n\n\n\n<li>In Sy toewyding aan jou het God jou aan alles toegewyd geskep, en jou dit gegee waar<em>aan<\/em> jy toegewyd is. <sup>2<\/sup>Anders sou jy nie volmaak geskep gewees het nie. <sup>3<\/sup>Die werklikheid is alles, en jy het alles, want jy is werklik. <sup>4<\/sup>Jy kan nie die onwerklike maak nie, want die afwesigheid van die werklikheid is vreesaanjaend, en vrees kan nie geskep word nie. <sup>5<\/sup>Solank jy glo dat vrees moontlik is, sal jy nie skep nie. <sup>6<\/sup>Teenoorgestelde ordes van werklikheid maak die werklikheid betekenisloos, en die werklikheid <em>is <\/em>betekenis.<\/li>\n\n\n\n<li>Onthou dan dat God se Wil nou reeds moontlik is, en niks anders sal ooit wees nie. <sup>2<\/sup>Dit is die eenvoudige aanvaarding van die werklikheid, want dit alleen is werklik. <sup>3<\/sup>Jy kan nie die werklikheid verdraai en weet wat dit is nie. <sup>4<\/sup>En as jy wel die werklikheid verdraai, sal jy angs ervaar, depressie en uiteindelik paniek, omdat jy probeer om jouself onwerklik te maak. <sup>5<\/sup>Wanneer jy hierdie dinge voel, moenie probeer om buite jouself die waarheid te soek nie, want die waarheid kan alleen binne-in jou wees. <sup>6<\/sup>S\u00ea daarom:<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">        <sup>7<\/sup><em>Christus is in my, en waar Hy is, moet God wees,<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">         <em>want Christus is deel van Hom.<\/em><\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>II. Die antwoord op gebed<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Elkeen wat ooit probeer het om gebed te gebruik ten einde vir iets te vra, het al ervaar wat mislukking blyk te wees. <sup>2<\/sup>Dit is nie alleen waar met betrekking tot spesifieke sake wat skadelik sou kon wees nie, maar ook met betrekking tot versoeke wat ten nouste in ooreenstemming met hierdie kursus is. <sup>3<\/sup>Die laasgenoemde mag veral verkeerdelik ge\u00efnterpreteer word as \u201cbewys\u201d dat die kursus nie bedoel wat hy s\u00ea nie. <sup>4<\/sup>Jy moet egter onthou dat die kursus herhaaldelik verklaar dat sy doel die ontsnapping aan vrees is.<\/li>\n\n\n\n<li>Laat ons dan veronderstel dat wat jy van die Heilige Gees vra, d\u00edt is wat jy werklik wil h\u00ea, maar waarvoor jy nog steeds bang is. <sup>2<\/sup>As dit die geval is, dan sou jou bereiking daarvan nie langer <em>wees<\/em> wat jy wil h\u00ea nie. <sup>3<\/sup>Dit is die rede waarom spesifieke vorme van genesing nie bereik word nie, selfs al word die staat van genesing self bereik. <sup>4<\/sup>Iemand mag vir fisiese genesing vra omdat hy bang is vir liggaamlike pyn. <sup>5<\/sup>Terselfdertyd, as hy fisies genees sou wees, sou die bedreiging vir sy denksisteem aansienlik meer kon wees as vir die fisiese uitdrukking daarvan. <sup>6<\/sup>In hierdie geval vra hy nie werklik vir bevryding van vrees nie, maar vir die verwydering van \u2019n simptoom wat hyself gekies het. <sup>7<\/sup>Dit is dus hoegenaamd nie \u2019n versoek om genesing nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Bybel beklemtoon dat jy alles wat jy in gebed vra, sal ontvang, en dit is inderdaad waar. <sup>2<\/sup>Net die feit dat die Heilige Gees gevra is vir iets, sal \u2019n antwoord verseker. <sup>3<\/sup>Maar dit is net so seker dat geen enkele antwoord wat deur Hom gegee word, ooit een sal wees wat vrees sou aanwakker nie. <sup>4<\/sup>Dit is moontlik dat sy antwoord nie gehoor sal word nie. <sup>5<\/sup>Maar dit is egter onmoontlik dat hy verlore sal gaan. <sup>6<\/sup>Daar is baie antwoorde wat jy al ontvang het, maar nog nie gehoor het nie. <sup>7<\/sup>Ek verseker jou dat hulle vir jou wag.<\/li>\n\n\n\n<li>As jy wil weet of jou gebede verhoor is, moet dan nooit aan \u2019n Seun van God twyfel nie. <sup>2<\/sup>Bevraagteken hom nie en maak hom nie onseker of deurmekaar nie, want jou geloof in hom is jou geloof in jouself. <sup>3<\/sup>As jy God en Sy Antwoord wil ken, glo dan in my wie se geloof in jou nie gewankel kan word nie. <sup>4<\/sup>Kan jy opreg van die Heilige Gees vra, en aan jou broer twyfel? <sup>5<\/sup>Glo dat sy woorde waar is vanwe\u00eb die waarheid wat in hom is. <sup>6<\/sup>Jy sal met die waarheid in hom verenig, en sy woorde sal waar <em>wees<\/em>. <sup>7<\/sup>Wanneer jy hom hoor, sal jy my hoor. <sup>8<\/sup>Om te luister na die waarheid is die enigste manier waarop jy dit nou kan hoor en uiteindelik kan ken.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Die boodskap wat jou broer jou gee, berus by jou. <sup>2<\/sup>Wat s\u00ea hy vir jou? <sup>3<\/sup>Wat wil jy h\u00ea moet hy s\u00ea? <sup>4<\/sup>Jou besluit oor hom bepaal die boodskap wat jy ontvang. <sup>5<\/sup>Onthou dat die Heilige Gees in hom is, en dat Sy Stem deur hom met jou praat. <sup>6<\/sup>Wat kan so \u2019n heilige broer jou vertel, behalwe die waarheid? <sup>7<\/sup>Maar luister jy daarna? <sup>8<\/sup>Jou broer mag dalk nie weet wie hy is nie, maar daar is \u2019n lig in sy geestesdenke wat wel weet. <sup>9<\/sup>Hierdie lig kan joune binneskyn, aan sy woorde waarheid verleen en jou in staat stel om hulle te hoor. <sup>10<\/sup>Sy woorde is die Heilige Gees se antwoord aan jou. <sup>11<\/sup>Is jou geloof in hom sterk genoeg om jou te laat hoor?<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kan net so min alleen vir jouself bid, as wat jy alleen vir jouself vreugde kan vind. <sup>2<\/sup>Gebed is die herformulering van inklusiwiteit onder leiding van die Heilige Gees volgens die wette van God. <sup>3<\/sup>Verlossing kom van jou broer. <sup>4<\/sup>Die Heilige Gees brei van jou geestesdenke na syne uit, en antwoord <em>jou<\/em>. <sup>5<\/sup>Jy kan nie die Stem namens God net in jouself hoor nie, want jy is nie alleen nie. <sup>6<\/sup>En Sy antwoord is alleenlik&nbsp; bestem vir wat jy is. <sup>7<\/sup>Jy sal die vertroue wat ek in jou het nie ken nie, tensy jy dit uitbrei. <sup>8<\/sup>Jy sal nie die leiding van die Heilige Gees vertrou, of glo dat dit vir jou bestem is nie, tensy jy dit in ander hoor. <sup>9<\/sup>Dit moet vir jou broer bestem wees, <em>omdat<\/em> dit vir jou bestem is. <sup>10<\/sup>Sou God vir jou alleen \u2019n Stem geskep het? <sup>11<\/sup>Sou jy Sy antwoord kon hoor sonder dat Hy al die Seuns van God antwoord gee? <sup>12<\/sup>Hoor van jou broer wat jy wil h\u00ea ek van jou moet hoor, want jy sou nie wil h\u00ea dat ek mislei word nie.&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Soos God, het ek jou lief vir die waarheid in jou. <sup>2<\/sup>Jou misleidinge kan j\u00f3\u00fa miskien mislei, maar nie vir my nie. <sup>3<\/sup>Omdat ek weet wat jy is, kan ek nie aan jou twyfel nie. <sup>4<\/sup>Ek hoor alleen die Heilige Gees in jou wat deur jou met my praat. <sup>5<\/sup>As jy my wil hoor, hoor my broers in wie God se Stem praat. <sup>6<\/sup>Die antwoord op alle gebede l\u00ea in hulle. <sup>7<\/sup>Jy sal beantwoord word soos jy die antwoord in elkeen hoor. <sup>8<\/sup>Moenie na enigiets anders luister nie, of jy sal nie waarlik hoor nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Glo in jou broers omdat ek in jou glo, en jy sal leer dat my geloof in jou geregverdig is. <sup>2<\/sup>Glo in my <em>deur<\/em> in hulle te glo, ter wille van d\u00edt wat God hulle gegee het. <sup>3<\/sup>Hulle sal jou antwoord as jy leer om slegs die waarheid van hulle te vra. <sup>4<\/sup>Moenie vir se\u00ebninge vra sonder om hulle te se\u00ebn nie, want slegs op hierdie manier kan jy leer hoe gese\u00ebnd jy is. <sup>5<\/sup>Deur hierdie pad te volg, soek jy die waarheid in jou. <sup>6<\/sup>Dit lei jou nie buite jouself nie, maar na jouself. <sup>7<\/sup>Hoor alleen God se Antwoord in Sy Seuns, en jy is verhoor.<\/li>\n\n\n\n<li>Om nie te glo nie, is om kant te kies teen iets, of om aan te val. <sup>2<\/sup>Om te glo, is om te aanvaar, en kant te kies vir. <sup>3<\/sup>Om te glo, beteken nie om goedgelowig te wees nie, maar om te aanvaar en te waardeer. <sup>4<\/sup>Wat jy nie glo nie, waardeer jy nie, en jy kan nie dankbaar wees vir iets waaraan jy nie waarde heg nie. <sup>5<\/sup>Daar is \u2019n prys wat jy sal betaal vir oordeel, want oordeel beteken die vasstelling van \u2019n prys. <sup>6<\/sup>En soos jy dit vasstel, sal jy dit betaal.<\/li>\n\n\n\n<li>As betaal gelykgestel word met kry, sal jy \u2019n lae prys vasstel, maar \u2019n ho\u00eb opbrengs eis. <sup>2<\/sup> Jy vergeet dan egter dat om te prys, beteken om waarde vas te stel, sodat jou opbrengs in verhouding staan tot jou waardeoordeel. <sup>3<\/sup>As betaal met gee geassosieer word, kan dit nie as verlies gesien word nie, en word die wederkerige verhouding van gee en ontvang ingesien. <sup>4<\/sup>Daar sal dan \u2019n ho\u00eb prys vasgestel word vanwe\u00eb die waarde van die opbrengs. <sup>5<\/sup>Die prys vir kry, is dat jy waarde uit die oog verloor, wat dit onvermydelik maak dat jy nie sal waardeer wat jy ontvang nie. <sup>6<\/sup>Omdat jy dit weinig waardeer, sal jy dit nie op prys stel nie en ook nie wil h\u00ea nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Vergeet dus nooit dat jy die waarde bepaal op grond van wat jy ontvang, en die prys daarvan bepaal deur wat jy gee nie. <sup>2<\/sup>Om te glo dat dit moontlik is om baie vir min te kry, is om te glo dat jy met God kan kwansel en knibbel. <sup>3<\/sup>God se wette is altyd regverdig&nbsp; en volkome konsekwent. <sup>4<\/sup>Deur te gee, ontvang jy. <sup>5<\/sup>Maar om te ontvang, is om te aanvaar, nie om te kry nie. <sup>6<\/sup>Dit is onmoontlik om nie te h\u00ea nie, maar dit is moontlik om nie te weet dat jy het nie. <sup>7<\/sup>Die herkenning dat jy het, is die gewilligheid om te gee, en alleenlik deur hierdie gewilligheid kan jy insien wat jy het. <sup>8<\/sup>Wat jy gee, is daarom die waarde wat jy plaas op wat jy het, omdat dit die presiese maat is van die waarde wat jy daaraan heg. <sup>9<\/sup>En dit is op sy beurt weer die maat van hoe graag jy dit wil h\u00ea.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kan dus die Heilige Gees alleen iets vra deur Hom iets te gee, en jy kan Hom alleenlik iets gee waar jy Hom herken. <sup>2<\/sup>As jy Hom in almal herken, dink net hoeveel jy van Hom sal vra en hoeveel jy dan sal ontvang. <sup>3<\/sup>Hy sal jou niks onts\u00ea nie omdat jy Hom niks onts\u00ea het nie, en so kan julle alles deel. <sup>4<\/sup>Dit is die manier, en die enigste manier om Sy antwoord te kry, want Sy antwoord is al waarvoor jy kan vra en wil h\u00ea. <sup>5<\/sup>S\u00ea dan vir een en almal:<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">        <sup>6<\/sup><em>Omdat ek myself wil ken, sien ek jou as God se Seun en my broer.<\/em><\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>III. Die korreksie van foute<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die wakkerheid van die ego vir die foute van ander ego\u2019s is nie die soort waaksaamheid wat die Heilige Gees sou wil h\u00ea jy in stand moet hou nie. <sup>2<\/sup>Ego\u2019s is krities ten opsigte van die soort sogenaamde \u201csinvolheid\u201d wat hulle voorstaan. <sup>3<\/sup>Hulle begryp hierdie soort sin omdat dit vir hulle sinvol is. <sup>4<\/sup>Vir die Heilige Gees het dit geen sin hoegenaamd nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Vir die ego is dit lief en reg en goed om foute uit te wys en hulle te \u201ckorrigeer\u201d. <sup>2<\/sup>Dit het volkome sin vir die ego wat nie weet wat foute is en wat korreksie is nie. <sup>3<\/sup>Foute kom van die ego af, en korreksie van foute l\u00ea in die ongedaanmaking van die ego. <sup>4<\/sup>Wanneer jy \u2019n broer korrigeer, s\u00ea jy vir hom dat hy verkeerd is. <sup>5<\/sup>Hy mag op daardie oomblik miskien nie juis verstandig wees nie, en dit is in elk geval seker dat as hy vanuit die ego praat, hy nie verstandig sal wees nie. <sup>6<\/sup>Maar jou taak is nog steeds om vir hom te s\u00ea dat hy reg is. <sup>7<\/sup>Jy s\u00ea dit nie verbaal vir hom as hy onsin praat nie. <sup>8<\/sup>Hy benodig die korreksie op \u2019n ander vlak omdat sy fout op \u2019n ander vlak l\u00ea. <sup>9<\/sup>Hy is nog altyd reg omdat hy \u2019n Seun van God is. <sup>10<\/sup>Sy ego is altyd verkeerd, ongeag wat hy s\u00ea of doen.<\/li>\n\n\n\n<li>As jy op die foute van jou broers se ego wys, kyk jy beslis deur jou eie ego, want die Heilige Gees neem nie sy foute waar nie. <sup>2<\/sup>Dit <em>moet<\/em> waar wees, aangesien daar geen kommunikasie is tussen die ego en die Heilige Gees nie. <sup>3<\/sup>Die ego het geen sin nie, en die Heilige Gees probeer nie om enigiets te begryp wat daaruit voortkom nie. <sup>4<\/sup>Aangesien Hy dit nie begryp nie, beoordeel Hy dit nie, want Hy weet dat niks wat die ego maak enigiets beteken nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Wanneer jy hoegenaamd op foute reageer, luister jy nie na die Heilige Gees nie. <sup>2<\/sup>Hy het hulle bloot verontagsaam, en as jy daaraan aandag skenk, hoor jy Hom nie. <sup>3<\/sup>As jy Hom nie hoor nie, luister jy na jou ego en het jy net so min sin as die broer wie se foute jy waarneem. <sup>4<\/sup>Dit kan geen korreksie wees nie. <sup>5<\/sup>Maar dit is meer as bloot \u2019n gebrek aan korreksie vir h\u00f3m. <sup>6<\/sup>Dit is die opgee van korreksie in jouself.<\/li>\n\n\n\n<li>Wanneer \u2019n broer hom kranksinnig gedra, kan jy hom slegs genees deur geestesgesondheid in hom te sien. <sup>2<\/sup>As jy sy foute waarneem en hulle aanvaar, aanvaar jy ook joune. <sup>3<\/sup>As jy joune aan die Heilige Gees wil oorgee, moet jy dit ook met syne doen. <sup>4<\/sup>Tensy dit die enigste manier word waarop jy alle foute hanteer, kan jy nie begryp hoe alle foute ongedaan gemaak word nie. <sup>5<\/sup>Wat is dit anders as om jou te vertel dat jy leer wat jy onderrig? <sup>6<\/sup>Jou broer is so reg soos jy, en as jy dink hy is verkeerd, veroordeel jy jouself.<\/li>\n\n\n\n<li><em>Jy <\/em>kan nie jouself korrigeer nie. <sup>2<\/sup>Kan jy dan \u2019n ander korrigeer? <sup>3<\/sup>Maar jy kan hom in waarheid sien, want jy kan jouself in waarheid sien. <sup>4<\/sup>Dit berus nie by jou om jou broer te verander nie, maar bloot om hom te aanvaar soos hy is. <sup>5<\/sup>Sy foute spruit nie uit die waarheid wat in hom is nie, en alleen hierdie waarheid is joune. <sup>6<\/sup>Sy foute kan dit nie verander nie, en kan geen effek hoegenaamd op die waarheid in jou h\u00ea nie. <sup>7<\/sup>Om foute in iemand waar te neem, en daarop te reageer asof hulle werklik is, is om hulle vir jouself werklik te maak. <sup>8<\/sup>Jy sal nie die betaling van die prys hiervoor vryspring nie, nie omdat jy daarvoor gestraf word nie, maar omdat jy die verkeerde gids volg en daarom die pad byster raak.<\/li>\n\n\n\n<li>Jou broer se foute is ewemin van hom as wat joune van jou is. <sup>2<\/sup>Aanvaar sy foute as werklik, en jy het jouself aangeval. <sup>3<\/sup>As jy die pad wil vind en bly volg, sien dan alleenlik die waarheid as metgesel langs jou, want julle loop saam. <sup>4<\/sup>Die Heilige Gees in jou vergewe alles in jou en in jou broer. <sup>5<\/sup>Sy foute word saam met joune vergewe. <sup>6<\/sup>Die Versoening is net so min geskei as wat die liefde geskei is. <sup>7<\/sup>Die Versoening kan nie geskei wees nie, omdat dit uit liefde voortkom. <sup>8<\/sup>Enige poging wat jy aanwend om \u2019n broer te korrigeer, beteken dat jy glo dat korreksie deur jou moontlik is, en dit kan alleen die arrogansie van die ego wees. <sup>9<\/sup>Korreksie is van God Wat nie van arrogansie weet nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Heilige Gees vergewe alles omdat God alles geskep het. <sup>2<\/sup>Moenie Sy funksie oorneem nie, of jy sal joune vergeet. <sup>3<\/sup>Aanvaar alleen die funksie van genesing binne tyd, want dit is waarvoor tyd daar is. <sup>4<\/sup>God het jou die funksie gegee om in ewigheid te skep. <sup>5<\/sup>Jy hoef dit nie te leer nie, maar jy moet leer om dit te wil h\u00ea. <sup>6<\/sup>Daarvoor is alle leer gemaak. <sup>7<\/sup>Dit is die Heilige Gees se gebruik van \u2019n vermo\u00eb wat jy nie nodig het nie, maar wat jy gemaak het. <sup>8<\/sup>Gee dit vir Hom! <sup>9<\/sup>Jy begryp nie hoe om dit te gebruik nie. <sup>10<\/sup>Hy sal jou leer hoe om jouself sonder veroordeling te sien, deur te leer hoe om sonder oordeel na alles te kyk. <sup>11<\/sup>Veroordeling sal dan nie vir jou werklikheid wees nie, en al jou foute sal vergewe wees.&nbsp;<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>IV. Die Heilige Gees se plan van vergifnis<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Versoening is vir almal, want dit is die manier om die geloofsoortuiging dat daar dinge is wat vir jou alleen bestaan, ongedaan te maak. <sup>2<\/sup>Om te vergewe, beteken om verby iets te kyk. <sup>3<\/sup>Kyk dan by die fout verby en laat jou persepsie nie daarop rus nie, want wat in jou persepsie beslag kry, sal jy glo. <sup>4<\/sup>Aanvaar maar net wat jou broer is as waar, as jy jouself wil ken. <sup>5<\/sup>As jy waarneem wat hy nie is nie, kan jy nie weet wat jy is nie, omdat jy hom verkeerd sien. <sup>6<\/sup>Onthou altyd dat julle Identiteit gedeel word en dat die deling van Identiteit niks anders is nie as Sy werklikheid.&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Jy het \u2019n rol om in die Versoening te speel, maar die plan van die Versoening gaan jou te bowe. <sup>2<\/sup>Jy begryp nie hoe om verby foute te kyk nie, anders sou jy hulle nie begaan het nie. <sup>3<\/sup>Dit sou bloot \u2019n verdere fout wees om te glo dat jy hulle nie begaan nie, of dat jy hulle kan korrigeer sonder \u2019n Gids vir korreksie. <sup>4<\/sup>En as jy nie hierdie Gids volg nie, sal jou foute nie gekorrigeer word nie. <sup>5<\/sup>Die plan is nie joune nie vanwe\u00eb jou beperkte idees oor wat jy is. <sup>6<\/sup>Hierdie gevoel van beperking is die oorsprong van alle foute. <sup>7<\/sup>Die manier om hulle ongedaan te maak, is daarom nie <em>van <\/em>jou nie, maar <em>vir <\/em>jou.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Versoening is \u2019n les in met mekaar deel, en dit word vir jou gegee omdat <em>jy vergeet het hoe om dit te doen<\/em>. <sup>2<\/sup>Die Heilige Gees herinner jou bloot aan die natuurlike gebruik van jou vermo\u00ebns. <sup>3<\/sup>Deur die vermo\u00eb om aan te val te herinterpreteer tot die vermo\u00eb om te deel, sit Hy dit wat jy gemaak het om in wat God geskep het. <sup>4<\/sup>As jy dit deur Hom wil volbring, kan jy nie na jou vermo\u00ebns deur die o\u00eb van die ego kyk nie, of jy sal hulle oordeel soos <em>hy<\/em> dit doen. <sup>5<\/sup>Al die skadelikheid daarvan l\u00ea in die oordeel van die ego. <sup>6<\/sup>Al die nut daarvan l\u00ea in die oordeel van die Heilige Gees.<\/li>\n\n\n\n<li>Die ego het ook \u2019n vergewingsplan omdat jy vir een vra, ofskoon nie van die regte onderwyser nie. <sup>2<\/sup>Die ego se plan het natuurlik geen sin nie, en sal nie werk nie. <sup>3<\/sup>Deur sy plan te volg, sal jy jou bloot in \u2019n onmoontlike situasie plaas waarheen die ego jou altyd lei. <sup>4<\/sup>Die ego se plan is om jou die fout eers duidelik te laat sien, en dit dan oor die hoof te sien. <sup>5<\/sup>Maar hoe kan jy iets oor die hoof sien wat jy werklikheid gemaak het? <sup>6<\/sup>Deur dit duidelik te sien, het jy dit werklikheid gemaak en <em>kan <\/em>nie daar verby kyk nie. <sup>7<\/sup>Dit is hier waar die ego genoodsaak word om sy toevlug te neem tot sogenaamde \u201cmisteries\u201d, en daarop aandring dat jy die betekenislose moet aanvaar om jouself te red. <sup>8<\/sup>Baie het probeer om dit te doen in my naam, maar vergeet dat my woorde alleen volkome sin het omdat hulle van God kom. <sup>9<\/sup>Hulle is nou nog net so verstandig as wat hulle ooit was, want hulle praat van idees wat ewig is.<\/li>\n\n\n\n<li>Vergifnis wat van my geleer word, gebruik nie vrees om vrees ongedaan te maak nie. <sup>2<\/sup>Ook maak dit nie die werklike onwerklik en vernietig dit dan nie. <sup>3<\/sup>Vergifnis deur die Heilige Gees impliseer eenvoudig om van die begin af verby die fout te kyk, sodat dit vir jou onwerklik bly. <sup>4<\/sup>Laat geen enkele oortuiging oor die egtheid daarvan jou geestesdenke binnekom nie, of jy sal eweneens glo dat jy ongedaan moet maak wat jy gemaak het ten einde vergewe te word. <sup>5<\/sup>Wat geen gevolg het nie, bestaan nie, en vir die Heilige Gees bestaan die gevolge van \u2019n fout nie. <sup>6<\/sup>Deur oral en in alle opsigte voortdurend en konsekwent al die gevolge daarvan te kanselleer, onderrig en bewys Hy dat die ego nie bestaan nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Volg dan die Heilige Gees se onderrig in vergifnis, want vergifnis is Sy funksie en Hy weet hoe om dit volmaak te vervul. <sup>2<\/sup>Dit is wat ek bedoel het toe ek ges\u00ea het dat wonders natuurlik is, en wanneer hulle nie voorkom nie, iets verkeerd geloop het. <sup>3<\/sup>Wonders is bloot die teken van jou gewilligheid om die Heilige Gees se verlossingsplan&nbsp; te volg in die erkenning dat jy nie begryp wat dit is nie. <sup>4<\/sup>Sy werk is nie jou funksie nie, en tensy jy dit aanvaar, kan jy nie leer wat jou funksie is nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die verwarring van funksies is so tipies van die ego dat jy teen di\u00e9 tyd al heel vertroud daarmee moet wees. <sup>2<\/sup>Die ego glo dat alle funksies aan hom behoort, selfs al het hy geen idee wat hulle is nie. <sup>3<\/sup>Dit is meer as blote verwarring. <sup>4<\/sup>Dit is \u2019n besonder gevaarlike kombinasie van grootheidswaan en verwarring wat dit waarskynlik maak dat die ego alles en almal sonder die minste rede aanval. <sup>5<\/sup>Dit is presies wat die ego doen. <sup>6<\/sup>Hy is onvoorspelbaar in sy reaksies omdat hy geen idee het wat hy waarneem nie.<\/li>\n\n\n\n<li>As jy geen idee het wat gebeur nie, hoe toepaslik kan jy verwag om te reageer? <sup>2<\/sup>Jy sou jouself kon afvra, ongeag hoe jy van die reaksie rekenskap gee, of die ego vanwe\u00eb sy onvoorspelbaarheid wel in die juiste posisie is om as jou gids te dien. <sup>3<\/sup>Laat ek herhaal dat die ego se kwalifikasies as \u2019n gids buitengewoon ongelukkig is en dat hy \u2019n merkwaardige swak keuse as onderwyser van verlossing is. <sup>4<\/sup>Wie ook al \u2019n totaal kranksinnige gids uitkies, moet self totaal kranksinnig wees. <sup>5<\/sup>Ook is dit nie waar dat jy nie besef dat die gids kranksinnig is nie. <sup>6<\/sup>Jy besef dit, want ek besef dit, en jy het dit volgens dieselfde maatstaf as ek beoordeel.<\/li>\n\n\n\n<li>Die ego leef letterlik op geleende tyd en sy dae is getel. <sup>2<\/sup>Moenie bang wees vir die Laaste Oordeel nie, maar verwelkom dit en moenie wag nie, want die ego se tyd is van jou ewigheid \u201cgeleen\u201d. <sup>3<\/sup>Dit is die Wederkoms wat vir jou gemaak is soos die Eerste Koms geskep was. <sup>4<\/sup>Die Wederkoms is bloot die terugkeer van gesonde verstand. <sup>5<\/sup>Kan dit enigsins vreesaanjaend wees?<\/li>\n\n\n\n<li>Wat anders as fantasie kan vreesaanjaend wees, en wie wend hom tot fantasie tensy hy daaraan wanhoop om voldoening in die werklikheid te vind? <sup>2<\/sup>Maar dit staan vas dat jy nooit voldoening in fantasie sal vind nie, sodat jou enigste hoop daarin l\u00ea om jou geestesdenke oor die werklikheid te verander. <sup>3<\/sup>God kan alleen reg wees as die besluit dat die werklikheid vreesaanjaend is, verkeerd is. <sup>4<\/sup>En ek verseker jou dat God reg <em>is<\/em>. <sup>5<\/sup>Wees dan bly dat jy verkeerd was, maar dit was slegs omdat jy nie geweet het wie jy was nie. <sup>6<\/sup>As jy dit maar geweet het, sou jy ewemin verkeerd kon wees as God.<\/li>\n\n\n\n<li>Die onmoontlike kan slegs in \u2019n fantasie geskied. <sup>2<\/sup>As jy die werklikheid in fantasie\u00eb soek, sal jy dit nie vind nie. <sup>3<\/sup>Die simbole van \u2019n fantasie kom van die ego, en daarvan sal jy vele vind. <sup>4<\/sup>Maar moenie vir betekenis in hulle soek nie. <sup>5<\/sup>Hulle beskik oor ewe min betekenis as die fantasie\u00eb waarin hulle verweef is. <sup>6<\/sup>Sprokies kan aangenaam of angswekkend wees, maar niemand s\u00ea hulle is waar nie. <sup>7<\/sup>Kinders glo hulle miskien, en dus is die verhale vir hulle \u2019n tydjie waar. <sup>8<\/sup>Maar as die werklikheid deurbreek, is fantasie\u00eb weg. <sup>9<\/sup>Die werklikheid het nie verdwyn nie. <sup>10<\/sup>Die Wederkoms is die bewuswording van die werklikheid, nie die terugkeer daarvan nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Kyk my kind, die werklikheid is hier. <sup>2<\/sup>Dit behoort aan jou en my en God, en skenk aan almal van Ons volmaakte voldoening. <sup>3<\/sup>Slegs hierdie bewustheid genees, want dit is die bewussyn van die waarheid.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>V. Die ongeneesde geneser<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die ego se vergewingsplan word veel meer gebruik as di\u00e9 van God. <sup>2<\/sup>Dit is omdat dit deur ongeneesde genesers aangepak word, en daarom van die ego is. <sup>3<\/sup>Laat ons die ongeneesde geneser nou sorgvuldiger in o\u00ebnskou neem. <sup>4<\/sup>Per definisie probeer hy om te gee wat hy nie ontvang het nie. <sup>5<\/sup>As die ongeneesde geneser byvoorbeeld \u2019n teoloog is, gaan hy miskien van di\u00e9 veronderstelling uit: \u201cEk is \u2019n ellendige sondaar, en so is jy dus ook.\u201d <sup>6<\/sup>As hy \u2019n psigoterapeut is, sal hy waarskynlik eerder met die ewe ongeloofwaardige oortuiging begin dat aanval vir sowel homself as die pasi\u00ebnt werklikheid is, maar dat dit nie vir een van hulle saak maak nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek het herhaaldelik ges\u00ea dat geloofsoortuigings van die ego nie gedeel kan word nie, en dit is die rede waarom hulle onwerklik is. <sup>2<\/sup>Hoe kan hulle dan werklik gemaak word as hulle juis aan die kaak gestel word? <sup>3<\/sup>Enige geneser wat in fantasie\u00eb die waarheid soek, is beslis nie genees nie, want hy weet nie waar om na die waarheid te soek nie, en beskik dus nie oor die antwoord op die probleem van genesing nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Om bewus te maak van nagmerries het \u2019n voordeel, maar slegs om te onderrig dat hulle nie werklik is nie, en dat alles wat hulle bevat geen betekenis het nie. <sup>2<\/sup>Die ongeneesde geneser kan dit nie doen nie, want hy glo dit nie. <sup>3<\/sup>Alle ongeneesde genesers volg die ego se vergewingsplan in een of ander vorm. <sup>4<\/sup>As hulle teolo\u00eb is, sal hulle hulleself waarskynlik veroordeel, veroordeling onderrig en \u2019n oplossing wat bang maak voorstaan. <sup>5<\/sup>Deur veroordeling op God te projekteer, laat hulle Hom wraaksugtig lyk, en vrees hulle Sy vergelding. <sup>6<\/sup>Maar wat hulle gedoen het, is om met die ego te identifiseer, en deur waar te neem wat <em>dit <\/em>doen, hulleself op grond van hierdie verwarring te veroordeel. <sup>7<\/sup>Dit is verstaanbaar dat daar opstand en verset teen hierdie konsep ontstaan het, maar om jou daarteen te verset, beteken nog steeds om daarin te glo.<\/li>\n\n\n\n<li>Sommige nuwe vorme van die ego se plan is ewe nutteloos as die oues, omdat die vorm geen verskil maak nie en die inhoud nie verander het nie. <sup>2<\/sup>In een van die nuwer vorme mag \u2019n psigoterapeut byvoorbeeld die ego se simbole in \u2019n nagmerrie interpreteer, en hulle dan gebruik om te bewys dat die nagmerrie werklikheid is. <sup>3<\/sup>Sodra dit eers werklik gemaak is, probeer hy dan om die gevolge daarvan uit te wis&nbsp; deur die belangrikheid van die dromer gering te skat. <sup>4<\/sup>Dit sou \u2019n heilsame benadering wees as die dromer ook as onwerklik gesien kon word. <sup>5<\/sup>Maar as die dromer gelykgestel word met die geestesdenke, word die korrigerende vermo\u00eb van die geestesdenke wat werk deur die Heilige Gees, ontken. <sup>6<\/sup>Dit is selfs vanuit die ego se oogpunt \u2019n weerspreking, en wel een wat hy gewoonlik selfs in sy verwarring raaksien.<\/li>\n\n\n\n<li>As die manier om vrees teen te werk, beteken dat die belangrikheid van die geestesdenke verminder moet word, hoe kan dit dan egosterkte opbou? <sup>2<\/sup>Sulke duidelike teenstrydighede verklaar waarom niemand nog waarlik verduidelik het wat in psigoterapie gebeur nie. <sup>3<\/sup>Daar gebeur in werklikheid niks nie. <sup>4<\/sup>Daar het met die ongeneesde geneser niks werkliks gebeur nie, en hy moet leer uit sy eie onderrig. <sup>5<\/sup>Sy ego sal altyd probeer om iets uit die situasie te haal. <sup>6<\/sup>Die ongeneesde geneser weet dus nie hoe om te gee nie, en kan gevolglik nie deel nie. <sup>7<\/sup>Hy kan nie korrigeer nie, want hy werk nie korrigerend nie. <sup>8<\/sup>Hy glo dat dit by hom berus om die pasi\u00ebnt te leer wat werklik is, alhoewel hy dit self nie weet nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Wat behoort dan te gebeur? <sup>2<\/sup>Toe God ges\u00ea het: \u201cLaat daar lig wees,\u201d <em>was <\/em>daar lig. <sup>3<\/sup>Kan jy lig vind deur die duisternis te analiseer, soos die psigoterapeut dit doen, of soos die teoloog, deur duisternis in jouself te erken en na \u2019n veraf lig te soek om die duisternis uit te wis, terwyl die afstand beklemtoon word? <sup>4<\/sup>Genesing is nie misterieus nie. <sup>5<\/sup>Niks sal verander wat nie begryp word nie, want lig <em>is<\/em> begrip. <sup>6<\/sup>\u2019n \u201cEllendige sondaar\u201d kan nie sonder die magiese genees word nie, net so min as wat \u2019n&nbsp; \u201conbelangrike geestesdenke\u201d homself kan respekteer sonder die magiese.<\/li>\n\n\n\n<li>Beide vorme van die ego se benadering moet dus \u2019n doodloopstraat bereik, die tipiese&nbsp; \u201conmoontlike situasie\u201d waartoe die ego altyd aanleiding gee. <sup>2<\/sup>Dit mag help om iemand te wys in watter rigting hy stuur, maar die doel daarvan gaan verlore as hy nie ook gehelp word om van rigting te verander nie. <sup>3<\/sup>Die ongeneesde geneser kan dit nie vir hom doen nie, omdat hy dit nie vir homself kan doen nie. <sup>4<\/sup>Die enigste betekenisvolle bydrae wat die geneser kan maak, is om \u2019n voorbeeld te wees van iemand wie se rigting <em>vir <\/em>hom verander is, en wat nie langer in enige soort nagmerries glo nie. <sup>5<\/sup>Die lig in sy geestesdenke sal daarom antwoord gee aan die vraesteller, wat met God moet besluit dat daar lig is <em>omdat <\/em>hy dit sien. <sup>6<\/sup>En deur sy erkenning weet die geneser dat dit daar is. <sup>7<\/sup>Dit is hoe persepsie uiteindelik in kennis omgesit word. <sup>8<\/sup>Die wonderdoener begin deur lig waar te neem, en sit sy persepsie om in sekerheid deur dit voortdurend uit te brei en die erkenning daarvan te aanvaar. <sup>9<\/sup>Die gevolge daarvan verseker hom dat dit daar is.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Terapeut genees nie, <em>hy laat genesing plaasvind<\/em>. <sup>2<\/sup>Hy kan op die duisternis wys, maar vanself kan hy nie lig bring nie, want die lig is nie van hom nie. <sup>3<\/sup>Maar omdat dit wel <em>vir <\/em>hom daar is, moet dit ook vir sy pasi\u00ebnt daar wees. <sup>4<\/sup>Die Heilige Gees is die enigste Terapeut. <sup>5<\/sup>Hy maak genesing in enige situasie duidelik waarin Hy die Gids is. <sup>6<\/sup>Jy kan Hom maar net Sy funksie laat vervul. <sup>7<\/sup>Hiervoor het Hy geen hulp nodig nie. <sup>8<\/sup>Hy sal jou presies vertel wat om te doen om iemand te help wat Hy na jou vir hulp stuur, en sal deur jou met hom praat as jy nie inmeng nie. <sup>9<\/sup>Onthou dat jy die gids kies om te help, en dat die verkeerde keuse nie sal help nie. <sup>10<\/sup>Maar onthou ook dat die regte een sal help. <sup>11<\/sup>Vertrou Hom, want om te help is Sy funksie, en Hy is van God. <sup>12<\/sup>Soos jy ander se geestesdenke wakker maak tot die Heilige Gees deur Hom, en nie deur jouself nie, sal jy begryp dat jy nie die wette van hierdie w\u00eareld gehoorsaam nie. <sup>13<\/sup>Maar die wette wat jy gehoorsaam, werk. <sup>14<\/sup>\u201cDit is die goeie wat werk\u201d is \u2019n gesonde, maar onvoldoende stelling. <sup>15<\/sup>Alleen die goeie <em>kan<\/em> werk. <sup>16<\/sup>Niks anders werk hoegenaamd nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Hierdie kursus bied \u2019n baie direkte en \u2019n heel eenvoudige leersituasie aan, en verskaf die Gids wat jou vertel wat om te doen. <sup>2<\/sup>As jy dit doen, sal jy sien dat dit werk. <sup>3<\/sup>Die resultate daarvan is meer oortuigend as die woorde. <sup>4<\/sup>Hulle sal jou daarvan oortuig dat die woorde waar is. <sup>5<\/sup>Deur die regte Gids te volg, sal jy die eenvoudigste van alle lesse leer:<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">        <em><sup>6<\/sup><\/em><em>Aan hulle vrugte sal julle hulle ken, en sal hulle hulleself ken.<\/em><\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>VI. Die aanvaarding van jou broer<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Hoe kan jy in toenemende mate van die Heilige Gees in jou bewus word anders as deur Sy werking? <sup>2<\/sup>Jy kan Hom nie met jou o\u00eb sien of met jou ore hoor nie. <sup>3<\/sup>Hoe kan jy Hom dan hoegenaamd waarneem? <sup>4<\/sup>As jy vreugde inspireer en ander reageer op jou met vreugde, selfs al ervaar jy nie self vreugde nie, moet daar iets in jou wees wat in staat is om dit op te wek. <sup>5<\/sup>As dit in jou is en vreugde kan opwek, en as jy sien dat dit inderdaad vreugde in ander opwek, dan is jy besig om dit in jouself te dissosieer.<\/li>\n\n\n\n<li>Dit kom vir jou voor of die Heilige Gees nie konsekwent vreugde in jou opwek nie omdat jy nie konsekwent vreugde in ander wakker maak nie. <sup>2<\/sup>Aan hulle reaksies op jou evalueer jy hoe konsekwent Hy is. <sup>3<\/sup>As jy inkonsekwent is, sal jy nie altyd aanleiding gee tot vreugde nie, en sodoende sal jy nie altyd Sy konsekwentheid herken nie. <sup>4<\/sup>Wat jy jou broer aangebied het, bied jy Hom aan, want Hy kan nie in wat Hy gee verder gaan as wat jy aangebied het nie. <sup>5<\/sup>Dit is nie omdat Hy beperk wat Hy gee nie, maar eenvoudig omdat jy beperk het wat jy ontvang het. <sup>6<\/sup>Die besluit om te ontvang, is die besluit om te aanvaar.<\/li>\n\n\n\n<li>As jou broers deel van jou is, gaan jy hulle dan aanvaar? <sup>2<\/sup>Net hulle kan jou leer&nbsp; wat jy is, want wat jy leer, is die resultaat van wat jy hulle geleer het. <sup>3<\/sup>Wat jy oproep in hulle, roep jy in jouself op. <sup>4<\/sup>En soos jy dit in hulle oproep, word dit in jou werklikheid. <sup>5<\/sup>God het maar een Seun, want Hy ken hulle almal as \u00e9\u00e9n. <sup>6<\/sup>Alleenlik God Self is meer as hulle, maar hulle is nie minder as Hy nie. <sup>7<\/sup>Wil jy weet wat dit beteken? <sup>8<\/sup>As jy wat jy aan my broer doen aan my doen, en as jy alles vir jouself doen omdat ons deel van jou is, dan behoort alles wat ons doen eweneens aan jou. <sup>9<\/sup>Iedereen wat God geskep het, is deel van jou en deel Sy heerlikheid met jou. <sup>10<\/sup>Sy heerlikheid&nbsp; behoort aan Hom, maar is in gelyke mate joune. <sup>11<\/sup>Jy kan dus nie minder heerlik wees as Hy nie.<\/li>\n\n\n\n<li>God is alleenlik meer as jy omdat Hy jou geskep het, maar selfs dit wil Hy nie van jou weerhou nie. <sup>2<\/sup>Daarom kan jy skep soos Hy geskep het, en jou dissosiasie sal dit nie verander nie. <sup>3<\/sup>N\u00f3g God se lig, n\u00f3g joune is verdof omdat jy nie kan sien nie. <sup>4<\/sup>Omdat die Seunskap as \u00e9\u00e9n moet skep, onthou jy die skepping elke keer as jy \u2019n deel van die skepping herken. <sup>5<\/sup>Elke deel wat jy onthou, voeg tot jou heelheid by, want elke deel <em>is <\/em>heel. <sup>6<\/sup>Heelheid is ondeelbaar, maar jy kan nie leer wat jou heelheid is voordat jy dit nie oral sien nie. <sup>7<\/sup>Jy kan jouself alleenlik ken soos God Sy Seun ken, want kennis word met God gedeel. <sup>8<\/sup>Wanneer jy in Hom ontwaak, sal jy jou grootheid ken deur Sy grensloosheid as joune te aanvaar. <sup>9<\/sup>Maar intussen sal jy jou grootheid&nbsp; beoordeel soos jy jou broer s\u2019n oordeel, en dit aanvaar soos jy syne aanvaar.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy is nog nie wakker nie, maar jy kan leer hoe om te ontwaak. <sup>2<\/sup>Baie eenvoudig: die Heilige Gees leer jou om ander wakker te maak. <sup>3<\/sup>Namate jy hulle sien ontwaak, sal jy leer wat ontwaking beteken, en omdat jy gekies het om hulle wakker te maak, sal hulle dankbaarheid en waardering oor wat jy hulle gegee het, jou leer wat die waarde daarvan is. <sup>4<\/sup>Hulle sal die getuies van jou werklikheid word, net soos jy geskep was as getuie van die Werklikheid van God. <sup>5<\/sup>Maar wanneer die Seunskap bymekaarkom en sy \u00c9\u00e9nheid aanvaar, sal hy geken word aan sy skeppinge wat getuig van sy werklikheid soos die Seun dit doen vir die Vader.<\/li>\n\n\n\n<li>Wonders het nie \u2019n plek in die ewigheid nie, omdat hulle herstellend is. <sup>2<\/sup>Maar solank jy nog genesing nodig het, is jou wonders die enigste getuies van jou werklikheid wat jy kan herken. <sup>3<\/sup>Jy kan nie \u2019n wonder vir jouself verrig nie, want wonders is \u2019n manier om aanvaarding te gee en te ontvang. <sup>4<\/sup>In tyd kom die gee eerste, alhoewel hulle in die ewigheid, waar hulle nie geskei kan word nie, gelyktydig is. <sup>5<\/sup>Wanneer jy geleer het dat hulle dieselfde is, is die behoefte aan tyd verby.<\/li>\n\n\n\n<li>Die ewigheid is \u00e9\u00e9n tyd, met \u201caltyd\u201d as enigste dimensie. <sup>2<\/sup>Dit kan niks vir jou beteken totdat jy nie God se ope Arms onthou, en uiteindelik Sy oop Geestesdenke ken nie. <sup>3<\/sup>Soos Hy, is <em>jy <\/em>\u201caltyd\u201d: in Sy Geestesdenke en met dieselfde geestesdenke as Syne. <sup>4<\/sup>In jou oop geestesdenke is jou skeppinge, in volmaakte kommunikasie gebore uit volmaakte begrip. <sup>5<\/sup>Sou jy maar een van hulle kon aanvaar, sou jy niks wou h\u00ea wat die w\u00eareld aan te bied het nie. <sup>6<\/sup>Alles anders sou totaal betekenisloos wees. <sup>7<\/sup>God se betekenis is onvolledig sonder jou, en jy is onvolledig sonder jou skeppinge. <sup>8<\/sup>Aanvaar jou broer in hierdie w\u00eareld en aanvaar niks anders nie, want in hom sal jy jou skeppinge vind, omdat hy hulle met jou geskep het. <sup>9<\/sup>Jy sal nooit weet dat jy medeskepper met God is tot jy nie leer dat jou broer medeskepper met jou is nie.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>VII. Die twee evaluerings<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>God se Wil is jou verlossing. <sup>2<\/sup>Sou Hy jou dan nie die middele gee om dit te vind nie? <sup>3<\/sup>As Hy wil dat jy dit ontvang, moes Hy dit moontlik en maklik gemaak het om te bekom. <sup>4<\/sup>Jou broers is oral. <sup>5<\/sup>Jy hoef nie ver vir verlossing te soek nie. <sup>6<\/sup>Elke minuut en elke sekonde bied jou \u2019n kans om jouself te verlos. <sup>7<\/sup>Moenie hierdie kanse verspeel nie, nie omdat hulle nie sal terugkeer nie, maar omdat \u2019n vertraging van vreugde onnodig is. <sup>8<\/sup>God wil nou vir jou volmaakte geluk. <sup>9<\/sup>Is dit moontlik dat dit nie ook jou wil is nie? <sup>10<\/sup>En is dit moontlik dat dit nie ook die wil van jou broers is nie?<\/li>\n\n\n\n<li>Oorweeg dan dat julle almal in hierdie gesamentlike wil, en hierin alleen, verenig is. <sup>2<\/sup>Daar kan verskil word oor enigiets anders, maar nie hieroor nie. <sup>3<\/sup>Hierin l\u00ea dan ook die vrede. <sup>4<\/sup>En jy bly in vrede wanneer jy so besluit. <sup>5<\/sup>Maar jy kan nie in vrede bly nie, tensy jy die Versoening aanvaar nie, want die Versoening <em>is <\/em>die weg na vrede. <sup>6<\/sup>Die rede is baie eenvoudig, en so vanselfsprekend dat dit dikwels nie raakgesien word nie. <sup>7<\/sup>Die ego is bang vir wat vanselfsprekend is, want die vanselfsprekende is die wesenlike kenmerk van die werklikheid. <sup>8<\/sup>Maar <em>jy <\/em>kan nie daar verby kyk nie, tensy jy nie kyk nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Dit is volkome vanselfsprekend dat as die Heilige Gees alles wat Hy waarneem met liefde aanskou, Hy jou ook met liefde aanskou. <sup>2<\/sup>Sy evaluering of beoordeling van jou is gebaseer op Sy kennis van wat jy is, en so beoordeel Hy jou in waarheid. <sup>3<\/sup>En hierdie evaluering moet in jou geestesdenke wees, want Hy is daar. <sup>4<\/sup>Die ego is ook in jou geestesdenke, omdat jy Hom daar toegelaat het. <sup>5<\/sup>Sy evaluering van jou is egter presies die teenoorgestelde van die Heilige Gees s\u2019n, omdat die ego jou nie lief het nie. <sup>6<\/sup>Hy is nie bewus van wat jy is nie, en heeltemal wantrouig teenoor alles wat hy waarneem omdat sy persepsies so wisselend is. <sup>7<\/sup>Die ego is dan ook op sy beste tot agterdogtigheid en op sy ergste tot boosaardigheid in staat. <sup>8<\/sup>Dit is sy grense. <sup>9<\/sup>Daarbuite kan hy nie gaan nie vanwe\u00eb sy onsekerheid. <sup>10<\/sup>En daarbowe kan hy nie kom nie, omdat hy nooit seker <em>kan <\/em>wees nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy het dus twee konflikterende evaluerings van jouself in jou geestesdenke, en hulle kan nie beide waar wees nie. <sup>2<\/sup>Jy besef nog nie hoe totaal verskillend hierdie beoordelings is nie, want jy begryp nie hoe verhewe die Heilige Gees se persepsies van jou in werklikheid is nie. <sup>3<\/sup>Hy word nie mislei deur enigiets wat jy doen nie omdat Hy nooit vergeet wat jy is nie. <sup>4<\/sup>Die ego word mislei deur alles wat jy doen, veral wanneer jy op die Heilige Gees reageer, want met sulke tye neem sy verwarring toe. <sup>5<\/sup>Die ego sal jou dus hoogswaarskynlik aanval wanneer jy liefdevol reageer, want hy het jou as nie-liefdevol ge\u00ebvalueer en jy gaan teen sy oordeel in. <sup>6<\/sup>Die ego sal jou motiewe aanval sodra hulle duidelik nie meer ooreenstem met sy persepsie van jou nie. <sup>7<\/sup>Dit is wanneer hy bruusk sal verander van agterdogtigheid tot boosaardigheid, aangesien sy onsekerheid toegeneem het. <sup>8<\/sup>Tog is dit sinloos om terug aan te val. <sup>9<\/sup>Wat kan dit anders beteken as dat jy saamstem met die ego se evaluering van wat jy is?<\/li>\n\n\n\n<li>As jy verkies om jouself nie as liefdevol te sien nie, sal jy nie gelukkig wees nie. <sup>2<\/sup>Jy veroordeel jouself en moet jouself gevolglik as ontoereikend beskou. <sup>3<\/sup>Sou jy na die ego opsien om jou te help om van \u2019n gevoel van ontoereikendheid, wat hy teweeggebring het en vir sy voortbestaan in stand moet hou, ontslae te raak?&nbsp; <sup>4<\/sup>Kan jy sy evaluering van jou vryspring deur gebruik te maak van sy metodes om hierdie prentjie ongeskonde te hou?<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kan nie \u2019n kranksinnige geloofsisteem van binne evalueer nie. <sup>2<\/sup>Sy bestek of bereik sluit dit uit. <sup>3<\/sup>Jy kan alleenlik daarbuite gaan staan, en vanaf \u2019n punt waar geestesgesondheid bestaan, terugkyk, en <em>die kontras sien<\/em>. <sup>4<\/sup>Slegs deur hierdie kontras kan kranksinnigheid as kranksinnig geoordeel word. <sup>5<\/sup>Met die grootheid van God in jou het jy verkies om klein te wees en om jou kleinheid te betreur. <sup>6<\/sup>Binne die sisteem wat hierdie keuse bepaal het, is die klaaglied onvermydelik. <sup>7<\/sup>Jou kleinheid word daar as vanselfsprekend aanvaar en jy vra nie: \u201cWie het dit my geskenk?\u201d nie. <sup>8<\/sup>Die vraag is binne die ego se denksisteem betekenisloos, want dit sou die hele denksisteem aan bevraagtekening blootstel.<\/li>\n\n\n\n<li>Ek het ges\u00ea dat die ego nie weet wat \u2019n egte vraag is nie. <sup>2<\/sup>Enige soort gebrek aan kennis hou altyd verband met \u2019n onwilligheid om te ken, en dit veroorsaak \u2019n totale gebrek aan kennis, eenvoudig omdat kennis totaal is. <sup>3<\/sup>Om nie jou kleinheid in twyfel te trek nie, beteken dus om alle kennis te ontken, en die ego se hele denksisteem ongeskonde te hou. <sup>4<\/sup>Jy kan nie \u2019n denksisteem gedeeltelik behou nie, omdat dit slegs&nbsp; by sy fondament in twyfel getrek kan word. <sup>5<\/sup>En dit moet van buite in twyfel getrek word, want daarbinne bly sy fondament inderdaad van krag. <sup>6<\/sup>Die Heilige Gees oordeel teen die werklikheid van die ego se denksisteem bloot omdat Hy weet dat sy fondament nie waar is nie. <sup>7<\/sup>Daarom beteken niks wat daaruit voortkom enigiets nie. <sup>8<\/sup>Hy oordeel elke oortuiging wat jy het in terme van waar dit vandaan kom. <sup>9<\/sup>As dit van God af kom, weet Hy dat dit waar is. <sup>10<\/sup>Indien nie, weet Hy dat dit sonder betekenis is.<\/li>\n\n\n\n<li>Elke keer as jy jou waarde in twyfel trek, s\u00ea dan:<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">        <em><sup>2<\/sup><\/em><em>God Self is onvolledig sonder my.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">        <sup>3<\/sup>Onthou dit wanneer die ego praat, en jy sal hom nie hoor nie.           <sup>4<\/sup>Die waarheid oor jou is so verhewe dat niks wat God onwaardig is, jou waardig is nie. <sup>5<\/sup>Besluit dan wat jy in terme hiervan wil h\u00ea, en aanvaar niks wat jy nie aan God sou wil bied wat Hom nie volkome gepas is nie. <sup>6<\/sup>Jy wil niks anders h\u00ea nie. <sup>7<\/sup>Gee Hom jou deel terug, en Hy sal jou alles van Homself gee in ruil vir dit wat aan Hom behoort en Hom volledig maak.<\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>VIII. Grootheid teenoor grootheidswaan<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Grootheid is van God, en van Hom alleen. <sup>2<\/sup>Daarom is dit in jou. <sup>3<\/sup>Elke keer as jy daarvan bewus word, hoe vaagweg ook al, doen jy outomaties afstand van die ego, want in die teenwoordigheid van die grootheid van God word die onbeduidenheid van die ego volkome duidelik. <sup>4<\/sup>Wanneer dit gebeur, alhoewel hy dit nie begryp nie, glo die ego dat sy \u201cvyand\u201d toegeslaan het, en probeer hy jou met geskenke oorhaal om na sy \u201cbeskerming\u201d terug te keer. <sup>5<\/sup>\u2019n Opgeblase self is die enigste aanbod wat die ego kan maak. <sup>6<\/sup>Die grootheidswaan van die ego is sy alternatief vir die grootheid van God. <sup>7<\/sup>Watter een kies jy?<\/li>\n\n\n\n<li>Grootheidswaan is altyd \u2019n dekmantel vir wanhoop. <sup>2<\/sup>Dit is sonder hoop omdat dit nie werklik is nie. <sup>3<\/sup>Dit is \u2019n poging om jou kleinheid teen te werk, gegrond op die oortuiging dat die kleinheid werklik is. <sup>4<\/sup>Sonder hierdie oortuiging het grootheidswaan geen betekenis nie, en is dit onmoontlik dat jy dit sou wil h\u00ea. <sup>5<\/sup>Die essensie van grootheidswaan is mededingendheid, want dit behels altyd aanval. <sup>6<\/sup>Dit is \u2019n waandenkbeeldige poging om te oortref, maar nie \u2019n poging om ongedaan te maak nie. <sup>7<\/sup>Ons het voorheen ges\u00ea dat die ego tussen agterdogtigheid en boosaardigheid weifel. <sup>8<\/sup>Hy bly agterdogtig solank jy aan jouself wanhoop. <sup>9<\/sup>Hy verander na boosaardigheid wanneer jy besluit om nie selfvernedering te duld nie, en uitkoms te soek. <sup>10<\/sup>Dan bied hy jou die illusie van aanval as \u2019n \u201coplossing\u201d aan.<\/li>\n\n\n\n<li>Die ego begryp nie die verskil tussen grootheid en grootheidswaan nie, want hy sien geen verskil tussen wonderimpulse en sy eie egovreemde oortuigings nie. <sup>2<\/sup>Ek het jou vertel dat die ego bewus is van die bedreiging vir sy bestaan, maar hy maak geen onderskeid tussen hierdie twee baie verskillende soorte bedreigings nie. <sup>3<\/sup>Sy diepe gevoel van kwetsbaarheid maak dat hy nie in staat is om iets te oordeel, behalwe as aanval nie. <sup>4<\/sup>Wanneer die ego bedreiging ervaar, is sy enigste besluit of hy nou sal aanval of hom eers terug sal trek om later aan te val. <sup>5<\/sup>As jy sy aanbod van grootheidswaan aanvaar, sal hy onmiddellik aanval. <sup>6<\/sup>Indien nie, sal hy wag.<\/li>\n\n\n\n<li>In die teenwoordigheid van God se grootheid is die ego ge\u00efmmobiliseer, want Sy grootheid bevestig jou vryheid. <sup>2<\/sup>Selfs die geringste sweempie van jou werklikheid dryf die ego letterlik uit jou geestesdenke, want jy sal alle belegging daarin opgee. <sup>3<\/sup>Grootheid is geheel en al sonder illusies, en omdat dit werklik is, is dit dwingend oortuigend. <sup>4<\/sup>Maar jy sal die oortuiging van die werklikheid nie kan handhaaf nie, tensy jy die ego verhinder om dit aan te val. <sup>5<\/sup>Die ego sal alle moontlike pogings aanwend om te herstel en sy kragte teen jou bevryding te mobiliseer. <sup>6<\/sup>Hy sal jou vertel dat jy kranksinnig is, en argumenteer dat grootheid nie \u2019n werklike deel van jou kan wees nie vanwe\u00eb die kleinheid waarin hy glo. <sup>7<\/sup>Nogtans is jou grootheid geen waan nie, want jy het dit nie gemaak nie. <sup>8<\/sup>Jy het wel grootheidswaan gemaak en jy is bang daarvoor omdat dit \u2019n vorm van aanval is, maar jou grootheid is van God, wat dit uit Sy Liefde geskep het.<\/li>\n\n\n\n<li>Vanuit jou grootheid kan jy alleenlik se\u00ebn, want jou grootheid is jou oorvloed. <sup>2<\/sup>Deur te se\u00ebn, hou jy dit in jou geestesdenke, beskerm dit teen illusies en hou jy jouself in die Geestesdenke van God. <sup>3<\/sup>Onthou altyd dat jy n\u00earens anders kan wees as in die Geestesdenke van God nie. <sup>4<\/sup>As jy dit vergeet, <em>sal <\/em>jy wanhoop en <em>sal <\/em>jy aanval.<\/li>\n\n\n\n<li>Die ego maak uitsluitlik staat op jou gewilligheid om hom te verdra. <sup>2<\/sup>As jy gewillig is om jou grootheid te aanskou, kan jy nie wanhoop nie, en dus kan jy nie die ego wil h\u00ea nie. <sup>3<\/sup>Jou grootheid is God se antwoord op die ego, want dit is waar. <sup>4<\/sup>Kleinheid en grootheid kan nie saambestaan nie, en ook is dit nie vir hulle moontlik om af te wissel nie. <sup>5<\/sup>Kleinheid en grootheidswaan kan en moet mekaar afwissel, aangesien beide onwaar is en daarom op dieselfde vlak l\u00ea. <sup>6<\/sup>Aangesien dit die vlak van wisseling is, word dit wisselvallig ervaar en is uiterstes die wesenlike eienskap daarvan.<\/li>\n\n\n\n<li>Waarheid en kleinheid is ontkennings van mekaar, want grootheid is waarheid. <sup>2<\/sup>Waarheid wissel en weifel nie, dit is altyd waar. <sup>3<\/sup>Wanneer grootheid van jou wegglip, het jy dit vervang met iets wat jy gemaak het. <sup>4<\/sup>Miskien is dit die geloof in kleinheid, miskien is dit die geloof in grootheidswaan. <sup>5<\/sup>Maar dit moet waansinnig wees omdat dit nie waar is nie. <sup>6<\/sup>Jou grootheid sal jou nooit mislei nie, maar jou illusies sal altyd. <sup>7<\/sup>Illusies is bedrog. <sup>8<\/sup>Jy kan nie triomfeer nie, maar jy <em>is<\/em> reeds verheerlik. <sup>9<\/sup>In jou verheerlikte staat soek jy ander soos jy en verheug jou met hulle.<\/li>\n\n\n\n<li>Dit is maklik om grootheid van grootheidswaan te onderskei, want liefde word beantwoord en hoogmoed nie. <sup>2<\/sup>Hoogmoed sal nie wonders voortbring nie, en sal jou daarom van die ware getuies van jou werklikheid beroof. <sup>3<\/sup>Die waarheid is nie duister of verborge nie, maar sy vanselfsprekendheid l\u00ea in die vreugde wat jy bring aan sy getuies, hulle wat dit vir jou wys. <sup>4<\/sup>Hulle getuig van jou grootheid, maar hulle kan nie van hoogmoed getuig nie, want hoogmoed word nie gedeel nie. <sup>5<\/sup>God wil h\u00ea dat jy aanskou wat Hy geskep het, omdat dit Sy vreugde is.&nbsp;&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Kan jou grootheid arrogant wees as God Self daarvan getuig? <sup>2<\/sup>En wat kan werklik wees wat nie getuies het nie? <sup>3<\/sup>Wat goeds kan daaruit kom? <sup>4<\/sup>En as niks goeds daaruit&nbsp; kom nie, kan die Heilige Gees dit nie gebruik nie. <sup>5<\/sup>Wat Hy nie tot die Wil van God kan transformeer nie, bestaan hoegenaamd nie. <sup>6<\/sup>Grootheidswaan is waandenkbeeldig omdat dit gebruik word om jou grootheid te vervang. <sup>7<\/sup>Maar wat God geskep het, kan nie vervang word nie. <sup>8<\/sup>God is sonder jou onvolledig, want Sy grootheid is totaal, en jy kan nie daaraan ontbreek nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Jy is geheel en al onvervangbaar in die Geestesdenke van God. <sup>2<\/sup>Niemand anders kan jou rol daarin vervul nie, en solank jy jou rol onvervuld laat, wag jou ewige plek bloot op jou terugkeer. <sup>3<\/sup>God, deur Sy Stem, herinner jou daaraan, en God Self hou jou uitbreidings daarin veilig. <sup>4<\/sup>Maar jy ken hulle nie totdat jy nie na hulle terugkeer nie. <sup>5<\/sup>Jy kan nie die Koninkryk vervang nie, en jy kan nie jouself vervang nie. <sup>6<\/sup>God, wat jou waarde ken, wil dit nie so h\u00ea nie, en dus is dit nie so nie. <sup>7<\/sup>Jou waarde is in God se Geestesdenke, en daarom nie in joune alleen nie. <sup>8<\/sup>Om jouself te aanvaar soos God jou geskep het, kan nie arrogansie wees nie, want dit is die ontkenning van arrogansie. <sup>9<\/sup>Om jou kleinheid te aanvaar, <em>is <\/em>arrogant, want dit beteken dat jy glo dat jou evaluering van jouself waarder as di\u00e9 van God is.<\/li>\n\n\n\n<li>&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp;&nbsp; Maar as die waarheid ondeelbaar is, <em>moet <\/em>jou evaluering van jouself wees soos di\u00e9 van God. <sup>2<\/sup>Jy het nie jou waarde bepaal nie en dit benodig nie verdediging nie. <sup>3<\/sup>Niks kan dit aanval of daaroor se\u00ebvier nie. <sup>4<\/sup>Dit wissel nie. <sup>5<\/sup>Jou waarde <em>is <\/em>maar net. <sup>6<\/sup>Vra die Heilige Gees wat jou waarde is en Hy sal jou vertel, maar moenie vir Sy antwoord bang wees nie, want dit kom van God. <sup>7<\/sup>Dit is \u2019n verheerlikte antwoord vanwe\u00eb die&nbsp; Bron, maar die Bron is waar en so ook Sy antwoord. <sup>8<\/sup>Luister en moenie wat jy hoor,&nbsp; bevraagteken nie, want God mislei nie. <sup>9<\/sup>Hy wil h\u00ea dat jy die egogeloof in kleinheid vervang met Sy Eie verheerlikte Antwoord op wat jy is, sodat jy kan ophou om dit in twyfel te trek en dit te ken vir wat dit is.&nbsp;&nbsp;<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1.c.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\">LES&nbsp; 121<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>Vergifnis is die sleutel tot geluk.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Hier is die antwoord op jou soeke na vrede. <sup>2<\/sup>Hier is die sleutel tot betekenis in \u2019n w\u00eareld wat geen sin blyk te h\u00ea nie. <sup>3<\/sup>Hier is die pad na veiligheid vir die o\u00ebnskynlike gevare wat lyk om jou om elke hoek en draai te bedreig, en wat al jou hoop om ooit rus en vrede te vind, laat wankel. <sup>4<\/sup>Hier word alle vrae beantwoord; hier word die einde van alle onsekerheid uiteindelik verseker.<\/li>\n\n\n\n<li>Die nie-vergewensgesinde geestesdenke is vol vrees, en dit bied liefde geen ruimte om homself te wees nie, geen plek waar dit in vrede sy vlerke kan uitsprei en bo die rumoer van die w\u00eareld kan uitstyg nie. <sup>2<\/sup>Die nie-vergewensgesinde geestesdenke is bedroef, sonder enige hoop op rus en bevryding van pyn. <sup>3<\/sup>Dit ly en verkeer in ellende, loer rond in duisternis sonder om te sien, maar oortuig van die gevaar wat daar skuil.<\/li>\n\n\n\n<li>Die nie-vergewensgesinde geestesdenke word deur twyfel verskeur, is verward oor homself en oor alles wat hy sien; hy is bang en kwaad, swak en raserig, bang om voort te gaan, bang om te bly, bang om wakker te word of te gaan slaap, bang vir elke geluid, maar selfs banger vir stilte; hy is doodbang vir die donker, maar nog meer vreesbevange vir naderende lig. <sup>2<\/sup>Wat kan die nie-vergewensgesinde geestesdenke anders waarneem as sy verdoemenis? <sup>3<\/sup>Wat kan hy sien behalwe die bewys dat al sy sonde werklik is?<\/li>\n\n\n\n<li>Die nie-vergewensgesinde geestesdenke sien geen foute nie, maar slegs sonde. <sup>2<\/sup>Dit beskou die w\u00eareld met blinde o\u00eb, en gil van vrees as dit sy eie projeksies sien verskyn om die jammerlike parodie daarvan op die lewe, aan te val. <sup>3<\/sup>Hy wil lewe, maar wens hy was dood. <sup>4<\/sup>Hy wil vergifnis h\u00ea, maar bespeur geen hoop nie. <sup>5<\/sup>Hy wil ontsnap, maar sien geen uitweg nie omdat hy oral die sondige sien.<\/li>\n\n\n\n<li>Die nie-vergewensgesinde geestesdenke verkeer in wanhoop, sonder die vooruitsig op \u2019n toekoms wat iets anders as net meer wanhoop kan bied. <sup>2<\/sup>Tog beskou hy sy oordeel van die w\u00eareld as onherroeplik, en sien hy nie in dat hy homself tot hierdie wanhoop veroordeel het nie. <sup>3<\/sup>Hierdie geestesdenke dink dat hy nie kan verander nie, want wat hy sien, getuig van die korrektheid van sy oordeel. <sup>4<\/sup>Hy vra nie, want hy dink hy weet. <sup>5<\/sup>Hy bevraagteken nie, want hy is so seker dat hy reg is.<\/li>\n\n\n\n<li>Vergifnis word verwerf. <sup>2<\/sup>Dit is nie eie aan die geestesdenke nie, wat nie kan sondig nie. <sup>3<\/sup>Net soos sonde \u2019n idee is wat jy jouself aangeleer het, moet vergifnis ook deur jou geleer word, maar van \u2019n ander Onderwyser as jyself, Wat die ander Self in jou verteenwoordig. <sup>4<\/sup>Hom leer jy hoe om die self wat jy dink jy gemaak het, te vergewe en te laat verdwyn. <sup>5<\/sup>So gee jy jou geestesdenke as \u00e9\u00e9n terug aan Hom Wat jou Self is, en nooit kan sondig nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Elke nie-vergewensgesinde geestesdenke verskaf jou \u2019n geleentheid om jou eie geestesdenke te leer hoe om homself te vergewe. <sup>2<\/sup>Elkeen wag op bevryding uit die hel deur middel van jou, en wend hom tot jou smekend om die Hemel, hier en nou. <sup>3<\/sup>Hy&nbsp; het geen hoop nie, maar jy word sy hoop. <sup>4<\/sup>En as sy hoop, word jy jou eie hoop. <sup>5<\/sup>Die nie-vergewensgesinde geestesdenke moet deur jou vergifnis leer dat hy uit die hel verlos is. <sup>6<\/sup>En soos jy verlossing onderrig, sal jy leer. <sup>7<\/sup>Maar al jou onderrig en leer sal nie van jou af kom nie, maar van die Onderwyser Wat jou gegee was om jou die pad te wys.<\/li>\n\n\n\n<li>Ons oefen vandag om te leer om te vergewe. <sup>2<\/sup>As jy gewillig is, kan jy vandag leer om die sleutel tot geluk te neem, en dit vir jouself te gebruik. <sup>3<\/sup>Ons sal tien minute in die oggend en nog tien minute in die aand daaraan wy om te leer hoe om vergifnis te gee en ook hoe om vergifnis te ontvang.<\/li>\n\n\n\n<li>Die nie-vergewende geestesdenke glo nie dat gee en ontvang dieselfde is nie. <sup>2<\/sup>Ons sal nogtans vandag probeer leer dat hulle \u00e9\u00e9n is, deur vergifnis te oefen op iemand wat jy as \u2019n vyand beskou, en op iemand wat jy as \u2019n vriend beskou. <sup>3<\/sup>En soos jy leer om hulle beide as \u00e9\u00e9n te sien, sal ons die les na jou uitbrei, en sien dat hulle ontsnapping joune ingesluit het.<\/li>\n\n\n\n<li>Begin die langer oefenperiodes deur te dink aan iemand van wie jy nie hou nie, wat jou blyk te irriteer, of wat weersin in jou skyn op te roep as jy hom sou ontmoet, iemand wat jy daadwerklik minag, of bloot probeer om nie raak te sien nie. <sup>2<\/sup>Dit maak nie saak watter vorm jou kwaadwees aanneem nie. <sup>3<\/sup>Jy het hom heelwaarskynlik reeds&nbsp; gekies. <sup>4<\/sup>Hy is geskik.<\/li>\n\n\n\n<li>Sluit nou jou o\u00eb en sien hom in jou verbeelding en kyk \u2019n rukkie na hom. <sup>2<\/sup>Probeer om iewers in hom \u2019n bietjie lig raak te sien; \u2019n floue skynseltjie wat jy nooit opgemerk het nie. <sup>3<\/sup>Probeer om \u2019n sprankie helderheid te vind wat deur die lelike prentjie wat jy van hom het, straal. <sup>4<\/sup>Kyk na hierdie beeld totdat jy iewers \u2019n lig daarin sien, en probeer dan om hierdie lig te laat uitbrei totdat dit hom heeltemal omvou, en die beeld mooi en goed maak.<\/li>\n\n\n\n<li>Kyk vir \u2019n rukkie na hierdie veranderde persepsie, en verskuif dan jou aandag na iemand wat jy as \u2019n vriend beskou. <sup>2<\/sup>Probeer om die lig wat jy om jou vorige \u201cvyand\u201d leer sien het, na hom oor te dra. <sup>3<\/sup>Sien hom nou as meer as \u2019n vriend vir jou, want in daardie lig wys sy heiligheid jou jou verlosser, sowel verlos en verlossend, genees en heel.<\/li>\n\n\n\n<li>Laat hom jou dan die lig skenk wat jy in hom sien, en laat jou \u201cvyand\u201d en vriend jou saam se\u00ebn met wat jy gegee het. <sup>2<\/sup>Jy is nou \u00e9\u00e9n met hulle, en hulle met jou. <sup>3<\/sup>Nou is jy deur jouself vergewe. <sup>4<\/sup>Vergeet die hele dag deur nie die rol wat vergifnis speel om geluk aan elkeen se nie-vergewensgesinde geestesdenke te bring nie, joune ingeslote. <sup>5<\/sup>S\u00ea elke uur vir jouself:<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em><sup>6<\/sup><\/em><em>Vergifnis is die sleutel tot geluk. <sup>7<\/sup>Ek sal ontwaak uit die droom dat ek kan sterf, dat ek feilbaar en vol sonde is, en ek sal weet dat ek die volmaakte Seun van God is.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1.d.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>4. WAT&nbsp; IS&nbsp; DIE&nbsp; EIENSKAPPE&nbsp; VAN&nbsp; GOD&nbsp; SE&nbsp; ONDERWYSERS?<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die uiterlike kenmerke van God se onderwysers is hoegenaamd nie dieselfde nie. <sup>2<\/sup>Vir die liggaam se o\u00eb lyk hulle nie na mekaar nie, hulle kom uit totaal verskillende agtergronde, hulle ervaring van die w\u00eareld verskil baie, en hulle oppervlakkige \u201cpersoonlikhede\u201d loop heeltemal uiteen. <sup>3<\/sup>En ook het hulle in die beginstadium van hulle funksie as onderwyser van God nog nie die diepere eienskappe verwerf wat hulle sal maak wat hulle is nie. <sup>4<\/sup>God gee Sy onderwysers spesiale gawes, want hulle vervul \u2019n spesiale rol in Sy Versoeningsplan. <sup>5<\/sup>Hulle spesiaalheid is natuurlik slegs tydelik: in die tyd geplaas as \u2019n middel om uit tyd uit te lei. <sup>6<\/sup>Hierdie spesiale gawes, gebore in die heilige verhouding waarop die onderrig-leer situasie gerig is, word kenmerkend van alle onderwysers van God wat in hulle eie leerproses gevorder het. <sup>7<\/sup>In hierdie opsig is hulle almal eenders.<\/li>\n\n\n\n<li>Alle verskille tussen die Seuns van God is tydelik. <sup>2<\/sup>Nietemin kan ges\u00ea word dat die gevorderde onderwysers van God in tyd die volgende eienskappe het:<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>I. Vertroue<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Dit is die grondslag waarop hulle vermo\u00eb om hulle funksie te vervul, berus. <sup>2<\/sup>Persepsie is die resultaat van leer. <sup>3<\/sup>Trouens, persepsie <em>is <\/em>leer, omdat oorsaak en gevolg nooit geskei is nie. <sup>4<\/sup>Die onderwysers van God het vertroue in die w\u00eareld, want hulle het geleer dat dit nie regeer word deur die wette wat die w\u00eareld opgemaak het nie. <sup>5<\/sup>Dit word regeer deur \u2019n krag wat <em>in <\/em>hulle is, maar nie <em>van <\/em>hulle nie. <sup>6<\/sup>Dit is hierdie krag wat alles veilig hou. <sup>7<\/sup>Dit is deur hierdie krag dat die onderwysers van God \u2019n w\u00eareld sien wat vergewe is.<\/li>\n\n\n\n<li>As hierdie krag eers een keer ervaar is, is dit onmoontlik om weer op jou eie onbeduidende vermo\u00ebns te vertrou. <sup>2<\/sup>Wie sou probeer om met die nietige vlerke van \u2019n mossie te vlieg as hy die magtige krag van \u2019n arend gegee is? <sup>3<\/sup>En wie sou sy vertroue stel in die skamele aanbod van die ego as die gawes van God voor hom neergel\u00ea word? <sup>4<\/sup>Wat is dit wat hulle die skuif laat maak?<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<ol style=\"list-style-type:upper-alpha\" class=\"wp-block-list\">\n<li><strong>Die ontwikkeling van vertroue<\/strong><\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Eerstens moet hulle deur \u2019n periode gaan wat \u201c\u2019n tyd van ongedaanmaking\u201d genoem kan word. <sup>2<\/sup>Dit hoef nie pynlik te wees nie, maar word gewoonlik so ervaar. <sup>3<\/sup>Dit kom voor asof dinge weggeneem word, en aanvanklik word selde begryp dat die gebrek aan waarde van hierdie dinge bloot ingesien word. <sup>4<\/sup>Hoe kan \u2019n gebrek aan waarde waargeneem word tensy die waarnemer in \u2019n posisie is waar hy dinge in \u2019n ander lig m\u00f3\u00e9t sien? <sup>5<\/sup>Hy is nog nie op die punt waar hy innerlik die skuif volkome kan maak nie. <sup>6<\/sup>En dus sal die plan soms veranderinge vra in wat uiterlike omstandighede blyk te wees. <sup>7<\/sup>Hierdie veranderinge is altyd behulpsaam. <sup>8<\/sup>Wanneer die onderwyser van God dit eenmaal geleer het, gaan hy voort met die tweede fase.<\/li>\n\n\n\n<li>Vervolgens moet die onderwyser deur \u201c\u2019n periode van uitsortering\u201d gaan. <sup>2<\/sup>Dit is altyd ietwat moeilik, want, noudat hy geleer het dat die veranderinge in sy lewe altyd behulpsaam is, moet hy voortaan oor alle dinge besluit op grond van die vraag of hulle die behulpsaamheid bevorder of belemmer. <sup>3<\/sup>Hy sal ontdek dat baie, indien nie die meeste van die dinge wat hy voorheen van waarde geskat het nie, slegs sy vermo\u00eb belemmer om wat hy geleer het oor te dra na nuwe situasies, wanneer hulle opduik. <sup>4<\/sup>Omdat hy waarde geheg het aan wat in werklikheid waardeloos is, sal hy nie die les veralgemeen nie uit vrees vir verlies en opoffering. <sup>5<\/sup>Dit verg besondere leerwerk om te begryp dat alle dinge, gebeure, ontmoetings, en omstandighede behulpsaam is. <sup>6<\/sup>Slegs in die mate waarin hulle behulpsaam is, kan daar in hierdie w\u00eareld van illusies enige graad van werklikheid aan hulle toegeken word. <sup>7<\/sup>Die woord \u201cwaarde\u201d kan op niks anders toegepas word nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die derde fase waardeur die onderwyser van God moet gaan, kan \u201c\u2019n periode van laatvaarding\u201d genoem word. <sup>2<\/sup>As dit ge\u00efnterpreteer word as die opgee van wat begeerlik is, sal dit enorme konflik veroorsaak. <sup>3<\/sup>Min onderwysers van God spring dit heeltemal vry. <sup>4<\/sup>Dit het egter geen sin om die waardevolle van die waardelose uit te sorteer, as die volgende voor die hand liggende stap nie geneem word nie. <sup>5<\/sup>Daarom is die periode van oorvleueling geneig om een te wees waarin die onderwyser van God hom geroepe voel om sy eie beste belange op te offer ten gunste van die waarheid. <sup>6<\/sup>Hy het nog nie besef hoe volkome onmoontlik so \u2019n eis sou wees nie. <sup>7<\/sup>Hy kan dit alleenlik&nbsp; leer as hy daadwerklik die waardelose opgee. <sup>8<\/sup>Hierdeur leer hy dat waar hy droefheid verwag het, hy \u2019n blye lughartigheid in plaas daarvan ontdek, en waar hy gedink het dat iets van hom gevra was, hy agterkom dat \u2019n geskenk aan hom gegee word.&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Nou volg \u201c\u2019n periode van stabilisering\u201d. <sup>2<\/sup>Dit is \u2019n stil tyd, waartydens die onderwyser van God \u2019n rukkie in vrede rus. <sup>3<\/sup>Nou konsolideer hy wat hy geleer het. <sup>4<\/sup>Nou begin hy die oordragswaarde sien van wat hy geleer het. <sup>5<\/sup>Die moontlikhede hiervan is letterlik verstommend, en die onderwyser van God het nou op die punt in sy vordering gekom waar hy daarin sy volledige toekomspad sien. <sup>6<\/sup>\u201cGee op wat jy nie wil h\u00ea nie, en behou wat jy wil h\u00ea.\u201d <sup>7<\/sup>Hoe eenvoudig is die voor die hand liggende nie! <sup>8<\/sup>En hoe maklik om te doen! <sup>9<\/sup>Die onderwyser van God het hierdie tydperk van verposing nodig. <sup>10<\/sup>Hy het nog nie so ver gekom as wat hy dink nie. <sup>11<\/sup>Maar wanneer hy gereed is om voort te gaan, loop hy met magtige metgeselle langs hom. <sup>12<\/sup> Nou rus hy \u2019n tydjie, en versamel hulle voordat hy voortgaan. <sup>13<\/sup>Hy sal nie van hier af alleen voortgaan nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die volgende fase is voorwaar \u201c\u2019n periode van onbestendigheid\u201d. <sup>2<\/sup>Nou moet die onderwyser van God begryp dat hy nie werklik geweet het wat waardevol en wat waardeloos was nie. <sup>3<\/sup>Al wat hy tot dusver werklik geleer het, is dat hy nie die waardelose wou h\u00ea nie, en dat hy die waardevolle wel wou h\u00ea. <sup>4<\/sup>Maar om hom die verskil te leer, was sy eie uitsortering van geen betekenis nie. <sup>5<\/sup>Die idee van opoffering, wat so sentraal staan in sy eie denksisteem, het dit vir hom onmoontlik gemaak om te oordeel. <sup>6<\/sup>Hy het gedink dat hy gewilligheid geleer het, maar nou sien hy dat hy nie weet waarv\u00f3\u00f3r die gewilligheid is nie. <sup>7<\/sup>En nou moet hy \u2019n toestand bereik wat vir \u2019n lang tyd onbereikbaar bly. <sup>8<\/sup>Hy moet leer om alle oordeel te laat vaar, en alleenlik te vra wat hy werklik in elke situasie wil h\u00ea. <sup>9<\/sup>As dit nie so was dat elke stap in hierdie rigting so nadruklik versterk was nie, sou dit inderdaad moeilik wees!<\/li>\n\n\n\n<li>En ten slotte is daar \u201c\u2019n periode van voltooiing\u201d. <sup>2<\/sup>Hier word wat geleer was, gekonsolideer. <sup>3<\/sup>Wat vroe\u00ebr gesien was as skadubeelde, word nou soliede wins, waarop sowel in alle tye van nood, as in rustige tye gereken kan word. <sup>4<\/sup>Die rustigheid is inderdaad die resultaat daarvan: die vrug van opregte leer, van konsekwente denke en volledige oordrag. <sup>5<\/sup>Dit is die fase van werklike vrede, want hier word die hemelse staat ten volle weerspie\u00ebl. <sup>6<\/sup>Hiervandaan is die pad na die Hemel oop en maklik. <sup>7<\/sup>Trouens, dit is hier. <sup>8<\/sup>Wie sou \u00earens \u201cheen\u201d gaan as vrede van geestesdenke alreeds volkome is? <sup>9<\/sup>En wie sou probeer om die rustigheid te ruil vir iets meer begeerliks? <sup>10<\/sup>Wat sou nog begeerliker kon wees?<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>II. Eerlikheid<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Al die ander eienskappe van God se onderwysers berus op vertroue. <sup>2<\/sup>Sodra dit eenmaal verwerf is, kan die ander nie anders as om te volg nie. <sup>3<\/sup>Slegs hulle wat vertrou, kan vir hulle eerlikheid veroorloof, want slegs hulle kan die waarde daarvan sien. <sup>4<\/sup>Eerlikheid geld nie net vir wat jy s\u00ea nie. <sup>5<\/sup>Die term beteken wesenlik konsekwentheid. <sup>6<\/sup>Niks wat jy s\u00ea, is in teenspraak met wat jy dink of doen nie; nie een enkele gedagte weerspreek \u2019n ander nie, geen daad weerspreek jou woord nie, en iedere woord bevestig die ander. <sup>7<\/sup>S\u00f3 is hulle wat waarlik eerlik is. <sup>8<\/sup>Op geen vlak is hulle in konflik met hulleself nie. <sup>9<\/sup>Daarom is dit vir hulle onmoontlik om in konflik met enigeen of enigiets te wees.<\/li>\n\n\n\n<li>Die vrede van geestesdenke wat die gevorderde onderwysers van God ervaar, is hoofsaaklik te danke aan hulle volmaakte eerlikheid. <sup>2<\/sup>Dit is alleenlik die begeerte om te mislei, wat tot stryd lei. <sup>3<\/sup>Niemand wat \u00e9\u00e9n met homself is, kan hom konflik eers voorstel nie. <sup>4<\/sup>Konflik is die onvermydelike gevolg van selfmisleiding, en selfmisleiding is oneerlikheid. <sup>5<\/sup>Daar is nie \u2019n uitdaging vir \u2019n onderwyser van God nie. <sup>6<\/sup>Uitdaging impliseer twyfel, en die vertroue waarop God se onderwysers veilig rus, maak twyfel onmoontlik. <sup>7<\/sup>Daarom kan hulle alleen maar slaag. <sup>8<\/sup>Hierin, soos in alle dinge, is hulle eerlik. <sup>9<\/sup>Hulle kan alleen slaag, want hulle volg nooit hulle eie wil all\u00e9\u00e9n nie. <sup>10<\/sup>Hulle kies vir die hele mensdom, vir die hele w\u00eareld en alles daarin, vir wat agter uiterlike vorme onveranderlik en onveranderbaar is, en hulle kies vir die Seun van God en sy Skepper. <sup>11<\/sup>Hoe sou hulle nie kan slaag nie? <sup>12<\/sup>Hulle kies in volmaakte eerlikheid, so seker van hulle keuse soos van hulleself.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>III. Verdraagsaamheid<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>God se onderwysers oordeel nie. <sup>2<\/sup>Om te oordeel, beteken om oneerlik te wees, want om te oordeel, beteken om \u2019n posisie in te neem wat jy nie het nie. <sup>3<\/sup>Oordeel sonder selfmisleiding, is onmoontlik. <sup>4<\/sup>Oordeel impliseer dat jy in jou broers teleurgesteld is.&nbsp; <sup>5<\/sup>Hoe sou jy dan nie in jouself teleurgesteld kon wees nie? <sup>6<\/sup>Oordeel impliseer \u2019n gebrek aan vertroue, en vertroue bly die hoeksteen van die hele denksisteem van die onderwyser van God. <sup>7<\/sup>Laat dit verlore gaan, en alles wat hy geleer het, verdwyn. <sup>8<\/sup>Sonder oordeel is alles ewe aanvaarbaar, want wie kan dan \u00e1nders oordeel? <sup>9<\/sup>Sonder oordeel is alle mense broers, want wie staan alleen? <sup>10<\/sup>Oordeel vernietig eerlikheid en verpletter vertroue. <sup>11<\/sup>Geen onderwyser van God kan oordeel en hoop om te leer nie.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>IV. Sagmoedigheid<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Om iemand kwaad aan te doen, is vir God se onderwysers onmoontlik. <sup>2<\/sup>Hulle kan n\u00f3g kwaad aandoen, n\u00f3g kwaad aangedoen word. <sup>3<\/sup>Kwaad aandoen, is die resultaat van oordeel. <sup>4<\/sup>Dit is die oneerlike daad wat volg op \u2019n oneerlike gedagte. <sup>5<\/sup>Dit is \u2019n vonnis van skuld wat uitgespreek word oor \u2019n broer, en daarom oor jouself. <sup>6<\/sup>Dit is die einde van vrede en die weiering om te leer. <sup>7<\/sup>Dit bewys die afwesigheid van God se leerplan, en die vervanging daarvan deur waansin. <sup>8<\/sup>Daar is geen onderwyser van God wat nie moet leer nie \u2013 en dit taamlik vroeg in sy opleiding &#8211; dat om kwaad aan te doen, sy funksie heeltemal uit sy bewussyn wis. <sup>9<\/sup>Dit sal hom verward, bang, kwaad en agterdogtig maak. <sup>10<\/sup>Dit sal die Heilige Gees se lesse onmoontlik maak om te leer. <sup>11<\/sup>Ook kan God se Onderwyser nie in die minste gehoor word nie, behalwe deur diegene wat besef dat met kwaad in werklikheid niks bereik kan word nie. <sup>12<\/sup>Daar kan niks mee gewen word nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Daarom is God se onderwysers volkome sagmoedig. <sup>2<\/sup>Hulle het die krag van sagmoedigheid nodig, want juis hierdeur word die funksie van verlossing vergemaklik. <sup>3<\/sup>Vir diegene wat kwaad wil aandoen, is dit onmoontlik. <sup>4<\/sup>Vir diegene vir wie kwaad aandoen geen betekenis het nie, is dit bloot iets natuurliks. <sup>5<\/sup>Watter ander keuse behalwe hierdie een het meer betekenis vir hulle wat innerlik gesond is? <sup>6<\/sup>Wie kies die hel as hy \u2019n pad na die Hemel sien? <sup>7<\/sup>En wie sou die swakheid kies wat uit kwetsing moet kom, in plek van die onfeilbare, alomvattende en grenslose krag van sagmoedigheid? <sup>8<\/sup>Die mag van God se onderwysers l\u00ea in hulle sagmoedigheid, want hulle het begryp dat hulle bose gedagtes n\u00f3g van God se Seun n\u00f3g van sy Skepper afkomstig was. <sup>9<\/sup>Dus het hulle hulle gedagtes verenig met Hom Wat hulle Bron is. <sup>10<\/sup>En so is hulle wil, wat altyd van Homself was, vry om homself te wees.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>V. Vreugde<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Vreugde is die onvermydelike gevolg van sagmoedigheid. <sup>2<\/sup>Sagmoedigheid beteken dat vrees nou onmoontlik is, en wat sou daar nog kon wees om die vreugde te versteur? <sup>3<\/sup>Die oop hande van sagmoedigheid is altyd gevul. <sup>4<\/sup>Die sagmoediges het geen pyn nie. <sup>5<\/sup>Hulle kan nie ly nie. <sup>6<\/sup>Waarom sou hulle nie vreugdevol wees nie? <sup>7<\/sup>Hulle is seker dat hulle bemin word en altyd veilig sal wees. <sup>8<\/sup>Vreugde gaan saam met sagmoedigheid so seker as wat droefheid aanval vergesel. <sup>9<\/sup>God se onderwysers vertrou op Hom. <sup>10<\/sup>En hulle is seker dat Sy Onderwyser hulle vooruit loop, en verseker dat hulle geen kwaad kan oorkom nie. <sup>11<\/sup>Hulle besit Sy gawes en volg Sy pad, want God se Stem lei hulle in alles. <sup>12<\/sup>Vreugde is hulle danklied. <sup>13<\/sup>En Christus kyk ook in dank op hulle neer. <sup>14<\/sup>Sy behoefte aan hulle is net so groot as hulle s\u2019n vir Hom. <sup>15<\/sup>Hoe vreugdevol is dit nie om die doel van verlossing met mekaar te deel nie!<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>VI. Verdedigingsloosheid<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>God se onderwysers het geleer hoe om eenvoudig te wees. <sup>2<\/sup>Hulle het geen drome wat teen die waarheid verdedig hoef te word nie. <sup>3<\/sup>Hulle probeer nie om hulleself te maak nie. <sup>4<\/sup>Hulle vreugde kom voort uit hulle insig omtrent Wie hulle geskep het. <sup>5<\/sup>En benodig dit wat God geskep het verdediging? <sup>6<\/sup>Niemand kan \u2019n gevorderde onderwyser van God word solank hy nie ten volle begryp dat alle vorme van verdediging slegs dwase bewakers van waansinnige illusies is nie. <sup>7<\/sup>Hoe grotesker die droom is, hoe feller en magtiger blyk die verdediging daarvan te wees. <sup>8<\/sup>Maar wanneer die onderwyser van God uiteindelik instem om daaragter te kyk, ontdek hy dat daar niks was nie. <sup>9<\/sup>Aan die begin gaan dit maar moeilik om hom nie meer te laat mislei nie. <sup>10<\/sup>Maar hy leer vinniger namate sy vertroue toeneem. <sup>11<\/sup>Dit is nie gevaar wat aankom as verdediging laat vaar word nie. <sup>12<\/sup>Dit is veiligheid. <sup>13<\/sup>Dit is vrede. <sup>14<\/sup>Dit is vreugde. <sup>15<\/sup>En dit is God.&nbsp;<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>VII. Vrygewigheid<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die term vrygewigheid het vir die onderwyser van God besondere betekenis. <sup>2<\/sup>Dit is nie die gebruiklike betekenis van die woord nie; dit is trouens \u2019n betekenis wat geleer en baie versigtig geleer moet word. <sup>3<\/sup>Soos al die ander kenmerke van God se onderwysers berus hierdie een uiteindelik op vertroue, want sonder vertroue kan niemand in die ware sin van die woord vrygewig wees nie. <sup>4<\/sup>Vir die w\u00eareld beteken vrygewigheid \u201cweggee\u201d in die sin van \u201copgee\u201d. <sup>5<\/sup>Vir die onderwysers van God beteken dit weggee om te kan behou. <sup>6<\/sup>Dit word dwarsdeur die hele teks en werkboek beklemtoon, maar is miskien vir die denke van die w\u00eareld vreemder as baie ander idees in ons leerstof. <sup>7<\/sup>Die groter vreemdheid daarvan l\u00ea bloot in die voor die hand liggende feit dat dit die denke van die w\u00eareld omkeer. <sup>8<\/sup>Op die duidelikste moontlike manier en op die eenvoudigste vlak beteken die woord vir die onderwysers van God presies die teenoorgestelde as vir die w\u00eareld.<\/li>\n\n\n\n<li>Die onderwyser van God is vrygewig uit Selfbelang. <sup>2<\/sup>Dit verwys egter nie na die self waarvan die w\u00eareld praat nie. <sup>3<\/sup>Die onderwyser van God wil nie iets h\u00ea wat hy nie kan weggee nie, want hy besef dat dit vir hom per definisie waardeloos sou wees. <sup>4<\/sup>Waar<em>v\u00f3\u00f3r <\/em>sou hy dit wil h\u00ea? <sup>5<\/sup>Hy kan alleenlik daardeur verloor. <sup>6<\/sup>Hy kan niks daardeur wen nie. <sup>7<\/sup>Daarom soek hy nie na wat hy alleen kan behou nie, want dit is \u2019n waarborg vir verlies. <sup>8<\/sup>Hy wil nie ly nie. <sup>9<\/sup>Waarom sou hy hom van pyn verseker? <sup>10<\/sup>Maar hy wil wel vir hom alle dinge behou wat van God af kom, en daarom vir Sy Seun bestem is. <sup>11<\/sup>D\u00edt is die dinge wat aan hom behoort. <sup>12<\/sup>Di\u00e9 kan hy in ware vrygewigheid weggee, waardeur hy hulle vir ewig vir homself bewaar.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\"><strong>VIII. Geduld<\/strong><\/h3>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Diegene wat seker van die uitkoms is, kan hulle veroorloof om te wag, en wel sonder om onrustig te wees. <sup>2<\/sup>Geduld is vir die onderwyser van God vanselfsprekend. <sup>3<\/sup>Al wat hy sien, is \u2019n gewisse uitkoms, miskien op \u2019n tydstip wat vir hom nog onbekend is, maar waaroor geen twyfel bestaan nie. <sup>4<\/sup>Die tyd sal ewe reg wees as die antwoord. <sup>5<\/sup>En dit is waar vir alles wat nou of in die toekoms gebeur. <sup>6<\/sup>Ook die verlede bevat geen foute nie, niks wat nie tot voordeel van die w\u00eareld gedien het nie en ook niks wat nie tot voordeel gedien het van hulle wat lyk asof hulle die slagoffers van foute was nie.&nbsp; <sup>7<\/sup>Miskien was dit destyds nie begryp nie. <sup>8<\/sup>Nietemin is die onderwyser van God gewillig om al sy besluite uit die verlede te heroorweeg. <sup>9<\/sup>Geduld is vanselfsprekend vir die wat vertrou. <sup>10<\/sup>Verseker van die finale interpretasie van alle dinge in tyd, kan geen gebeurlikheid wat nou al gesien word of nog moet kom, vir hulle vrees inboesem nie.&nbsp;<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>IX. Trou<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die mate van trou van die onderwyser van God is die maatstaf vir sy vordering in die leerplan. <sup>2<\/sup>Kies hy nog steeds sekere aspekte van sy lewe uit om van te leer, terwyl hy ander buite rekening laat? <sup>3<\/sup>Indien wel, is sy vordering beperk, en sy vertroue nog nie stewig gevestig nie. <sup>4<\/sup>Trou is die onderwyser van God se vertroue in die Woord van God om alle dinge reg te stel, nie sommige nie, maar almal. <sup>5<\/sup>Gewoonlik geld sy trou aanvanklik vir slegs enkele probleme, en bly hy \u2019n tyd lank versigtig daartoe beperk. <sup>6<\/sup>Om alle probleme oor te gee aan een Antwoord beteken om die denke van die w\u00eareld heeltemal om te keer. <sup>7<\/sup>En dit alleen is trou. <sup>8<\/sup>Niks anders verdien werklik die naam nie. <sup>9<\/sup>Nogtans is elke graad van trou, hoe klein ook al, werd om bereik te word. <sup>10<\/sup>Bereidwilligheid is, soos die teks dit stel, nog nie meesterskap nie.&nbsp;&nbsp;<\/li>\n\n\n\n<li>Ware trou wyk egter nie af van die weg nie. <sup>2<\/sup>Omdat dit konsekwent is, is dit volkome eerlik. <sup>3<\/sup>Omdat dit onwankelbaar is, is dit vol vertroue. <sup>4<\/sup>Omdat dit gebaseer is op onbevreesdheid, is dit sagmoedig. <sup>5<\/sup>Omdat dit seker is, is dit vreugdevol. <sup>6<\/sup>En omdat dit vol selfvertroue is, is dit verdraagsaam. <sup>7<\/sup>Trou kombineer dan ook die ander kenmerke van God se onderwysers. <sup>8<\/sup>Dit impliseer aanvaarding van die Woord van God en Sy definisie van Sy Seun. <sup>9<\/sup>Dit is op Hulle dat trou in die ware sin van die woord altyd gerig word. <sup>10<\/sup>Trou kyk na Hulle en soek tot hy vind. <sup>11<\/sup>Verdedigingsloosheid gaan van nature met trou saam, en vreugde is die wesenlike staat waarin hy verkeer. <sup>12<\/sup>En wanneer hy gevind het, rus hy in stille sekerheid alleen op d\u00edt wat alle trou verdien.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><strong>X. Oopheid van geestesdenke<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die sentrale plek wat oop geestesdenke inneem, miskien die laaste van die kenmerke wat die onderwyser van God verwerf, word maklik begryp wanneer die verwantskap daarvan met vergifnis ingesien word. <sup>2<\/sup>Oop geestesdenke ontstaan wanneer oordeel agterwe\u00eb bly. <sup>3<\/sup>Net soos oordeel die geestesdenke vir God se Onderwyser toemaak, so nooi openheid van geestesdenke Hom om in te kom. <sup>4<\/sup>Net soos veroordeling die Seun van God as boos oordeel, so laat oop geestesdenke toe dat hy beoordeel word deur die Stem wat namens God in Sy Naam spreek. <sup>5<\/sup>Net soos die projeksie van skuld op die Seun van God hom na die hel stuur, so laat oop geestesdenke Christus se beeld na hom uitbrei. <sup>6<\/sup>Alleen hulle wat oop van geestesdenke is, kan vrede h\u00ea, want alleen hulle sien redes daartoe.<\/li>\n\n\n\n<li>Hoe vergewe hulle wat oop van geestesdenke is? <sup>2<\/sup>Hulle het alles wat in die pad van vergifnis staan, laat vaar. <sup>3<\/sup>Hulle het die w\u00eareld in der waarheid opgegee, en dit aan hulle laat teruggee in \u2019n nuutheid en vreugde so glorieryk dat hulle so \u2019n verandering vir hulleself nooit sou kon voorstel nie. <sup>4<\/sup>Niks is nou soos dit vroe\u00ebr was nie. <sup>5<\/sup>Daar is niks wat voorheen so saai en leweloos gelyk het, wat nou nie sprankel nie. <sup>6<\/sup>En bowenal is alles uitnodigend, want bedreiging is weg. <sup>7<\/sup>Daar is geen wolke meer om die gesig van Christus te verberg nie. <sup>8<\/sup>Die doel is nou bereik. <sup>9<\/sup>Vergifnis is die einddoel van die leerplan. <sup>10<\/sup>Dit&nbsp; berei die weg voor vir dit wat leer ver te bowe gaan.&nbsp; <sup>11<\/sup>Die leerplan wend nie \u2019n poging aan om die ware doel daarvan te oorskry nie. <sup>12<\/sup>Vergifnis is al waarna gestreef word, en in hierdie doelwit kom alle leer uiteindelik bymekaar. <sup>13<\/sup>Dit is inderdaad voldoende.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Jy het miskien opgemerk dat die lys van kenmerke van God se onderwysers nie dinge insluit wat die Seun van God se erfenis is nie. <sup>2<\/sup>Terme soos liefde, sondeloosheid, volmaaktheid, kennis en ewige waarheid kom nie in di\u00e9 verband voor nie. <sup>3<\/sup>Hulle sou hier hoogs onvanpas wees. <sup>4<\/sup>Wat God gegee het, gaan ons leerplan so ver te bowe dat leer in die teenwoordigheid daarvan net verdwyn. <sup>5<\/sup>Maar terwyl die teenwoordigheid daarvan versluier bly, kom die fokus tereg die leerplan toe. <sup>6<\/sup>Dit is die funksie van God se onderwysers om ware leer na die w\u00eareld uit te dra. <sup>7<\/sup>Streng gesproke is dit afleer wat hulle uitdra, want d\u00edt is in die w\u00eareld \u201cware leer\u201d. <sup>8<\/sup>Dit is aan die onderwysers van God gegee om die blye tyding van totale vergifnis aan die w\u00eareld te bring. <sup>9<\/sup>Salig is hulle inderdaad, want hulle is die bringers van verlossing.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1.e.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center wp-block-paragraph\"><strong>1. GEESTESDENKE &#8211; GEES<\/strong><\/p>\n\n\n\n<ol class=\"wp-block-list\">\n<li>Die term <em>geestesdenke <\/em>(Engels <em>mind<\/em>) word gebruik om die aktiverende deel of beginsel van die gees (Engels <em>spirit<\/em>) weer te gee, wat die gees van skeppende energie voorsien.&nbsp; <sup>2<\/sup>Wanneer die term met \u2019n hoofletter geskryf is, verwys dit na God of Christus (d.w.s. die Geestesdenke van God of die Geestesdenke van Christus). <sup>3<\/sup><em>Gees<\/em> is die Gedagte van God (Engels <em>the Thought of God<\/em>) wat Hy na Sy gelykenis geskep het. <sup>4<\/sup>Die gees wat verenig is, is God se enige Seun, of Christus.<\/li>\n\n\n\n<li>Omdat die geestesdenke gesplete is, kom dit in hierdie w\u00eareld voor asof die Seuns van God geskei is. <sup>2<\/sup>Ook lyk dit of hulle geestesdenke nie verbind is nie. <sup>3<\/sup>In hierdie toestand van illusie lyk dit of die konsep van \u201c\u2019n individu se geestesdenke\u201d betekenis het. <sup>4<\/sup>Dit word daarom in die kursus beskryf <em>asof <\/em>hy uit twee dele bestaan: gees en ego.<\/li>\n\n\n\n<li>Die gees is die deel wat nog steeds in kontak met God is deur die Heilige Gees, wat in hierdie deel bly, maar die ander deel eweneens sien. <sup>2<\/sup>Die term \u201csiel\u201d word nie gebruik nie, behalwe in direkte bybelaanhalings, vanwe\u00eb die hoogs kontroversi\u00eble aard daarvan. <sup>3<\/sup>Dit sou egter \u2019n ekwivalent kon wees vir \u201cgees\u201d, met dien verstande dat hy, aangesien hy van God is, ewig is en nooit gebore was nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die ander deel van die geestesdenke is geheel en al denkbeeldig en veroorsaak slegs illusies. <sup>2<\/sup>Die gees behou die potensiaal om te skep, maar sy Wil, wat God se Wil is, blyk gevange gehou te wees solank die geestesdenke nie verenig is nie. <sup>3<\/sup>Die skepping gaan onversteurd voort, want dit is die Wil van God. <sup>4<\/sup>Hierdie Wil is altyd verenig en het daarom geen betekenis in hierdie w\u00eareld nie. <sup>5<\/sup>Dit ken geen teenoorgestelde en geen gradering nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Die geestesdenke kan reg of verkeerd gerig wees, afhangende van die stem waarna dit luister. <sup>2<\/sup><em>Die regte geestesdenke <\/em>(Engels <em>right-mindedness<\/em>)luister na die Heilige Gees, vergewe die w\u00eareld, en sien in plaas daarvan met die visie van Christus die werklike w\u00eareld. <sup>3<\/sup>Dit is die finale visie, die laaste persepsie, die toestand waarin God Self die finale stap neem. <sup>4<\/sup>Hier eindig sowel tyd as illusies.<\/li>\n\n\n\n<li><em>Die verkeerde geestesdenke <\/em>(Engels <em>wrong-mindedness<\/em>)luister na die ego en maak illusies, neem sonde waar,&nbsp; regverdig woede, en sien skuld, siekte en die dood as werklik. <sup>2<\/sup>Sowel hierdie w\u00eareld as die werklike w\u00eareld is illusies, want die regte geestesdenke kyk eenvoudig daar verby, of vergewe dit wat nooit plaasgevind het nie. <sup>3<\/sup>Daarom is dit nie die <em>\u00c9\u00e9nheid van geestesdenke <\/em>(Engels <em>One-mindedness<\/em>)van die Christus-Geestesdenke nie, Wie se Wil \u00e9\u00e9n met die van God&nbsp; is.<\/li>\n\n\n\n<li>In hierdie w\u00eareld is die enigste oorblywende vryheid die vryheid van keuse: altyd tussen twee keuses of twee stemme. <sup>2<\/sup>Die wil is nie betrokke by persepsie op enige vlak nie, en het niks met keuse te doen nie. <sup>3<\/sup>Die<em> bewuste <\/em>(Engels <em>consciousness<\/em>)is die ontvangsmeganisme, wat boodskappe van bo of onder ontvang; van die Heilige Gees of die ego. <sup>4<\/sup>Die bewuste het vlakke en bewustheid kan heel dramaties verskuiwe, maar dit kan nie die terrein van persepsie te bowe gaan nie. <sup>5<\/sup>Op sy beste word die bewuste van die werklike w\u00eareld bewus, en dit kan geoefen word om dit in toenemende mate te doen.&nbsp; <sup>6<\/sup>Maar die einste feit dat dit vlakke het en geoefen kan word, bewys dat dit nie kennis kan bereik nie.<\/li>\n<\/ol>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n\n\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1. Voorbeelde van vertalings uit die Kursus a. Inleiding (Wat die Kursus s\u00ea) b. Teks (Die Aanvaarding van die Versoening &#8211; Hoofstuk [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"page-templates\/page_front-page.php","meta":{"footnotes":""},"class_list":["post-32","page","type-page","status-publish","hentry"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/32","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=32"}],"version-history":[{"count":14,"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/32\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1172,"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/pages\/32\/revisions\/1172"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/nkiw.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=32"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}